Bushiri-uitspraak volgende week - June 5, 2021

Die omstrede selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri het buite die Lilongwe-hof in Malawi gesê hy het in Suid-Afrika gely en het baie doodsdreigemente ontvang. Hy en sy vrou Mary se uitleweringsverhoor is tot volgende week uitgestel, berig Suid-Afrikaanse media. Uitspraak sal dan gelewer word.

Read More

Voedselpryse styg tot hoogste vlak sedert 2011 - June 5, 2021

Die uiterse hoë voedselpryse wat Namibiërs ervaar en tans dubbelsyfers bereik het, blyk om internasionaal voor te kom. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die wêreld se voedselpryse was in Mei op sy hoogste vlak in byna ‘n dekade, en het die afgelope jaar met meer as met 40 persent gestyg. Die wêreldwye voedselprysindeks […]

Read More

Ramaphosa se uitlatings oor nasionalisering kan polities wees – kenner - June 5, 2021

Reaksie is ontvang oor Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se opmerkings dat die ANC nie ‘n nasionaliseringsbeleid voorstaan nie. Die grondonteienings wetsontwerp is Vrydagmiddag in die buurland se parlement bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gekry wat sê Ramaphosa se opmerking is gerusstellend. Tog sê Laubscher dit kan ook ‘n politieke […]

Read More

Hongkong-aktivis vas vir Tiananmen-herdenking - June 5, 2021

Die polisie in Hongkong het die pro-demokratiese aktivis Chow Hang Tung gearresteer op die 32ste herdenking van die 1989-slagting op Tiananmen-plein. Dit is Vrydag herdenk. Chow is die ondervoorsitter van die Hongkong Alliansie wat jaarliks nagwake hou vir die slagoffers van Beijing se dodelike onderdrukking van pro-demokrasie-betogings. Dit volg nadat Hongkong die geleentheid vir die […]

Read More

Informele nedersettings ontvang krag - June 5, 2021

NamPower het 1 000 wonings in tien informele nedersettings in die hoofstad geëlektrifiseer. Die projek word deur die maatskappy beskou as sy grootste enkele maatskaplike belegging en is teen ‘n koste van 22 miljoen Namibiese dollar voltooi. Straatligte is ook geïnstalleer saam met voorafbetaalde meters vir die huishoudings. Die projek sal groot verligting vir die […]

Read More

Okh-dorpsraad se skorsing bly in plek, bevind regter - June 5, 2021

Regter Kobus Miller het die aansoek deur die voormalige burgemeester van Okahandja, Johannes Hindjou, om die skorsing van die dorpsraad tersyde te stel, van die hand gewys. Hindjou het die aansoek gebring nadat die minister van stedelike ontwikkeling, Peya Mushelenga in Maart verlede jaar die raad geskors het as gevolg van wanbestuur en klagtes van […]

Read More

Fauci soek mediese rekords van China… verdagte infeksies in 2012, 2019 - June 5, 2021

Die Amerikaanse Financial Times berig dat Amerika se top-gesondheidskenner dr. Anthony Fauci ‘n beroep op China gedoen het om die mediese rekords van nege persone, wat moontlik meer lig kan werp op die oorsprong van Covid-19, openbaar te maak. Yanna Smith het die besonderhede…

Read More

Tekort aan toilette het groot omgewingsimpak - June 5, 2021

Wêreld Omgewingsdag word vandag plaaslik en internasionaal herdenk. Namibië word erken as een van die lande met die meeste bewaringsgebiede en bewaring van die omgewing is ook vervat in die Grondwet. Maar, daar is groot uitdagings, veral in verband met besoedeling as gevolg van tekorte aan voldoende sanitasie. Uitdagings met die voorsiening van toilette vir […]

Read More

Alexis verower Mej. Tiener - June 5, 2021

Alexis Swart is Namibië se nuwe Mej. Tiener. Sy is gisteraand by die Buiteklub-oord in die hoofstad gekroon. Swart woon in Orlando, Florida en is ‘n vryskut grimeerkunstenaar. Sy is ook tydens die kompetisie aangewys as die wenner van die publiek se keuse van die kroon. Kaylee Jacobs is aangewys as eerste prinses en Constance […]

Read More

Beurtkrag vandag terug in SA (parlement sit nie…) - June 5, 2021

Eskom het aangekondig dat beurtkrag die hele naweek in die buurland sal voortduur. Dit volg nadat geskeduleerde onderbrekings Vrydag opgeskort is om voorsiening te maak vir die goedkeuring van sommige wetsontwerpe in die parlement, wat grondonteiening insluit. Fase twee-beurtkrag het laat Vrydagmiddag weer in werking getree en sal vir die res van die naweek voortduur.

Read More