Vlug van Ierland na Berlyn herlei - May 31, 2021
‘n Vlug van Ierland se Ryan-Air-lugdiens van dié land na Pole is gister na Berlyn herlei ná Duitse lugverkeerbeheer die bemanning glo oor ‘n potensiële bedreiging aan boord gewaarsku het. Volgens internasionale nuusagentskappe kon passasiers sewe ure laterop ‘n ander vliegtuig vertrek.
Vissermanne vies vir Cavema Fishing, vakbond - May 31, 2021
Sommige vissermanne wat hul werk teruggekry nadat hulle dit in 2015 verloor het omdat hulle onwettig gestaak het, het vanoggend hul misnoeë oor Cavema Fishing en vakbondleier Mathew Lungameni uitgespreek. Hulle beskuldig Lungameni daarvan dat hy nie deursigtig is met die toekenning van viskwotas nie. Andemale Shikongo, aktivis van die Affirmative Repositioning Movement, spreek die […]
Britse moordbeskuldigde wéér in hospitaal - May 31, 2021
Die Britse sakeman en moordbeskuldigde Eric Boulter is terug in die hospitaal. Na hy op 11 Mei in die Outjo-landdroshof borgtog geweier is, het hy glo Covid-19 gekry en is hy onder kwarantyn in die Safari Court Hotel geplaas. Hy is direk van die hotel na die Paramount-gesondheidentrum in Eros geneem nadat hy van Covid […]
ReconAfrica: Knowledge Katti het kennis oor media - May 31, 2021
ReconAfrica se kommunikasiedirekteur, Ndapewoshali Shapwanale, het bevestig ‘n kontrak is met die omstrede sakeman, Knowledge Katti, gesluit. Volgens ‘n Kanadese koerant, The Global and Mail, is Katti betaal as media-konsultant deur ReconAfrica, die Kanadese olie- en gasmaatskappy wat eksplorasie in die Kavango-Oos doen. Shapwanale het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Katti is ‘n Namibiese burger […]
AR reageer op LPO oor veterinêre kordonheining - May 31, 2021
Die leier van die Affirmative Repositioning, dr. Job Amupanda, het op sy Facebook-blad op Pretorius se standpunt gereageer en hom Oscar Pretorius genoem. Die woordvoerder van AR, Simon Amunime, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die AR weet wat die ekonomiese gevolge van die verwydering van die veterinêre kordonheining is. Hy sê die AR het […]
AR reageer op LPO oor veterinêre kordonheining - May 31, 2021
Die leier van die Affirmative Repositioning, dr. Job Amupanda, het op sy Facebook-blad op Pretorius se standpunt gereageer en hom Oscar Pretorius genoem. Die woordvoerder van AR, Simon Amunime, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die AR weet wat die ekonomiese gevolge van die verwydering van die veterinêre kordonheining is. Hy sê die AR het […]
N$6 miljard verlies as ‘Rooilyn’ verwyder word - May 31, 2021
Namibië kan ses miljard Namibiese dollar aan inkomste verloor indien die veterinêre kordonheining, ook die sogenaamde Rooilyn, verwyder word. Die Lewendehawe Produsente-organiasie se voorsitter, Thinus Pretorius, het gesê Namibië kan sy dieregesondheidstatus verloor indien die Rooilyn verwyder word. Affirmative Repositioning se leader, dr. Job Amupanda, het verlede week ‘n hofdokument in die Windhoekse hoërhof ingedien […]
FNB maan oor nuwe bedrogspul - May 31, 2021
FNB Namibia waarsku Namibiërs oor ‘n nuwe bedrogspul wat onstaan het waar bedrieërs probeer om toegang tot kliënte se eWallet-rekeninge op die FNB-toep te kry. Elzita Beukes, FNB se kommunikasiebestuurder, het gesê bedrieërs kies ‘n lukrake selfoonnommer en probeer eWallet tussen dié nommer en hul eie slimfoon te koppel. Die bedrieërs sal kliënte met ‘n […]
Binnelandse sake-ministerie besoek personeel in Kunene - May 31, 2021
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van binnelandse Sake, Etienne Maritz, wat minister Albert Kawana op sy besoek aan die Kunene-streek vergesel het, is tevrede met projekte in die streek wat met die ministerie verband hou. Hy het personeel in die streek egter gemaan dat hulle uitdagings in die gesig staar met mense wat hoë […]
Ramaphosa sê Afrika moet self entstowwe vervaardig - May 31, 2021
Die Suid-Afrikaanse regering sê dit het vir Covid-19-entstowwe vir meer as die 40 miljoen uit die 59 miljoen Suid-Afrikaners betaal, wat genoeg is om kudde-immuniteit te behaal. President Cyril Ramaphosa het herhaaldelik entstof-apartheid met ryk lande veroordeel wat die meeste van die entstowwe opkoop. Hy sê die Afrika-vasteland wil sy kapasiteit om entstowwe te vervaardig […]