Stad Tshwane se inentingsentrums geloos - June 4, 2021
Die Stad Tshwane is gelukkig met die aantal boodskappe van inwoners wat hul positiewe ervarings by die stad se Covid-19-inentingsentrums deel. Die stad en mediese personeel is bemoedig deur hierdie ondersteunende boodskappe. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, sê verskeie van die stad se eiendomme is in inentingspersele omskep met gesondheidsbeamptes van Tshwane wat die persele bestuur.
Kunstenaars, atlete vergoed - June 4, 2021
Die Suid-Afrikaanse departement van sport, kuns en kultuur in Gauteng ontken die DA se bewerings dat hy twee organisasies, Business and Arts South Africa en die Gautengse sportkonfederasie, miljoene Namibiese dollar betaal het om hulpfondse aan atlete en kunstenaars toe te ken. Die party voer aan die departement het die organisasies bykans 16,5 miljoen Namibiese […]
Pfizer ondersoek na tieners se newe-effekte - June 4, 2021
Amerikaanse owerhede ondersoek die moontlikheid dat inflammasie van die hartspier ‘n seldsame newe-effek is van Pfizer se Covid-19-entstof onder tieners. Sewe tienerseuns tussen 14 en 19 het dit opgedoen, berig internasionale media.
ReconAfrica sê tweede put het olie en gas - June 4, 2021
ReconAfrica sê hulle het verdere bewyse gevind van ‘n werkende petroleumstelsel in die Kavango-kom in die eerste gedeelte van sy tweede put. Die woordvoerder Ndapewoshali Shapwanale het gesê dit bevestig wat ReconAfrica in die eerste put gevind het. Op 15 April het ReconAfrica deur die Namibiese mynministerie aangekondig dat dit aanduidings van olie en gas […]
OJ Simpson, Boston Strangler se prokureur sterf - June 4, 2021
Een van die regsverteenwoordigers wat gehelp het om OJ Simpson van moord vrygespreek te kry, F. Lee Bailey, is oorlede. Hy was 87. Volgens sy seuns was hy die afgelope paar jaar sieklik, maar hulle het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie. Bailey was deel van die sogenaamde droomspan wat Simpson suksesvol […]
Tiananmenslagting vandag herdenk - June 4, 2021
Dit is vandag die 32ste herdenking van die slagting by Tiananmenplein in Beijing in China. Duisende studente het vir amper 2 maande op die plein uitgekamp om ‘n petisie aan die regering te oorhandig om ‘n ontslape aktivis Hu Yaobang se reputasie in die land te herstel. Yanna Smith doen verslag.
Mbumba maak vergoedingspakkett bekend - June 4, 2021
Die Vise-president Nangolo Mbumba het meer besonderhede oor die vergoedingspakkett van die Duitse regering bekend gemaak. Hy sê dit sal in twee fases geskied. Mbumba het ook verduidelik hoe die 1,1 miljard euro bestee sal word.
Bukalo se stortingsterrein is oop - June 4, 2021
Die skakelbeampte van Katima Mulilo Chrispin Muyoba het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle wel nog toegang tot die stortingsterrein by Bukalo het maar dat die dorpsraad op die oomblik ‘n nuwe terrein ontwikkel. Muyoba sê die omgewingskommissaris sal die nuwe terrein moet goedkeur. Sy aanmerkings kom na klagtes deur inwoners van die dorp […]
LGBTQ-gemeenskap oorhandig petisie aan NV - June 4, 2021
Die regte van die LGBTQ-gemeenskap is beide hier en in Suid-Afrika in die nuus. Plaaslik het die Gelyke Regte Beweging ‘n petisie aan die sekretaris van die Nasionale Vergadering Lydia Kandetu oorhanding. Dit sal volgens berigte Dinsdag hanteer word. In die buurland, waar die gemeenskap gelyke regte geniet, het aktiviste opgeruk en geëis dat die […]
Regering moet inspring met entstowwe - June 4, 2021
Reaksie word ontvang oor die uitslae van navorsing van Afrobarometer in verband met Covid-19-inentings. Dit dui aan dat 63 persent van Namibiërs eerder sal bid as om die entstof te neem. Kenners meen dit is uiters belangrik dat die regering ‘n veldtog van stapel stuur wat inentings aanmoedig. Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n plaaslike politieke kommentator, […]