Rusland, Oekraïne praat uiteindelik - May 17, 2025
Rusland en Oekraïne het vir die eerste keer in drie jaar direkte samesprekings gevoer waartydens ’n moontlike wapenstilstand bespreek is sonder ‘n duidelike deurbraak. ’n Oekraïnse bron het aan CNN gesê die Russiese afvaardiging eis dat Kyiv grondgebied onder sy beheer prysgee. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en die Russiese president Vladimir Putin was albei afwesig. Die […]
Rugby: Van der Merwe, Louw groet Leeus - May 17, 2025
Die vleuel Edwill van der Merwe en die senter Marius Louw speel vandag die laaste keer vir die Leeus in die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ospreys in Johannesburg. Van der Merwe sluit volgende seisoen by die Haaie aan, terwyl Louw vir Sale Sharks in Engeland gaan speel. Die belowende jong losskakel Lubabalo Dobela sal die eerste […]
Tref nou al voorsorg vir groter brandgevaar, boere - May 16, 2025
Die goeie reënseisoen bring ‘n groter brandgevaar mee, aangesien daar vanjaar ’n oorvloed brandbare materiaal is. Die Namibiese Landbou-unie doen ‘n beroep op boere om nou al te begin met brandvoorkomingsmaatreëls. Die unie herinner boere daaraan dat elke gebied uniek is en dat nie alle aanbevelings vir elke plaas of streek van toepassing sal wees […]
Ghana-regering wil grond koop vir kakao-plantasies - May 16, 2025
Ghana se regering beplan om teen die einde van die jaar 200 000 hektaar grond vir kakao-plantasies te bekom as deel van die pogings om produksie te verhoog. Produksie in die wêreld se nr. 2-kakao-produsent het tot ‘n twee-dekade laagtepunt geval, deels as gevolg van klimaatsverandering, boomsiektes en onwettige goudmynbou wat groot dele van die […]
Springbok-vroue op pad na Madagaskar - May 16, 2025
Rugby: Die 27-jarige slot Anathi Qolo sal die Springbok-vroue na Madagaskar lei, waar hulle volgende maand hulle Rugby Afrika-vrouebeker-titel verdedig. Die drie toetse sal onderskeidelik op 7, 11 en 15 Junie teen Uganda, Kenia en die gasvroue gespeel word op die Stade Makis in Antananarivo. Die Springbok-vroue se prestasie-afrigter, Swys de Bruin, sê Qolo sal […]
Windhoek Gim se eerste skoolradio-uitsending ‘n groot sukses - May 16, 2025
Windhoek Gimnasium se skoolradiostasie, Red Aloe Radio, het vandag sy eerste uitsending aangebied. Die stasie is ‘n produk van samewerking tussen die skool en die Vereniging van Uitsaai Veterane, wat 10 leerders as omroepers opgelei het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kolie van Coller, die sameroeper en een van die stigters van die Vereniging […]
SA handel veerkragtig ten spyte van druk - May 16, 2025
Suid-Afrika se handelstoestande het veerkragtigheid getoon in Maart en April, ondanks ekonomiese druk. Die jongste opname van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid toon ‘n effense daling in April, met 49-persent van die deelnemers wat positiewe handel aangeteken het teenoor 55-persent in Maart. Seisoenale aanpassings toon ‘n afname van vyf-persent, maar 69-persent verwag ‘n […]
Salman Rushdie se aanvaller kry 25 jaar tronkstraf - May 16, 2025
Hadi Matar, wat skuldig bevind is aan poging tot moord op die beroemde skrywer Salman Rushdie, is tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die Chautauqua County Court het die vonnis opgelê byna drie maande na die 27-jarige Matar, van New Jersey, skuldig bevind is. Hy het die 77-jarige Rushdie aangeval by ‘n literêre geleentheid in 2022. […]
Jhonattan Vegas loop voor by PGA-kampioenskap - May 16, 2025
Gholf: Jhonattan Vegas van Venezuela het sewe onder 64 aangeteken in die eerste ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap in Noord-Carolina – twee houe voor die Amerikaner Ryan Gerard en die Australiër Cam Davis. Die Meesterskampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland, het foute begaan en is tien houe agter die voorloper. Die Suid-Afrikaner Garrick Higgo, die wêreld-nommer-een, […]
Skenk aandag aan seuns, dis goed vir die gemeenskap - May 16, 2025
Dit is vandag die Internasionale Dag van die Seunskind. Meisies ontvang normaalweg baie meer aandag maar, wanneer seuns se uitdagings aangespreek word, verbeter gemeenskappe en veiligheid, en word bande versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike veteraan Rosa Namises gepraat.