Direkte Lufthansa-vlug uit Duitsland land op HKIA - June 2, 2021

Die eerste direkte Lufthansa-vlug uit Duitsland het vanoggend ná 20 jaar in Lufthansa-mondering op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Lufthansa sal in plaas van hul Eurowings in Junie en Julie vlugte tussen Frankfurt en Windhoek vlieg. Daarna in Augustus sal die Lufthansa-groep se nuwe Eurowings Discover-vlugte tussen Frankfurt en Windhoek aanbied.

Read More

Skilpad Jonathan (189) wêreld se oudste landdier - June 2, 2021

Jonathan, ‘n reuse-skilpad wat in 1882 op 50-jarige ouderdom van Seychelle na St. Helena gebring is, is op 189 die wêreld se oudste lewende landdier. Hy geniet ‘n rustige lewe saam met sy skilpadvriend, Frederik.

Read More

Biden herdenk gevalle soldate - June 1, 2021

Amerikaanse President Biden sê meer as 7 000 Amerikaanse troepe is in die oorloë teen Afghanistan en Irak dood. Hy het op Gedenkdag soldate se nalatenskap en opoffering geloof.

Read More

Namibië se werkloosheid soortgelyk as SA - June 1, 2021

Namibië is in ‘n soortgelyke situasie as in Suid-Afrika wat werkloosheid betref. Herbert Jauch, ‘n Namibiese arbeidskenner, sê die engiste verskil is dat Namibië nie op die oomblik onlangse statistieke het nie. Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde […]

Read More

Strenger rookwetgewing in SA - June 1, 2021

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê hulle beywer hulle om strenger rookwetgewing in die buurland te laat instel. Die wetontwerp geniet wye steun onder die mediese gemeenskap, maar moet eers deur komitees goedgekeur word en daarna die kabinet.

Read More

Seelewe by Turkse kus bedreig - June 1, 2021

‘n Dik laag sogenaamde seesnot aan die Turkse kus hou ‘n ernstige bedreiging in vir die seelewe, waarsku mariene bioloë. Die organisese snotspul raak al hoe meer namate riool ryk aan voedingstof die see invloei. Volgens internasionale media versmoor die taai stof die visse.

Read More

Wes-Kaap brei inenting na platteland uit - June 1, 2021

Die Wes-Kaap het vandag die uitbreiding van sy inentingsveldtog na plattelandse dorpies gevier met die inenting van die alombekende Evita Bezuidenhout. Tannie Evita is vroeër vandag by die Wesbank-gemeenskapssaal op Malmesbury ingeënt. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt is aan die woord.

Read More

Pandemie het erge impak op vroue - June 1, 2021

Die hoofekonoom van die Europese Bank van Herkonstruksie en Ontwikkeling, Beata Javorcik bespreek die negatiewe impak van Covid-19 op vroue. Sy was ‘n gasspreker by ‘n Jobs Reset-beraad oor globale ekonomiese vooruitsigte.

Read More

Julius Malema vaar uit by PAP - June 1, 2021

Die Pan-Afrika Parlement was veronderstel om sy leierskap vandag te kies, maar chaos het weer in die parlement oorgeneem. Buite die parlement het die EFF-leier Julius Malema lede van PAP van korrupsie beskuldig. Hy sê hy vermoed iemand steeks iets weg, daarom wil die huidige leierskap aan hul mag vasklou. Malema het verder gesê hul […]

Read More

Pous wil pedofielpriesters straf - June 1, 2021

Pous Franciskus het vandag die Katolieke Kerk se strafregtelike wetgewing bygewerk en riglyne bygevoeg sodat priesters wat minderjariges seksueel misbruik of voorberei, gestraf kan word. Die veranderinge sal van Desember geld, berig internasionale media.

Read More