Ramos wen haar lastersaak teen Independent Media in Suid-Afrika - May 30, 2021

Die voormalige hoof van Absa in Suid-Afrika, Maria Ramos, het haar lastersaak teen Independent Media gewen. Die hof het bevind The Star se hoofrubriek op 9 Desember verlede jaar wat onder andere genoem het dat sy die rand manipuleer was vals, lasterlik en onwettig. Die Star moet binne 24 uur ‘n skriftelike apologie plaas en […]

Read More

Die veranderinge aan die huidige Covid-19 regulasies tree Dinsdag in werking - May 30, 2021

Die veranderinge aan die huidige Covid-19 regulasies tree Dinsdag in werking en die publiek word daarop gewys dat die bestaande regulasies môre-aand om middernag verval.Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het die publiek gemaan om nougeset die nuwe regulasies te eerbiedig.Hy het onder andere daarop gewys dat reisigers wat die land besoek se negatiewe uitslag […]

Read More

Italië, is die gasheer van die Pro14 Reënboogbeker, Noord teen Suid-eindstryd - May 30, 2021

Rugby: Die Stadio de Monigo in Treviso, Italië, is die gasheer van die Pro14 Reënboogbeker, Noord teen Suid-eindstryd op 19 Junie. Dit is te danke aan die steun van die Italiaanse Rugbyfederasie en die land se regering. ‘n Maksimum van ‘n duisend toeskouers sal ingevolge die huidige Italiaanse Covid-19 regulasies toegelaat word, sodat hulle ‘n […]

Read More

Wetenskaplikes in Viëtnam het ‘n nuwe Covid-19 variant geïdentifiseer - May 30, 2021

Wetenskaplikes in Viëtnam het ‘n nuwe Covid-19 variant in die land geïdentifiseer wat se genetiese samestelling daarop dui dat dit ‘n kruising tussen die Indiese en Britse variante is. Dit is volgens berigte hoogs aansteeklik en is verantwoordelik vir Viëtnam se toename in Covid-19 gevalle.

Read More

Windhoek het die afgelope tyd die meeste nuwe Covid-19 gevalle - May 30, 2021

Windhoek het die afgelope tyd byna die helfte van alle nuwe bevestigde Covid -19 gevalle gehad uit die gemiddeld van 262 per dag.Die Namibiese ministerie van Gesondheid het ook bevestig dat daar 391 nuwe gevalle is.Windhoek 155, Oshana 51,Swakopmund 23, Luderitz 21, Omuthiya 16 en Rundu 15. Die res is landwyd versprei. Daar is op […]

Read More

Japan verleng noodtoestand - May 29, 2021

Japan het die noodtoestand van COVID-19 in Tokio en nege ander streke met nog drie weke verleng. Nuusagentskappe berig dat die Eerste Minister, Yoshihide Suga, gesê het dat hoewel infeksies afneem, dit steeds hoog bly, en dat sommige hospitale steeds onder druk is. Beperking sal geldig wees tot 19 Junie, vyf weke voordat die uitgestelde […]

Read More

Jeugmaand begin Dinsdag in Suid-Afrika - May 29, 2021

Die Suid-Afrikaanse Departement van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede en die Nasionale Jeugontwikkelings-agentskap, in vennootskap met die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, sal Dinsdag Jeugmaand in die buurland van stapel stuur. Hierdie jaar is die 45ste herdenking van die studente-betogings op 16 Junie 1976. Die tema vir 2021 se Jeugmaand is ,die […]

Read More

Lening van KFW Bank aanvaar - May 29, 2021

Tydens ‘n onlangse raadsitting het Stad Windhoek die skenking van die Kreditanstalt Fur Wiederaufbau (KFW) Bank aanvaar vir die opgradeirng van die Gammams afvalwaterbehandelingsanleg wat in 1961 voltooi is. Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat kundige dienste nodig is vir die duur van die projek.

Read More

Ramaphosa bekommerd oor Covid-19 in Afrika - May 29, 2021

President Cyril Ramaphosa sê Afrika staar ‘n gevaarlikste uitdaging in terme van ‘n tekort van entstowwe in die gesig. Hy sê minder as een persent van die bevolking in Afrika is volledig ingeënt. Ramaphosa sê ontwikkelende lande het ‘n oormaat entstowwe, en Afrika ‘n tekort. Die Belgiese ontwikkelingsminister Meryame Kitir het intussen by die Wêreldgesondheidsorganisasie […]

Read More

Ape verander volgens studie aksente - May 29, 2021

‘n Studie het bevind dat ape in staat is om nuwe aksente te gebruik om vriendeliker met hulle bure te wees. Die navorsing wat in die Behavioural Ecology and Sociobiology-joernaal gepubliseer is, het twee Brasiliaanse Amasone-ape dopgehou: die kaalkop, witgespikkelde leeuape en hulle neefs, die rooi-hand-leeuape. Die wetenskaplikes het ontdek dat wanneer die ape dieselfde […]

Read More