Ramaphosa wag vir verslag oor Mkhize - May 29, 2021
President Cyril Ramaphosa sê hy wag vir die Spesiale Ondersoekeenheid om sy verslag te voltooi oor die hantering van die beweerde onreëlmatige Digital Vibes-tender deur die buurland se minister van Gesondheid, Zweli Mkhize. Dit volg na senior amptenare in die departement betrek is by kontrakte wat aan die KwaZulu-Natalse kommunikasie-maatskappy toegeken is. Ramaphosa het aan […]
Minister reageer op wysigings van Covid-19 regulasies - May 29, 2021
Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, het gereageer op die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, se wysigings aan die Covid-19 regulasies, veral op die verbond van kontaksport. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is slegte nuus, veral sport soos rugby wat pas begin het. Tjongarero moedig Namibiërs aan om ingeënt te word, sodat ons weer […]
Caster faal in haar poging om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele - May 29, 2021
Atletiek: Caster Semenya van Suid-Afrika het gefaal in ‘n poging om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer. Sy het die 5 000 meter by die Newton Classic-byeenkoms in Kings-park, Durban, te stadig begin. ‘n Sterk wind het haar ook gepla en sy was meer as 30-sekondes te stadig. Semenya se tyd van 15-minute, 32,15-sekondes was […]
DRK waarsku inwoners oor ‘n moontlike tweede vulkaniese uitbarsting - May 29, 2021
Die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo het inwoners van Goma gewaarsku oor ‘n tweede vulkaniese uitbarsting, ná ‘n waarnemingstasie magma onder die stad opgemerk het. Die magma strek tot onder die Kivu-meer. Radarbeelde toon die krater binne die piek van die Nyiragongo-vulkaan is steeds besig om uit te dy. Meer as 30 […]
Daar is 365 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - May 29, 2021
Daar is 49 leerlinge, ses onderwysers, 11 studente en 18 gesondheidswerkers onder die 365 nuwe Covid-19 gevalle in die land. 66 344 Mense is reeds teen die virus ingeënt en die aktiewe gevalle staan tans op 3 397 en 50 053 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 54 268. Windhoek het 205 nuwe […]
Die pryse van landbouchemikalieë styg - May 29, 2021
‘n Ekonoom van Graan SA waarsku dat ‘n styging in die pryse van landbouchemikalieë op die internasionale mark niks goeds vir Suider-Afrikaanse graanprodusente voorspel nie. Volgens Ikageng Maluleke het landbouchemiese pryse, insluitend die prys van kunsmis, hoog gebly as gevolg van die verhoogde aanvraag tydens die produksieseisoen in die Noordelike Halfrond. Maluleke sê die enigste […]
Die Springbokspan gaan teen Covid-19 ingeënt word - May 29, 2021
Rugby: Die Springbokspan gaan betyds vir die internasionale seisoen teen Covid-19 ingeënt word. Dit sal die integriteit van die bio-veilige borrel waarin hulle binnekort gaan, versterk. Die Springbok-groep wat die Britse en Ierse Leeus die stryd sal aansê, word volgende Saterdag aangekondig. SA Rugby se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sê die groep sal uit […]
President Macron van Frankryk is bereid om Mosambiek te help - May 29, 2021
President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika en die president van Frankryk, Emmanuel Macron het oor die situasie in Mosambiek vergader. Macron sê sy land is bereid en gereed om Mosambiek te help indien die land om hulp sou vra na die onlangse terreuraanvalle. Ramaphosa het Macron se standpunt oor Mosambiek verwelkom.
Die aantal Covid-19-pasiënte het die afgelope maande gestyg - May 29, 2021
Die aantal Covid-19-pasiënte wat gehospitaliseer moet word, het oor die afgelope maande gestyg. Dit maak dit moeilik vir gesondheidswerkers weens ‘n gebrek aan personeel by gesondheidsgeriewe. Die Namibiese gesondheidsminister, dr Kalumbi Shangula het gesê ekstra toerusting is aangekoop.
SA arbeidsminister moedig inentings aan - May 28, 2021
Die Suid-Afrikaanse arbeidsminister Thembelani Waltermade Nxesi het vandag by die Esangweni-kliniek in Tembisa mense ouer as 60 aangemoedig om ingeënte te word. Hy het gesê mense wat hul ingeënt is, moet steeds regulasies gehoorsaam.