Eskom verklaar dispuut met vakbonde - June 2, 2021

Eskom sê hy het ‘n dispuut verklaar omdat geen ooreenkoms bereik kon word tydens onderhandelings met sy drie erkende vakbonde, die NUM, Numsa en Solidariteit nie. Eskom se finale aanbod is ‘n verhoging van 1,5 persent op voorwaarde dat die vakbonde sekere verskille in sommige byvoordele aanvaar. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Matshantsha, sê die vakbonde […]

Read More

Menstruele gesondheid en higiëne ‘n menseregtekwessie - June 2, 2021

Vanjaar se herdenking van die vierde Menstruele Gesondheid en Higiënedag in Namibië is op Rehoboth by die Origo Primêre Skool gevier. Namibiëag mentstruele gesonheid en higiëne as ‘n menseregte-kwessie. Kliniese sielkundige Ayesha Wentworth deel die belangrikheid van die geleentheid met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Verdedigingsminister trots op Namibiese weermag - June 2, 2021

Die Namibiese weermag vier vandag sy 31ste bestaansjaar. President Hage Geingob het tydens sy gelukwensinge aan die NDF gesê die NDF het aan verskeie operasies deelgeneem, soos misdaadvoorkoming landswyd, teenstropery in die Nasionale Parke van Etosha, Mangetti en Bwabwata, asook die Zambezistreek. Soldate het sprinkaanplae in die Noorde en Noordooste beveg en ondersteuning aan droogteverligting […]

Read More

Strafregtelike klagte teen SA gesondheidsminister - June 2, 2021

Die DA gaan môre in Kaapstad strafregtelike klagte teen die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Zweli Mkhize en Sandile Buthelezi, DG van die gesondheidsdepartement, indien. Dit hou verband met die toekenning van multimiljoen Namibiese dollar kontrak aan Digital Vibes.

Read More

Nobelprys-wenner Malala pryk op Vogue-voorblad - June 2, 2021

Die Britse tydskrif, Vogue, het bekend gemaak dat Malala Yousafzai op die voorblad van sy Junie-uitgawe verskyn. Die Taliban het die 23-jarige aktivis van Pakistan in die kop geskiet toe sy as 15-jarige ‘n veldtog vir meisies se regte gevoer het. Sy het die aanval oorleef nadat sy na die Verenigde Koninkryk geneem is vir […]

Read More

Karate-ster Parys toe om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer - June 2, 2021

Namibië se medalje-hoop by die 2021 Tokio Olimpiese Spele word beter en beter met meer atlete wat kwalifiseer. Een wat sy droom vir die Olimpiese Spele wil vervul is die jong karate-ster van Swakopmund, Kiano Stuurman. Kiano will na Parys in Frankryk reis om aan ‘n pre-kwalifiseringstoernooi deel te neem. The Dome in Swakkopmund se […]

Read More

Hage het voor Job oor veterinêre kordonheining gepraat - June 2, 2021

Die Windhoekse burgemeester en leier van Affirmative Repositioning, dr. Job Amupanda het talle Namibiërs warm onder die kraag ná hy vir die verwydering van die veterinêre kordonheining eis. Hy is egter nie die eerste een wat vir die verwydering van die sogenaamde Rooilyn vra nie. Tydens ‘n onderhoud met die Namibiese President Hage Geingob in […]

Read More

SA: Saai vaar uit oor Artikel 25 van Grondwet - June 2, 2021

Die Suid-Afrikaanse landbou-organisasie Saai sê die ANC se jongste stap om die hele eiendomsklousule, Artikel 25 van die Grondwet, te verander, is nie werklik ‘n verrassing nie. Die ANC en die EFF het saamgestem om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, maar ook vir grond wat onder staatstoesig is. Theo […]

Read More

Franse Ope bied opwindende wedstryde vandag - June 2, 2021

Die tweede ronde van die Franse Ope het vandag op Roland Garros in Parys begin. In die vroue-afdeling sal die aandag op die sewende gekeurde, driemalige kampioen, Serena Williams van Amerika wees wanneer sy teen Mihaela Buzărnescu van Roemenië te staan kom. In die mans-spel takel die vyfde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland die Spanjaard […]

Read More

Betogers gooi petrolbomme by Kaapstad - June 2, 2021

In die buurland brand dit weer. Strukture in ‘n informele nedersetting langs Klipfontein-weg in Nyanga, Kaapstad, het aan die brand geslaan toe ‘n voertuig wat deur betogers aan die brand gesteek is, naby die nedersetting tot stilstand gekom het. Die brandweer het gereageer en die voertuie en huise is geblus. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en […]

Read More