IRR bekommerd oor wysingings aan Artikel 15 van SA Grondwet - June 1, 2021

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede maan Suid-Afrikaners om kennis te neem van die ernstige implikasies van die voorstelle wat die ANC gemaak het rondom die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet. Verlede week het die parlement se ad hoc-komitee, wat wetgewing instel ten opsigte van die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, besluit om […]

Read More

Polisie-hoë besoek Hardapstreek - June 1, 2021

Goeie samewerking en verhoudinge tussen gemeenskapslede en die Namibiese polisie is belangrik om misdaad te bekamp, sê die Namibiese polisie se adjunk-inspekteur-generaal van operasies, kommissaris Joseph Shikongo. Shikongo het vergaderings met lodge-eienaars en gemeenskapslede by Sesriem en Sossusvlei in die Hardap-streek gehad tydens sy drie daagse toer na die Namib Naukluft-park. Een van die uitdagings […]

Read More

Stad Kaapstad: Skrap aandklokreël-beperkings - June 1, 2021

Die Stad Kaapstad wil sommige van die heringestelde vlak twee aandklokreël-beperkings geskrap hê in die lig van die onlangse vordering wat gemaak is op handelsvlak en in die toerismebedryf. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, James Vos, sê die 66 persent toename in binnelandse vlugte na die Kaapstadse Internasionale Lughawe in die eerste helfte […]

Read More

Namibiese damme is gesamentlik 68% vol - June 1, 2021

Namibië se damme is tans gesamentlik 68 persent vol. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die damme in die sentrale streek 85,1 persent vol, teenoor verlede seisoen se 78,3 persent. Die Swakoppoortdam is die volste op 94,6 persent, die Von Bachdam is 72 persent vol en die Omatakodam 85,3 persent. Die damme in die Suide […]

Read More

Chinese provinsie het Indiese variant - June 1, 2021

Owerhede het die Chinese provinsie, Guangdong, streng ingeperk na wat volgens berigte die eerste gemeenskaps-uitbreking van die Indiese Covid-19 variant in die land is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie noem hierdie weergawe die Delta-variant. Die provinsie het 23 nuwe gevalle aangeteken. Internasionale media berig honderde vlugte op die besige internasionale Guangdong Baiyun lughawe is gekanselleer, en die owerhede […]

Read More

Erongo-polisie vat dwelms vas - May 31, 2021

Die Erongo-streek se polisie het die afgelope naweek verskeie mense in verband met dwelms in hegtenis geneem. Die streekbevelvoerder vir gemeenskapsake, inspekteur Ileni Shapumba, het die suksesvolle naweek aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Hy bedank die publiek vir hul wenke en doen ‘n beroep op almal om saam met die polisie te werk om dwelms […]

Read More

Gratis water verby vir Gobabis - May 31, 2021

Die Gobabis-munisipaliteit sal gratis water wat tydens die noodtoestand van die Covid-19-pandemie aan die gemeenskap verskaf is, afskaf. Volgens die burgemeester, Elvire Theron, is die besluit tydens ‘n raadsvergadering geneem, alhoewel gratis water reeds in September 2020 afgeskaf moes wees. Die munisipaliteit se skakelbeampte, Frederick Ueitele, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat gratis water […]

Read More

Frankryk verskerp Covid-riglyne vir reisigers - May 31, 2021

Frankryk het Covid-19-riglyne vir reisigers verskerp om te probeer keer dat die Indiese variant in die land versprei. Net landsburgers en dié van lande van die Europese Unie word toegelaat. Hulle moet vooraf negatief toets en vir sewe dae ná aankoms isoleer.

Read More

Gevalle styg in Khomas-streek - May 31, 2021

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 408 nuwe Covid-19-gevalle in 13 streke uit 2 234 toetsuitslae aangekondig. Meer gevalle – 58% – is in die Khomas-streek alleen. In die groep is 21 leerders, ses onderwysers, 16 studente en agt gesondheidswerkers. Ses sterfgevalle is in verskillende distrikte aangemeld.

Read More

Gigaba terug voor staatskapingskommissie - May 31, 2021

Die gewese Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het bewerings ontken dat hy in die posisie aangestel is om die omstrede Gupta-familie se naturalisasie goed te keur. Dié bewerings is deur Gigaba se vervreemde vrou, Norma Mngoma, gemaak. Gigaba is terug voor die staatskapingskommissie waar hy vrae beantwoord oor bewyse wat deur Mngoma voorgelê […]

Read More