Gesondheidsminister vergader met kerkleier - May 31, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n strategiese raadgewende vergadering met kerke gehad oor Covid-19-inentings. Kerk- en geloofsleiers, mediese kundiges en teenwoordigers van die Wêreldgesondheidsorganisasie was teenwoordig. Gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, was die hoofspreker…

Read More

Amerikaner wou glo Wallmart-tak aanval - May 31, 2021

Die Amerikaanse polisie het in Texas ‘n man in hegtenis geneem wat glo beplan het om ‘n Wallmart-tak in die Kerr-distrik aan te val. ‘n Geweer met talle magasyne en ‘n Nazi-vlag is volgens internasionale nuusagentskappe in die 28-jarige Coleman Thomas Blevin se woonstel gevind.

Read More

Ace se skorsingsaak 24 Junie in hooggeregshof - May 31, 2021

Ace Magashule se aansoek dat sy skorsing as ANC-sekretaris-generaal tersyde gestel word, word op 24 en 25 Junie in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Magashule is geskors omdat hy nie die party se opstystaan-beleid wou volg nie.

Read More

Vermeende aanvaller op bejaarde bly in aanhouding - May 31, 2021

Die man wat op Swakopmund glo ‘n bejaarde vrou, die 82-jarige Herma Emmerich, in haar tuin aangeval, probeer verwurg en beroof het, bly in aanhouding. Timoteus Haimbodi het in die Swakopmund landdroshof op ‘n klag van diefstal met verswarende omstandighede voor landdros Nelao Brown verskyn. Sy saak is tot 14 Julie uitgestel.

Read More

SANParke verskerp renosterveiligheid - May 31, 2021

SANParke is besig om ‘n doeltreffende bestuurstrategie in te stel om sy renoster-bevolking te beskerm. Woordvoerder Isaac Phaahla sê SANParke en die weermag se militêre polisie gaan verskeie beheerpunte in die suide van die Kruger-wildtuin instel. Hy verduidelik dit is daarop gemik om sekuriteit te verbeter en sal uitgevoer word met die minimum ontwrigting vir […]

Read More

Biden plaas druk op Putin oor menseregte - May 31, 2021

Die Amerikaanse President, Joe Biden, sê hy gaan volgende maand tydens sy ontmoeting met die Russiese President, Vladimir Putin, in Switerland se hoofstad, Genève, druk op hom plaas oor menseregtekwessies. Biden het as nuwe president nuwe sanksies teen Moskou ingestel weens Rusland se rol in die reuse SolarWinds-kuberaanval en voortdurende bemoeienis met verlede jaar se presidentsverkiesing. Biden en Putin sal ‘n reeks sake bespreek, insluitend die doelwit om […]

Read More

Nigerië: Leerlinge by Moslemskool in Tegina ontvoer - May 31, 2021

Gewapende aanvallers het gister op ‘n Moslemskool in Tegina in Nigerië toegeslaan en tussen 150 en 200 meisies en seuns ontvoer. Ooggetuies sê die aanvallers het op motorfietse in Tegina aangekom en voor die voet op mense losgebrand, berig internasionale media.

Read More

Gigaba weer vandag voor staatskapingskommissie - May 31, 2021

Die staatskapingskommissie sal vandag Gupta-verwante getuienis deur die gewese Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings Malusi Gigaba aanhoor. Gigaba het met sy vorige verskynings verlede week ontken dat hy enige sake met die omstrede Guptas gedoen het. Hy het getuig dat hy die Gupta-woning slegs vir sosiale en kulturele redes besoek het. Hy sê hy moes […]

Read More

GIZ skenk mobiele handelstalletjies aan Stad Windhoek - May 31, 2021

Stad Windhoek het verskeie projekte in die groter Windhoek-gebied goedgekeur. Die raad het onder meer die skenking van mobiele handelstalletjies van die Deutche Gesellschaft Fur Internationale Zusammenarbeit ter ‘n waarde van meer as 400 duisend dollar goedgekeur en voorsieing gemaak vir 18 ope markte in die hoofstad soos Lydia Amunyela woordvoerder van Stad Windhoek verduidelik

Read More

SA: Restaurante gaan ly onder aandklokreël - May 31, 2021

Die Restaurant-vereniging van Suid-Afrika sê die aandklokreël ingevolge inperkingsvlak twee is ingewikkeld en sal bedryfskwessies veroorsaak. Die tyd is vervroeg tot saans 11 uur, wat beteken dat nie-noodsaaklike instellings soos restaurante, kroeë en fiksheidsentrums teen 10 uur saans moet sluit. Sommige vooruitskattings toon dat Covid-19 vanjaar tot 1,6 miljoen werksverliese in die buurland kan veroorsaak. […]

Read More