Venaani en Malema kuier saam - May 30, 2021
Die Popular Democratic Movement se leier, McHenry Venaani, was die gas by ‘n aandete wat deur die leier van die Suid-Afrikaanse Freedom Fighters, Julius Malema aangebied is. Albei het die Pan-Afrika parlement in Midrand Gauteng bygewoon. Venaani was verlede week in die nuus toe hy op die tweede dag by die Pan-Afrika parlement oor ‘n […]
Independent Media in Suid-Afrika vra Ramos onverskoning - May 30, 2021
Independent Media in Suid-Afrika het Maria Ramos om verskoning gevra vir ‘n artikel wat in Desember verlede jaar op die IOL-webtuiste en in The Star gepubliseer is. Die mediagroep gee toe die artikel het ‘n aantal vals en lasterlike bewerings oor die huidige voorsitter van AngloGoldAshanti bevat. Dit is onder meer dat sy die rand […]
SA Mediese Navorsingsraad oor suurstof in die buurland vir Covid-19 gevalle - May 30, 2021
Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê intussen die buurland kan nie toelaat dat sy suurstof opraak te midde van die stryd teen die derde Covid-19-vlaag nie. Navorsing het onthul dat Suid-Afrika onder 19 lande is waar die gevaar dat sy suurstofvoorraad kan opraak, die grootste is, terwyl die aantal koronavirusgevalle daagliks skerp toeneem. Die Mediese Navorsingsraad […]
Covid-19 gemiddelde die afgelope tyd in die land - May 30, 2021
Daar is volgens die jongste statistiek van die Namibiese ministerie van Gesondheid die afgelope tyd gemiddeld 262 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig met Windhoek wat die meeste gevalle aangeteken het. Onder die 391 nuwe gevalle was daar 48 leerlinge, 22 onderwysers, 12 studente en 21 gesondheidwerkers. Die aktiewe gevalle staan tans op 3 […]
Ouers word gemaan om betrokke te raak by hulle kinders se digitale lewens - May 30, 2021
Die Film- en Publikasieraad in Suid-Afrika gaan 20 gemeenskappe en skole in die buurland besoek om groter bewustheid tydens Kinderbeskermingsweek te kweek. Die raad beplan van vandag af ‘n reeks slypskole in Limpopo, Mpumalanga en die Wes-Kaap. ‘n Woordvoerder, Lynette Kamineth, sê die onlangse geval van afknouery wat oral op sosiale media versprei is en […]
Ramaphosa oor die ANC - May 30, 2021
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party het goeie en slegte tye oorleef. Hy het ‘n virtuele toespraak by die verkiesingskonferensie van die party in die Noord-Kaap gelewer. Ramaphosa het ‘n beroep op die provinsiale uitvoerende komitee gedoen om deur te druk met die hernuwingsagenda, en eenheid en transformasie in die ANC […]
Boris Johnson trou vir die derde keer - May 30, 2021
Die Britse Eerste Minister Boris Johnson is volgens berigte uit Londen gister in die geheim met Carrie Symonds getroud. Net 30 mense het die geleentheid glo bygewoon en volgens nuusagentskappe is dit in die Westminister katedraal voltrek. Dit is Johnson se derde huwelik.
Nuwe Covid-regulasies het invloed op kerke - May 30, 2021
Met die nuwe Covid-regulasies waar sosiale byeenkomste van 100 na 50 mense verminder word en Dinsdag in werking tree, is dit ‘n moeilike tyd vir kerke, sê ds. Zack Pienaar van die NG-gemeente Eros in Windhoek. Hy meen die plek wat die beste weet wat die impak van die pandemie op mense het, is die […]
Francois van Coke klop Derick Hougaard in die kryt - May 30, 2021
Boks.. Die Suid-Afrikaanse rocker, Francois van Coke, was gisteraand die wenner van die Boxop-boksgeveg na ‘n bloedige stryd teen die oud-Springbok Derick Hougaard. Hulle het mekaar in Pretoria in die Time Square-casinokompleks in die unieke boksgeveg gepak.
Frankryk beloof 30 miljoen dosisse Covid-19 enstof aan Afrika - May 30, 2021
President Emmanuel Macron van Frankryk het weer beklemtoon dat sy land Suid-Afrika en Indië se versoek steun dat die vervaardigers van Covid-19 entstof die eiendomsreg daarop tydelik opsy skuif. Frankryk sal volgens Macron ook 30 miljoen dosisse entsof aan Afrika bewillig.