Sikloon Yaas volg in Tauktae se spoor - May 27, 2021
Sikloon Yaas, wat Indië se ooskus vandag met rukwinde van tot 155 kilometer per uur getref het, het reeds nege lewens geëis. Dit volg skaars ‘n week ná sikloon Tauktae tot die dood van 155 mense aan die weskus gelei het. Yaas het nog duisende dakloos gelaat, volgens internasionale nuusagentskappe.
Wes-Kaap ent meeste pensioenarisse in - May 27, 2021
Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê alhoewel dit lyk of sy inentingsprogram tans baie stadig beweeg, is die provinsie eintlik die een wat tans die beste vordering maak om sy pensioenarisse teen Covid-19 in te ent. Die provinsie het reeds sedert die begin van fase 2 van sy inentings-program meer as 20 000 inwoners hul inspuiting gegee. […]
Cyril gaan ‘familievergadering hou - May 27, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal binnekort weer een van sy “familievergaderings” met Suid-Afrikaners hou, het Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, vandag gesê. Sy sê die kabinet beraadslaag oor strenger maatreëls.
Facebook modereer meer - May 27, 2021
Facebook sê hy maak vordering ten opsigte van sy deursigtigheid en aanspreeklikheid tydens modereringsprosesse op verskillende produkte en toepassings. ‘n Woordvoerder, Kojo Bokye, sê hul aanmeldingspogings is uitgebrei en sluit nou verdere monitering op Instagram rakende naaktheid en gewelddadige inhoud in. Hy sê ‘n onlangse geouditeerde verslag beklemtoon hoe die onderneming meer doeltreffend is met […]
E-tol geskrap of nie? - May 27, 2021
Die Suid-Afrikaanse departement van vervoer het ‘n bewering deur die Gautengse LUR Jacob Mamabolo dat die omstrede e-tolstelsel moontlik geskrap gaan word, weerlê. Mambola het vanoggend gesê e-tol is iets van die verlede en daar kan nie van motoriste verwag word om vir die multi-miljard-stelsel te betaal nie. Die woordvoerder van die minister van vervoer, […]
Namibië het slang-teengif - May 27, 2021
Namibiese slangnavorser, Francois Theart, sê Namibië het ‘n soortgelyke organisasie, Namibia Snakebite Interest Group, soos in Suid-Afrika. Die wêreldbekende herpetoloog Johan Marais het ‘n organisasie bekendgestel om slagoffers van slangbyte in Suider-Afrika te help. Marais sê die stigting vir die Afrika-slangbyt-instituut hoop op 25 teengif-banke regoor Suid-Afrika beskikbaar te stel. Hy sê die produkte is […]
Zuma se appèlsaak met koste van rol geskrap - May 27, 2021
Suid-Afrikaanse Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die beslissing dat hy verantwoordelik is vir sy regskoste in sy hofstryd oor die staatskapingverslag, is in die Grondwethof met koste van die rol geskrap.
Presidentspaar sê dankie vir beterskapswense - May 27, 2021
Namibiese President Hage Geingob het op Twitter almal bedank wat vir hom en sy vrou, Monica Geingos, sterkte toewens. Albei het Covid-positief getoets en is tuis in self-isolasie. Intussen het beterskapwense ook van opposisieleiers soos dr. Job Amupanda en McHenry Venaani gekom.
SA het dalk vanaand weer beurtkrag - May 27, 2021
Eskom in die buurland is tans 17 000 MW se opwekkingsvermoë kwyt as gevolg van onklaar eenhede en instandhoudingswerk. Derhalwe is daar ‘n groot kans dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word. Beurtkrag kan waarskynlik vanaand weer vanaf vyf uur tot tien uur duur.
Kommer oor dissipline in SAPS - May 27, 2021
Die portefeuljekomitee oor polisie in die buurland het gesê hy is bekommerd oor dissipline in die polisie. Intussen het die polisiewaghond, Opod, se syfers rakende die ondersoeke oor polisielede nie geklop met die syfers wat die polisie het nie, berig Suid-Afrikaanse media.