Biden: Herbou Amerika se ekonomie - May 28, 2021

Die Amerikaanse President Joe Biden het gesê hy glo dit is tyd dat Amerika sy ekonomie herbou. Hy het gesê die land se toekoms lyk goed, maar hy herinner Amerikaners daaraan dat harde werk vereis word om die ekonomie te herbou.

Read More

Tiger wil weer op sy eie loop - May 28, 2021

Tiger Woods het aan Golf Digest in sy eerste onderhoud sedert sy motorongeluk gesê om weer op sy eie te loop, is sy nommer een doel terwyl hy van sy beserings te herstel. Hy wou nie uitwei oor of hy weer aan toernooie sal deelneem nie.

Read More

Eskom se verkrygingshoof moet afgedank word - May 28, 2021

‘n Tugverhoor het beslis die geskorste verkrygingshoof van Eskom, Solly Tshitangano, moet onmiddellik afgedank word. Die verhoor-voorsitter, Nazeer Cassim, het bevind dat Tshitangano voortgegaan het om te veg vir die belange van Eskom-verskaffer, Econ Oil, deur in 2019 die toekenning van drie verdere kontrakte ter waarde van meer as agt-miljard-rand te motiveer. Suid-Afrikaanse berig Tshitangano […]

Read More

Macron vra groter verspreiding van entstof in Afrika - May 28, 2021

Die Franse president Emmanuel Macron het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om die vervaardigingsvermoë van Covid-19-entstowwe te vergroot om billike verspreiding veral in Afrika te bevorder. Macron en Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het vandag by die Uniegebou in Pretoria vergader. Macron sê die entstof moet so vinnig as moontlik aan die wêreld se digbevolkte gebiede […]

Read More

Omgewings-aktivis stap teen plastiekbesoedeling - May 28, 2021

Owen Muhenje, ‘n omgewings-aktivis en toergids van Epupa langs die Kunenerivier, is besig om te stap om bewustheid teen plastiekbesoedeling te skep. Hy wil 960 kilometer stap en het reeds 640 kilometer vanaf die Kunene tot die kus afgelê. Daarna wil hy in vier Afrikalande, naamlik Zimbabwe, Zambia, Angola en Botswana fietsry. Hy het fondse […]

Read More

Pandemie moeilike tyd vir kerke - May 28, 2021

Met die nuwe Covid-regulasies waar sosiale byeenkomste van 100 na 50 mense verminder is, is dit ‘n moeilike tyd vir kerke, sê ds. Zack Pienaar van die NG-gemeente Eros in Windhoek. Hy sê mense sal moeilik reageer om te weet hulle moet terugkeer na slegs 50 mense toe in kerke, maar die veiligheid van mense […]

Read More

Swartmark vir drank in SA enorm - May 28, 2021

Die swartmark vir drank in Suid-Afrika is tans meer as 20 miljard Namibiese dollar werd. Gemiddeld een liter uit elke 4,54 liter drank wat in die land verkoop word, oftewel 12 persent van die bedryf, het sy oorsprong op die swartmark.

Read More

Drama met Belarus-lugruim - May 28, 2021

Rusland ontken dat hy toegang aan twee Europese lugdienste geweier het omdat hulle nie van plan was om oor Belarus te vlieg om Moskou te bereik nie. Sommige lugdienste vermy Belarus se lugruimte ná die regering onlangs ‘n vliegtuig herlei het.

Read More

Windhoek vervang ou bouregulasies - May 28, 2021

Stad Windhoek het besluit om hul verouderde bouregulasies te vervang. Die bouregulasies dateer uit 1969. Volgens die woordvoerder, Lydia Amutenya sal die finale ontwerp van die regulasies soos deur die raad goedgekeur, eerns na die wetskrywers van die justisieminsterie deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gaan. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê […]

Read More

Australië: Grense gesluit oor stout tieners - May 28, 2021

Die Australiese deelstaat Suid-Australië het sy grens met sy buurstaat Victoria summier gesluit ná twee tieners van Victoria daarheen geryloop het, berig Australiese media. Hulle het kwansuis vir ‘n vriend gaan kuier, al was hulle eintlik ingeperk.

Read More