Dis Rooi Saterdag, gaan bloei en red lewens! - May 17, 2025
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het die naweek ‘n tweede Red Saturday-geleentheid. Windhoek, Oshakati en Walvisbaai kom aan die beurt om meer as 250 eenhede bloed in te samel voor die openbare vakansiedae op 26, 28 en 29 Mei. Bloedskenkings in Windhoek kan van nege tot twee by Grove Mall en Wernhil gedoen word. Kosmos 94.1 Nuus […]
Ramaphosa sleep swaargewigte saam na Withuis - May 17, 2025
President Cyril Ramaphosa word volgende week tydens sy Withuis-besoek deur vier kabinetsministers vergesel. Die presidensie het bevestig die minister van internasionale betrekkinge, Ronald Lamola, die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, en die minister van landbou, John Steenhuisen, gaan saam. Ramaphosa ontmoet die Amerikaanse president Donald […]
Verdraagsaamheid teenoor LGBTQ-gemeenskap bepleit - May 17, 2025
Die Internasionale Dag teen Homofobie, Transfobie en Bifobie herdenk die Wêreldgesondheidsorganisasie se besluit om homoseksualiteit na 35 jaar as geestesversteuring te deklassifiseer. Vandag op 17 Mei, word ’n beroep op beleidmakers, die media en die publiek gedoen om geweld en diskriminasie teen LGBTQ-persone te beveg. Onder die tema “Die Krag van Gemeenskappe” word gefokus op […]
Krieket: IPL hervat vandag - May 17, 2025
Die Indiese Premierliga hervat vandag ná ’n weeklange uitstel, met nog 18 wedstryde oor in die seisoen. Royal Challengers Bengaluru, wat tans tweede op die punteleer is, verwelkom vandag die sesde-geplaasde Kolkata Knight Riders. In môre se dubbelwedstryd speel Rajasthan Royals teen Punjab Kings in Jaipur, en Delhi Capitals, versterk deur die Suid-Afrikaners Faf du […]
Beloning bult om renosterstropers vas te trek - May 17, 2025
Die beloning vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en vervolging van die stropers van ‘n witrenosterkoei met ‘n kalf in die Suide, het tot 170 000 Namibiese dollar gestyg. Die koei is vermoedelik verlede Sondagnag gestroop en haar karkas is Maandag gevind. Haar kalfie, Elsa, is eers Dinsdag opgespoor. Volgens die Rhino Momma Project sterk […]
Brandweer moet help met water in Knysna, Wes-Kaap - May 17, 2025
SANParke het twee brandweerwaens ontplooi om die Knysna Munisipaliteit in die Wes-Kaap te ondersteun tydens ‘n toenemende waterkrisis. Die voertuie is in die Tuinroete Nasionale Park gestasioneer en help tans met noodwaterverspreiding. SANParke werk saam met plaaslike owerhede om die druk op inwoners te verlig. JP Louw van SANParke sê hulle sal voortgaan om die […]
Salman Rushdie se aanvaller kry 25 jaar - May 17, 2025
Die man wat skuldig bevind is nadat hy Salman Rushdie in New York in 2022, op ‘n lesingsverhoog met ‘n skerp voorwerp gesteek het, is Vrydag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. ‘n Jurie het die 27-jarige Hadi Matar in Februarie skuldig bevind aan poging tot moord en aanranding. Owerhede sê Matar het probeer om ‘n […]
Fietsry: Drikus trap Munga kaf - May 17, 2025
Namibië se Drikus Coetzee het vanjaar se Munga Grit Le Dur in die Namib gewen. Coetzee het dié solo-bergfietsuitdaging wat Vrydagoggend in die Khomas Hochland weggespring het, net ná middernag voltooi. Die Grit Le Dur, losweg vertaal as Die Taai Ene, is die langste bergfietswedren in Namibië en strek oor sowat 500 km oor die […]
Copps 94.1 staan bont met dopmoles - May 17, 2025
Buiten vir drankmoles, het Copps 94.1 ‘n rustige Vrydagaand in die hoofstad beleef. Francois Lottering was, soos altyd, op sy pos en doen verslag van die toneel:
Cell C mik vir JSE - May 17, 2025
Cell C kan dalk binnekort op die Johannesburgse Aandelebeurs noteer. Die meerderheidsaandeelhouer, Blue Label Telecoms, het planne aangekondig om die selfoonoperateur te herstruktureer, met die doel om bedrywighede te verbeter en finansiële volhoubaarheid te verseker. Dit sluit in die omskakeling van skuld in ekwiteit en die oordrag van bates om die balansstaat te versterk. Dié […]