Byna 33% van antibiotika wat ons inneem, beland in riviere - May 16, 2025
ʼn Nuwe studie het bevind byna ʼn derde van die antibiotika wat mense inneem, wat sowat 8 500 metrieke ton per jaar is, beland in riviere. Dit wek kommer oor die gevaar vir waterlewe en toenemende weerstandigheid teen antibiotika. Navorsers het 40 algemene antibiotikas nagespoor en uitgevind die besoedeling is wydverspreid, selfs op plekke waar […]
Bees ter waarde van N$783 000 deur 5 boewe gesteel - May 16, 2025
Plaaslike media berig dat bees ter waarde van 783 000 Namibiese dollar is by die Shayiwe-nedersetting in die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango Oos-streek gesteel. Adunkkommissaris Bonifatius Kanyetu sê aan The Villager die 87 diere is op 10 Mei oor die grens gejaag. Twee van die verdagtes was na bewering gewapen terwyl ‘n ander ‘n tradisionele […]
Farm 37 vorder goed ten spyte van Walvis se uitdagings - May 16, 2025
Die Walvisbaai-jeugforum kla geweldig op sosiale media oor die stand van munisipale dienste in Walvisbaai. Volgens die groep gaan die sanitasie van die dorp agteruit en die dorp word ook nie skoongemaak nie. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die Backyard Tenants-groep se Immanuel Festus oor sake by Farm 37.
Vier maande, ‘n miljoen kg rommel in Jhb verwyder - May 16, 2025
Die Stad Johannesburg het die afgelope vier maande ʼn miljoen kilogram rommel uit Johannesburg se middestad verwyder. Dis deel van burgemeester Dada Morero se Reimagining Joburg-veldtog. Sedert Januarie fokus Pikitup, deur sy weeklikse opruiming, op brandpunte soos Marshalltown, vee strate en maak vullisdromme leeg. Stadsamptenare het bevestig die groter Johannesburg-streek lewer jaarliks sowat 1,6-miljard kilogram […]
Oekraïne: Niks sal gebeur tot ek en Putin nie ontmoet nie, meen Trump - May 16, 2025
Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê dat hy nie hoë verwagtinge koester vir Oekraïne-Rusland vredesgesprekke wat in Turkye sal plaasvind nie. Hy het na ‘n vergadering van Navo buitelandse sake-ministers in suidelike Turkye gesê dat Amerikaanse president Donald Trump en Russiese president Vladimir Putin moet vergader vir vordering. Dit kom na Oekraïnse president Volodymyr […]
Bloubessies presteer in 2024 - May 16, 2025
Namibië se bloubessiebedryf maak steeds goeie vordering internasionaal met Namibia Berries wat uitvoere van 52,2 miljoen dollar verlede jaar bereik het. Volgens die verslag rakende direkte buitelandse beleggings is die goeie vertoning aangedryf deur verhoogde vraag in sleutelmarkte soos Duitsland en Nederland. Die maatskappy, wat werksaamhede in 2021 afgeskop het, het sy eerste kommersiële oes […]
Ali Bongo ‘vlug’ na Angola - May 16, 2025
Voormalige Gaboense president Ali Bongo, wat in 2023 in ‘n staatsgreep omver gegooi is, het saam met sy vrou en seun na Angola gevlieg. Dit is volgens die buurland se Presidensie. Amptenare van die Afrika-Unie het verlede maand gevra vir die vrylating van Bongo se vrou, Sylvia, en seun Noureddin, wat kort na die staatsgreep […]
Rubio hou nie veel hoop vir Russiese Oekraïnse onderhandelings uit nie - May 16, 2025
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê hy verwag geen deurbraak in onderhandelinge oor die oorlog in Oekraïne voor president Donald Trump en sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, mekaar nie persoonlik ontmoet nie. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het Rusland gekritiseer wat ʼn laevlak-afvaardiging na Turkye gestuur het vir onderhandelinge oor die oorlog, […]
SA moet meer in atletiek belê na skitterende vertoning in China - May 16, 2025
Die president van Atletiek Suid-Afrika, James Moloi, vra verhoogde befondsing om Span SA te ondersteun na hul prestasie op die Wêreld-afloskampioenskap in Guangzhou, China. Die mans- en vroue 4 x 100-meter- en 4 x 400-meter-span, asook die gemengde 4 x 400-span het hul plek bespreek vir die Wêreldkampioenskap in Tokio in September. Moloi het die […]
NamRA reageer skerp op Amushelelo-aantygings - May 16, 2025
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê hy neem kennis van kwaadwillige en lasterlike bewerings wat op sosiale media versprei word, na bewering afkomstig van platforms en bladsye wat besit en/of beheer word deur aktivis Michael Amushelelo. Die agentskap sê dit wil voorkom asof die bedoeling is om hom te diskrediteer. In ‘n verklaring sê hy dat terugvoer […]