Nee vir homoseksualiteit - May 31, 2021

Betogers wat gekant is teen dieselfde geslag-huwelike en die afskaffing van die sodomiewet het by die Zoo Park in Windhoek ‘n gebedsbyeenkoms gehou. Lede van verskillende kerke het byeen gekom om standpunt hieroor in te neem. Pastoor Shirley Magazi van die koalisie van kerke het aan diegene wat homoseksualiteit beoefen, gesê hulle moet weet dat […]

Read More

Hof wag vir Bushiri’s uit Malawi - May 31, 2021

Die saak teen die omstrede egpaar, Shepherd Bushiri en sy vrou Mary, is in die hooggeregshof in Pretoria tot November uitgestel, hangende hulle terugkeer uit Malawi. Die twee het in November verlede jaar na hulle geboorteland gevlug nadat hulle in die Pretoria-landdroshof borgtog toegestaan is. Suid-Afrika het gevra dat hulle uitgelewer moet word en daardie […]

Read More

Isis-aanvallers slaan toe in DRK - May 31, 2021

Nog minstens 39 mense is vandag in Ituri in die Demokratiese Republiek van Kongo dood ná Isis-aanvallers oornag op twee dorpe toegeslaan het, berig internasionale nuusagentskappe. Die aanvallers is glo lede van die Allied Democratic Forces wat sy ontstaan in Uganda gehad het.

Read More

Vissermanne betoog - May 31, 2021

Lede van die Affirmative Repositioning Movement het vandag ‘n groep van meer as 400 vissermanne na die kantore van Cavema Fishing gelei om te eis vir die verwydering van hul vakbondverteenwoordiger, Mathew Lungameni. Lungameni is die voorsitter van die Namibië Verenigde Vissermanne-vereniging. Die betogers maak hul stemme dik …

Read More

Mej. Namibië virtueel gekroon - May 31, 2021

Die kroning van Mej. Namibië vind die naweek by die Windhoek Country Club en Casino plaas. Met die nuwe Covid-19-regulasies in plek waar sosiale byeenkomste na 50 mense verminder het, het Kosmos 94.1 Nuus aan die direkteur Conny Maritz gevra hoe die glansfunksie aangebied gaan word sonder om die regulasies te verbreek.

Read More

Kawana besoek Angolese vlugtelinge - May 31, 2021

Die Namibiese minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, het vandag besoek afgelê by die sowat 3 000 Angolese vlugtelinge. Die Angolese het uit hul land weens die droogte en hongersnood gevlug en kamp nou by Oshifo en Etunda in die Omusati-streek. Kawana is vergesel van sy uitvoerende direkteur, Etienne Maritz, en […]

Read More

China mag drie kinders per gesin hê - May 31, 2021

Egpare in China sal voortaan toegelaat word om drie kinders te hê in ‘n poging om die kwessie van die land se ouerwordende bevolking te beredder. Volgens die sensus wat in 2020 gepubliseer is, groei die Chinese bevolking teen die stadigste tempo sedert die sestigerjare. Die land se een-kind-beleid is in 1979 ingestel in ‘n […]

Read More

Mans met vars olifanttand in hof - May 31, 2021

Die twee mans wat die naweek by die Gam-nedersetting glo met ‘n vars olifanttand in hegtenis geneem is, het vandag in die rondgaande op Tsumkwe verskyn. Karuhava Kahaka en Vekotokeraije Keharara is vasgetrek toe hulle glo die ivoor aan ‘n geheime polisiebeampte wou verkwansel. Volgens die wildmisdaadverslag is nog ‘n man, Celestinus Kativa Mukuve, verlede […]

Read More

Capricorn Group reik uit na weerlose kinders - May 31, 2021

Die Capricorn Group het in samewerking met Imago Dei komberse, speelgoed, boeke lekkernye en ander benodighede aan wees- en weerlose kinders van Havana by die Prayer House of God Ministries geskenk. Marlize Horn, Capricorn Group se uitvoerende hoof van handelsmerk- en korporatiewe sake, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê kinders is die mees weerlose in […]

Read More

Alaska deur aardbewing geruk - May 31, 2021

Die Amerikaanse deelstaat Alaska is deur ‘n kragtige aardbewing van 6.1 op die Richterskaal getref, berig internasionale media. Die skudding se episentrum was sowat 160 kilometer noord van Anchorage en relatief diep teen 65 kilometer onder die aardoppervlak.

Read More