Koffie word peperduur - June 3, 2021
Die prys van koffiebone het ‘n vier jaar hoogtepunt behaal. ‘n Landbou-ontleder by Commerzbank, Michaela Helbing-Kuhl, gee Brasilië se voortdurende droë weer die skuld. Sy sê die droogte sal na verwagting tot Augustus voortduur, wat nie ‘n goeie teken is vir volgende jaar se oes nie. Koffiepryse het die afgelope jaar met byna 70 persent […]
Gauteng bring dienste nader aan mense - June 3, 2021
Gauteng se LUR vir finansies en e-Regering, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sal ekonomiese geleenthede en vaardigheidsontwikkeling in inligting- en kommunikasietegnologie na jongmense Cosmo City neem. Die LUR se besoek is deel van ‘n uitreikingsprogram in verskeie streke in die provinsie om regeringsdienste nader aan die mense te bring. Nkomo-Ralehoko sê dit sal hulle toerus met mensgerigte vaardighede […]
SAKP verwelkom inhegtenisname van Estina-verdagtes - June 3, 2021
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party in die Vrystaat het die inhegtenisneming van voormalige senior administrateurs van die departement van Landbou en ‘n sakepersoon wat met die Estina-suiwelprojek in Vrede verbind word, verwelkom. Die SAKP het weereens hul steun toegesê aan wetstoepassers en hul teen-korrupsie pogings. Die provinsiale sekretaris van die SAKP, Bhekie Stofile, het ‘n beroep […]
Wêreldwyd is 2 miljoen mense ingeënt - June 3, 2021
Meer as twee miljoen mense is nou al wêreldwyd teen Covid-19 ingeënt. Meer as een miljoen mense is in Suid-Afrika ingeënt. Noord-Korea, Haïti, Tanzanië, Tsjad, Burundi en Eritrea het nog nie met inentings begin nie.
NSFAF pleit vir geduld - June 3, 2021
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibië Studente het aangekondig dat die 2021 se toekenningslys vir studentefondse middel Junie vrygestel sal word. In ‘n mediaverkalring wat die NSFAF vandag uitgereik het, het hulle ‘n beroep op aansoekers en die publiek gedoen om geduldig te wees terwyl hulle konsultasies met belanghebbendes finaliseer.
Wes-Kaap bereik binne weke derde vlaag - June 3, 2021
Die Wes-Kaap behoort, binne die volgende week of twee, sy derde Covid-19-vlaag te betree. Dis volgens die provinsie se gesondheidsdepartement wat sê dat die provinsie se Covid-19- infeksiesyfer oor die afgelope twee weke daagliks met 20 persent toegeneem het. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt is aan die woord.
Namib Mills: Namibië se landbou vaar nie te sleg - June 3, 2021
Reaksie is ontvang van die uitvoerende hoof van Namib Mills, Ian Collard oor ‘n landbou-opname deur Statistieke Suid-Afrika wat die verkope van landbouprodukte in Suid-Afrika tussen 2017 en 2019 dopgehou het. Dit toon dat die sektor se inkomste met 37,4 miljard Namibiese dollar tot 351,4 miljard Namibiese dollar gestyg het. Dit toon ook dat hoendervleis […]
Werkloosheid in Namibië bly ‘n uitdaging - June 3, 2021
Die werkloosheidskoers in Namibië is waarskynlik baie hoog as gevolg van impak van die Covid 19-pandemie. Volgens die aantal Namibiërs wat voor die pandemie werkloos was, was dit al reeds relatief hoog. Maar afgesien van die Covid 19-impak, waarom vaar die regering en die private sektor nie goed om die kwessie van werkloosheid in die […]
Baba-inkvisse vaar die ruimte in - June 3, 2021
Meer as 100 baba-inkvisse en 5 000 mikroskopiese diere word vandag na die Internasionale Ruimtestasie gestuur. Hulle reis saam met eksperimentele toerusting na die IRS aan boord van die Space X Falcon 9-vuurpyl. Die 128 baba-inkvisse sal gebruik word as deel van navorsing na die uitwerking van ruimtevlug op voordelige verweefdheid tussen mikrobes en diere. […]
Nampo Oesdag gekanselleer - June 3, 2021
Die Nampo Oesdag wat in Augustus vanjaar moes plaasvind is gekanselleer weens die derde Covid-19-vlaag in Suid-Afrika. Die bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA, Dirk Strydom, sê die visier is nou ingestel op 2022 met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem. Volgens die uitvoerende hoof van Bothaville Info, Hanlie Mouton, […]