Nuwe pyplyn vir Erongo-watervoorsiening - June 7, 2021
Die Namibiese minister van landbou het oor die naweek die Kuiseb 2 Schwarzekuppe-Swakopmund pyplyn in gebruik geneem. Die pyplyn koppel die Kuiseb en Omaruru deltas, sowel as water van die ontsoutingsaanleg en bedien die dorpe in die omgewing. Die 76-kilometer pyplyn vervang die oorspronklike een wat in 1974 in gebruik geneem is. NamWater se tegniese […]
Vreemde voorval by padblokkade in die Noorde - June 7, 2021
Die Namibiese polisie ondersoek ‘n voorval van moord en selfmoord by die Onhuno padblokkade in die Endola kiesafdeling in die noorde. Volgens owerhede het ‘n 45-jarige man sy broer, 32, in die motor geskiet en net voor die padblokkade, hom uit die motor gegooi. Hy is deur owerhede voorgekeer en terwyl die polisie beampte na […]
Namibiese kunstenaar onthou Shaleen so - June 7, 2021
Reaksie word ontvang op die afsterwe van die geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Shaleen Surtie Richards. Sy is vanoggend in haar huis in Johannesburg oorlede op die ouderdom van 66 jaar. Die Namibiese komediant en dramaturg Severius Madjiet en jarelange vriend onthou Shaleen so…
Die pandemie is nie verby voor dit nie oral verby is nie - June 7, 2021
Die voormalige Britse premier Gordon Brown het weer beklemtoon hoe belangrik samewerking in die bekamping van die pandemie is. Hy het aan Amerikaanse media gesê die pandemie sal nooit verby wees as dit nie oral verby is nie. Hy het die jongste oorsig oor die stand van toerisme so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord…
Namibiese kunstenaar onthou Shaleen so - June 7, 2021
Reaksie word ontvang op die afsterwe van die geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Shaleen Surtie Richards. Sy is vanoggend in haar huis in Johannesburg oorlede op die ouderdom van 66 jaar. Die Namibiese komediant en dramaturg Severius Madjiet en jarelange vriend onthou Shaleen so…
Geliefde ‘Nenna’ sterf - June 7, 2021
Shaleen Surtie Richards, beste bekend vir haar rol as Nenna in die Suid-Afrikaanse sepie Egoli en Fiela Komotie in die ikonies rolprent Fiela se Kind, is op die ouderdom van 66 oorlede. Berigte uit die buurland lei dat sy in haar huis in Johannesburg oorlede is maar daar is geen verdere inligting in die huidige […]
Dit gaan goed met Geingob-egpaar - June 7, 2021
Terwyl President Hage Geingob tekens toon van totale herstel van sy Covid-infeksie is dit nie duidelik wanneer hy terug sal keer werk toe nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila gepraat…
Sinovac in China vir kinders, 3 – 17, goedgekeur - June 7, 2021
Die tweede Covid-inenting is goedgekeur vir gebruik in kinders. Internasionale nuusagentskappe berig dat China die noodgebruik van die Sinovac-entstof in persone tussen die ouderdomme van 3 en 17 jaar, goedgekeur het. Die Pfizer-entstof is in die EU en die VSA goedgekeur vir gebruik in kinders tussen die ouderdomme van 12 en 15.
‘Slaptjips’ bedreig SA-aartappelsektor - June 7, 2021
Die uitvoerende hoof van Aartappels SA, Willie Jacobs, sê insetkoste in die aartappelverbouingsektor styg vinniger as wat markpryse toeneem. Dit volg na produsente in die land ‘n ernstige terugslag weens die voortgesette Covid-19-pandemie ondervind het. Dit het ook onlangs aan die lig gekom dat die invoer van aartappelskyfies ‘n bedreiging vir die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf inhou.
Ondersoek na Wes-Kaapse Covid-tenders verwelkom - June 7, 2021
Die DA verwelkom die finalisering van ‘n ondersoek na 34 kontrakte in die Wes-Kaap om produkte vir persoonlike beskerming te verkry. Die kontrakte beloop sowat 184 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die ondersoekspan het gevind dat van die tenderprosesse gemanipuleer is en dat inligting na ‘n diensverskaffer uitgelek het. Ricardo Mackenzie van die DA sê die Wes-Kaap […]