Trump ‘hoof-verkoopsman’ in Midde-Ooste, sê kenner - May 16, 2025

Daar is kommentaar uit alle oorde oor Amerikaanse president Donald Trump se besoek aan die Midde-Ooste met sommige kommentators wat meen hy verryk homself en sy vriende op die koste van die belastingbetaler. Ander meen weer dit is ‘n belangrike beleggingsreis vir die VSA. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n kenner in Amerikaanse sake, Brooks […]

Read More

Libbok terug vir Stormers teen Cardiff in VRK - May 16, 2025

Rugby: Die Springbok-staatmaker Manie Libbok keer terug van ’n lang besering en dra die Stormers se nommer tien-trui in hulle laaste Verenigde Rugbykampioenskaps-ligawedstryd Saterdag teen die Walliese span Cardiff in Kaapstad. Hy neem oor by sy jong nasionale spanmaat, Sacha Feinberg-Mngomezulu, wat op die bank begin. Damian Willemse skuif van senter na heelagter waar hy […]

Read More

Landbou moet biodiversiteit bewaar vir lewensbestaan - May 16, 2025

Landbouminister Inge Zaamwani het Namibië se sterk verbintenis tot die bewaring van biodiversiteit benadruk en sê dit is noodsaaklik vir inwoners se lewensbestaan. Sy het gepraat tydens die 12de gewone vergadering van die Zambezi Waterwegkommissie in Windhoek.

Read More

Onwettige inisiasieskole maak terugkeer in SA - May 16, 2025

Twaalf minderjariges van Ekurhuleni, Gauteng, is by onwettige inisiasieskole tussen Klipgat en Mabopane noord van Pretoria gered. Die polisie en plaaslike owerhede het gereageer op berigte van onwettige inisiasiepraktyke. Die kinders waarvan party slegs 13 jaar oud is, is uit haglike omstandighede gered. Die minderjariges se ouers het aan News24 gesê die kinders is ontvoer […]

Read More

Tonne voedsel vir hulp vergaan in Amerikaanse pakhuise - May 16, 2025

Voedselrantsoene wat 3,5 miljoen mense vir ‘n maand kan voorsien, vergaan in pakhuise regoor die wêreld weens die opskorting van Amerikaanse hulp. Die voedselvoorrade is in vier Amerikaanse regeringspakhuise sedert die Trump-administrasie se besluit in Januarie om globale hulpprogramme te sny. Sommige voorrade wat reeds in Julie verval, sal waarskynlik vernietig word. Die pakhuise, wat […]

Read More

Mediterranean Blue behaal N$383m - May 16, 2025

Die Mediterranean Blue, ‘n splinternuwe blou diamant wat onlangs uit die Cullinan-myne in Suid-Afrika ontgin is, is vir 383 miljoen Namibiese dollar op ‘n Sotheby’s-veiling in Genève, Switserland verkoop. Die bod vir die diamant, wat 10,3 karaat weeg, het op 198 miljoen dollar begin. Sotheby’s se hoof van juweliersware, Quig Bruning, sê die edelsteen tel […]

Read More

Renosterkoei, met kalf, gestroop - May 16, 2025

‘n Renosterkoei is in die Suide gestroop en haar kalf is eers twee dae later gevind. Die goeie nuus is die kalfie vorder goed en reageer goed op behandeling. Intussen is daar ‘n reuse-beloning van 135 000 Namibiese dollar aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Muller van die Rhino Momma Project gepraat.

Read More

Lofliedere oor beleggings nie heeltemal korrek nie - May 16, 2025

Reaksie word ontvang op die lofliedere wat die sentrale bank die week die land se beleggings en beleggingsbeleid toegesing het. Maar, meeste van die beleggings is in mynwese wat nie juis werk skep nie. Die Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Plase onder mosiehof-eiendomme wat opgeëis word - May 16, 2025

Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het vanoggend se mosiehofsessies hanteer waar 94 aansoeke vir verstekvonnisse gebring is, waarvan vyf op die reël 108-rol was. Banke het 42 van die aansoeke gebring en eis 16 eiendomme, waaronder twee plase, terug. Die skuldlas is 26,9 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 25 lenings met uitstaande skuld […]

Read More

Voordelige eienaarskap – dis vandag die laaste dag - May 16, 2025

Dit is vandag die sperdatum vir nakoming van voordelige eienaarskapsverklaring met besighede wat reeds sedert 1 Mei gederegisteer word. Die verklaring van voordelige eienaarskap is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder…

Read More