Johnson in 2de plek by Afrika Gholf-konfederasie Streek 5-toernooi - May 16, 2025
Die tweede ronde van die Afrika Gholf-konfederasie Streek 5-toernooi is afgesluit met Namibië se Kyle Johnson wat die algehele tweede plek behou het. Suid-Afrika se Astin Wade Arthur is in die eerste plek op 134 houe, 8 onder baansyfer, terwyl Johnson met ‘n 7 onder baansyfer 135 kan spog. Zimbabwe se Keegan Shutt is in die […]
Ondersoek visserysektor van bo tot onder, vra vakbond-sekretaris - May 16, 2025
Landbouminister Inge Zaamwani het in die parlement aangekondig dat ’n puntestelsel ingestel is om die prestasie van die visserysektor te meet. Die doel is om seker te maak dat viskwotas en die voordele daarvan gemeenskappe bereik. Sy het beklemtoon dat kwesbare mense dikwels uitgebuit word en het ’n deeglike hersiening van die sektor gevra. Kosmos […]
April-voertuigverkope groei 38,2% op jaargrondslag - May 16, 2025
Totale voertuigverkope vir April 2025 het 1 243 eenhede beloop. Volgens Cirrus in die hoofstad, verteenwoordig dit ‘n afname van 5,8 persent op ‘n maandgrondslag maar, ‘n aansienlike toename van 38,2 persent op jaargrondslag vergeleke met April 2024. Vir die jaar tot dusver is dit die hoogste volume verkope wat sedert 2016 aangeteken is, wat […]
Koning Charles word ryker, maar is net 238ste rykste in VK - May 16, 2025
Sommige Britte kla dikwels dat die koninklike familie te ryk is, maar hoor hier. Volgens die jongste Ryk-lys van die Sunday Times, wat jaarliks die 350 rykste mense in die Verenigde Koninkryk bepaal, het koning Charles se persoonlike fortuin met 30 miljoen Britse pond toegeneem en beloop nou 640 miljoen pond. Dit plaas hom egter […]
Sentrale bank opgradeer betalingstelsel na nuwe standaard - May 16, 2025
Die Bank van Namibië het die nasionale betalingstelsel suksesvol opgradeer na ‘n nuwe internasionale boodskapstandaard bekend as ISO 20022. Dit het amptelik op 12 Mei in werking getree. Die stelsel verwerk betalings tussen banke in reële tyd. Die stelsel het oor die afgelope jaar meer as 97 000 transaksies ter waarde van meer as 1,2 […]
Amerikaanse senator wys Trump se korrupsie uit - May 16, 2025
Die bekende Amerikaanse Demokratiese senator, Adam Schiff, het in die senaat 10 voorbeelde gegee van korrupte aktiwiteite deur president Donald Trump, na sommige kommentators beweer het sy toer na die Midde-Ooste, op belastingbetalers se geld, is ‘n besigheidstoer. Schiff noem onder andere ‘n nuwe Trump hotel in Dubai en ‘n nuwe gholfbaan in Doha. Die […]
Motown-legende Smokey Robinson vir seksuele aanranding ondersoek - May 16, 2025
Die legendariese Motown-sanger en liedjieskrywer, Smokey Robinson, word strafregtelik ondersoek nadat hy van seksuele aanranding beskuldig is. Vier voormalige vroulike werknemers het die 85-jarige sanger verlede week gedagvaar en beskuldig hom van seksuele teistering, vals inhegtenisneming en nalatigheid. Hulle het tussen 2006 en 2024 vir hom gewerk. Die Los Angeles-distrik se polisiedepartement sê die ondersoek […]
13 beseer toe motor in skare injaag voor Barcelona v Espanyol - May 16, 2025
Sokker: Minstens 13 mense is beseer toe ‘n motor buite die RCDE-stadion in Spanje in ‘n skare ondersteuners ingery het voor die LaLiga-wedstryd tussen Barcelona en Espanyol. Die bestuurder is in hegtenis geneem vir roekelose bestuur en dat hy beserings veroorsaak het. Die begin van die wedstryd is weens die voorval vertraag. Lamine Yamal en […]
Bank se omkeer-strategie kan besighede red - May 16, 2025
Soos Namibiërs ekonomiese stabiliteit najaag het dit al hoe meer belangrik geraak om besigheidsveerkragtigheid ‘n nasionale prioriteit te maak. Bank Windhoek het ‘n besigheidsomkeer-strategie ontwikkel om besighede wat onder finansiële druk verkeer te ondersteun. Dit is ook uiters belangrik om werksgeleenthede te bewaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Bank Windhoek se Besigheidsherstel Spesialis, Christof Steenkamp […]
SANParke onthul visie 2040-strategie by Afrika Reis-indaba - May 16, 2025
SANParke het sy visie 2040-strategie op die Afrika Reis-indaba in Durban bekendgestel. Die plan sal daarop fokus om bewaring meer inklusief en voordelig vir plaaslike gemeenskappe te maak. Dertien klein toerisme-ondernemings het ‘n platform gekry waar hulle hul dienste kan bevorder. ‘n Sleutelvennootskap is met Mpumalanga Parke onderteken en meer ooreenkomste word in ander provinsies […]