Ramaphosa, Macron bespreek entstowwe - May 28, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa en die Franse president, Emmanuel Macron, het by die Uniegebou in Pretoria ontmoet om oor ‘n Covid-19-entstof te praat. Macron wil ‘n oordrag van tegnologie hê sodat armer lande as vervaardigingspersele gebruik kan word. Hulle sal vermoedelik ook praat oor ‘n tydelike kwytskelding van eiendomsreg van die Wêreldhandelsorganisasie vir die Covid-19-entstof. […]
Walvisfees langs kus aangebied - May 28, 2021
Die Wetenskapsvereniging van Swakopmund gaan vanaf 13 Junie ‘n Walvisfees aanbied waar ydens verskillende walviskenners praatjies by die Swakopmund Museum sal aanbied. Die skakelbeampte Irina Ivanova verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Vakbond gee lenings aan NBC-werkers - May 28, 2021
Die nasionale uitsaaier NBC se werkers wat deur die afgelope staking geraak is toe hulle nie salarisse ontvang het nie, sal ‘n sagte lening van die Unie vir Staatsamptenare in Namibië kry om hulle deur die maand te help. PSUN se adjunk-sekretaris-generaal, Ujama Kaahangoro het gesê die vakbond sal 200 000 Namibiese dollar beskikbaar stel. […]
Old Mutual belê in skool-opleiding - May 28, 2021
Old Mutual het 900 000 Namibiese dollar oor drie jaar geskenk om staatskole se skool- en departementshoofde deur die Afrika Leierskap-instituut op te lei. Mauriza Fredericks, Old Mutual se kommunikasiebestuurder verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Stad Tshwane hou boeremark - May 28, 2021
Die Stad Tshwane se afdeling vir landbou en landelike ontwikkeling het sy eerste kwartaallikse minimark vir kleinskaalse en opkomende boere by Tshwane-huis aangebied. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, sê boere uit die stad se sewe streke is uitgenooi om hul produkte uit te stal en aan amptenare en besoekers te verkoop. Hy verduidelik dat dit ook […]
WGO bekommerd oor infeksiekoers in Suider-Afrika - May 28, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit is bekommerd oor die aantal nuwe infeksies wat in veral Suider-Afrikalande aangeteken word en waarsku dat as die infeksiekoers verder groei, baie lande erge derde vlae van Covid kan beleef. Direkteur vir die WGO-streekskantoor vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti, sê 11 Afrikalande, waaronder Suid-Afrika, Namibië en Zambië, het die afgelope twee […]
Oscars 2022 in Dolby-teater in Hollywood - May 28, 2021
Die Oscars vir 2022 is pas uitgestel en sal nou op 27 Maart 2022 by sy tradisionele tuiste, die Dolby-teater in Hollywood aangebied word. Soos vir 2021 hoef rolprente weens die Covid-pandemie nie in teaters vertoon te word om in aanmerking te kom nie.
Agrizzi te siek vir hofverskyning - May 28, 2021
Die saak van korrupsie teen Angelo Agrizzi, oud-bedryfshoof van Bosasa, en oud-ANC-LP Vincent Smith is vandag in Johannesburg tot 8 Julie uitgestel. Agrizzi is volgens Suid-Afrikaanse media steeds te siek om in die hof te verskyn.
Brand Africa beloon Bank Windhoek - May 28, 2021
Brand Africa het Bank Windhoek as Namibië as die gewildste plaaslike finansiële dienste handelsmerk aangewys. Brand Africa se stigter, Thebe Ikalafeng, het vandag die aankondiging by ‘n jaarlikse leierskapsgeleentheid gemaak wat virtueel aangebied is. Die geleentheid het die beste handelsmerke in Afrika vir 2020-2021 aangekondig. Bank Windhoek se uitvoerende hoof vir bemarking en korporatiewe kommuniekasiedienste, […]
Aanvalle op busse in Kaapstad veroordeel - May 28, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Daylin Mitchell, het die taxibedryf se operateurs en bestuurders se misdadige optrede van vandalisme en intimidasie die afgelope paar dae in Nyanga, Kaapstad, skerp veroordeel. ‘n Golden Arrow-bus en ‘n bakkie is vanoggend aan die brand gesteek en 22 busse is beskadig toe dit met klippe bestook […]