Aartsbiskop bedank oor molestering-krisis - June 5, 2021
Die Duitse aartsbiskop van München en Freising het Pous Franciscus gevra om sy bedanking te aanvaar oor die krisis rondom seksuele misbruik in die Katolieke Kerk. Kardinaal Reinhard Marx het gesê die Katolieke Kerk is in ‘n doodloopstraat, maar hy hoop sy bedanking kan ‘n keerpunt wees. Volgens Europese nuusagentskappe is Marx die vorige voorsitter […]
Jhb – New York vlugte terug - June 5, 2021
‘n Direkte diens tussen New York en Johannesburg is weer vir reisigers en sakelui beskikbaar. ‘n Vliegtuig van United Airlines het op die OR Tambo Internasionale Lughawe geland, na die lugdiens se onlangse besluit om vlugte na Suid-Afrika te hervat. Die eerste vlug het uit Newark vertrek en was volgens berigte 90 persent vol. Die […]
Jhb – New York vlugte terug - June 5, 2021
‘n Direkte diens tussen New York en Johannesburg is weer vir reisigers en sakelui beskikbaar. ‘n Vliegtuig van United Airlines het op die OR Tambo Internasionale Lughawe geland, na die lugdiens se onlangse besluit om vlugte na Suid-Afrika te hervat. Die eerste vlug het uit Newark vertrek en was volgens berigte 90 persent vol. Die […]
Swart maatskappye moet entstowwe in Afrika vervaardig – Cyril - June 5, 2021
President Cyril Ramaphosa het planne bekendgemaak vir die vervaardiging van Covid-19-entstowwe in Afrika en sê dit is ‘n groot geleentheid vir maatskappye in swart besit. Hy was die hoofspreker tydens die 45ste herdenking van die Black Management Forum. Ramaphosa het bevestig dat die buurland ‘n gesamentlike voorstel aan die Wêreld-handelsorganisasie gemaak het vir die tydelike […]
Covid: daar is wel sterftes van ander oorsake – Nangombe - June 5, 2021
Namibiërs raak waarskynlik moeg daarvoor om van Covid-19-verwante sterftes te hoor. Dit volg ná lede van die publiek die daaglikse gerapporteerde sterfte bevraagteken. Hulle vra wat met ander sterftes gebeur. Waarom word ander sterftes wat nie Covid-verwant is nie, blykbaar nie meer van gehoor nie? Die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, reageer op […]
Diepste swembad ter wêreld: 168m koppies tee vol - June 5, 2021
‘n Maatskappy in die Verenigde Koninkryk is vasberade om die wêreld se grootste en diepste swembad, heel gepas genoem die Blue Abyss, in 2023 te open. Dit word gesteun deur die Britse ruimtevaarder, Tim Peake. Die swembad sal 42-miljoen liter water kan hou, gelykstaande aan 168 miljoen koppies tee. Dit sal 50 meter diep, 50 […]
Horner-moord: nuwe bewyse, 2de borgaansoek - June 5, 2021
Die twee mans wat aangekla word van die moord op die Vrystaatse plaasbestuurder, Brendin Horner, in Paul Roux in Oktober verlede jaar, gaan vir ‘n tweede keer om borgtog aansoek doen nadat nuwe feite na vore gekom het. Die 32-jarige Sekwetje Mahlamba en die 44-jarige Sekola Matlaletsa het in die Senekal-landdroshof verskyn waar die verhoor […]
Geld moet eerder bestee word op opleiding van hervestigde boere - June 5, 2021
Vise-president Nangolo Mbumba het Vrydag die land toegespreek oor die besonderhede van die ontwikkelingsbystand wat die Duitse regering aan Namibië bied as betaling vir die 1904 – 1908 volksmoord. Die bedrag van 1,1 miljard euro sal oor 30 jaar oorbetaal word en volgens Mbumba sal die grootste deel daarvan, 540 miljoen euro, oftewel, 8,86 miljard […]
Katolieke Kerk ontwyk sy verantwoordelikhede – Trudeau - June 5, 2021
Die Katolieke Kerk moet verantwoording doen vir sy rol in wat beskryf word as kulturele volksmoord in Kanada. Dit is die mening van die eerste minister Justin Trudeau. Trudeau sê die kerk ontwyk sy deelname in die sogenaamde inheemse skole wat in die land bedryf is om inheemse Kanadese Westerse waardes te leer. Die skole […]
Bushiri-uitspraak volgende week - June 5, 2021
Die omstrede selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri het buite die Lilongwe-hof in Malawi gesê hy het in Suid-Afrika gely en het baie doodsdreigemente ontvang. Hy en sy vrou Mary se uitleweringsverhoor is tot volgende week uitgestel, berig Suid-Afrikaanse media. Uitspraak sal dan gelewer word.