Jakkals met kop in waterbottel gewaar - May 26, 2021

‘n Jakkals met sy kop vasgevang in ‘n plastiek waterbottel is op die grondpad agter die Cimbabasia-woonbuurt in Windhoek opgemerk. Kosmos 94.1 Nuus het navraag by die Namibiese omgewingsministerie gedoen of hulle oproepe van die publiek ontvang het om die jakkals te red. Hulle het nie kennis van die voorval gedra nie. ‘n Bekommerde lid […]

Read More

Eenhana ontken waterprobleme - May 26, 2021

Berigte oor Eenhana wat binnekort nie meer skoon water gaan hê nie, word ten sterkste deur dié Noordedorp se woordvoerder, Paulo Shilongo, ontken. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Eenhana-dorpsraad soek ondersteuning om fondse in te samel om hul rioolbergingstelsel te verbeter. Paulo

Read More

Kriptogeld-bedrog styg - May 26, 2021

Oor die afgelope jaar het kriptogeld-bedrog aansienlik verhoog wat reuse-verliese van miljarde Namibiese dollar vir individue en maatskappye meegebring het. Met Bitcoin as die bekendste kriptogeld-eenheid, het handel in dié geldeenheid talle bedrieërs gelok wat mense uitbuit. Bank Windhoek se bestuurder vir forensiese dienste, Johnny Truter, waarsku die publiek om baie versigtig te wees. He […]

Read More

VN: Wanbalans met verspreiding van inentings - May 26, 2021

Volgens die Verenigde Nasies is daar ‘n wanbalans in die verspreiding van Covid-19-inenting met Afrika-lande wat slegs twee persent van inentings wêreldwyd gekry het. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, het gesê daar moet gelyke toegang tot inentings wees. Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie Ben Nangombe het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat […]

Read More

Wes-Kaap vrees vir sprinkaanplaag - May 26, 2021

Wes-Kaapse boere vrees ‘n uitbreking van sprinkane in die lente nadat daar gesien is die insekte lê eiers in die omgewing van die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, sê nuwe uitbrekings is naby die park opgemerk. ‘n Plaag kan teen September verwag word indien die eiers uitbroei. Meyer sê […]

Read More

Vordering met menstruele gesondheid in Afrika - May 26, 2021

‘n Hoëvlak-paneel by die African Coalition-menstruele gesondheidsimposium sê vordering is gemaak met menstruele gesondheid op die vasteland sedert ‘n amptelike beroep vir optrede by die 2018-simposium gedoen is. Akademiese instellings, die privaatsektor, regerings, maatskaplike entrepreneurs en die media het die byeenkoms bygewoon. In Namibië is volgens dr. Ester Muinjangue, die adjunk-minister van gesondheid, nasionale gesondheidstaakgroepe […]

Read More

DRK-slagoffers kry hulp - May 26, 2021

‘n Kaapse mode-aanlynhandelaar verkoop tans produkte om fondse in te samel vir vroue wat ly as gevolg van oorlogsmisdade in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die stigter van Asande, Georgi Sheaf, sê hulle bemagtig ook vroue in Kaapstad deur hulle te help om hul handgemaakte produkte in die aanlynwinkel te verkoop. Sheaf sê sy […]

Read More

Zuma se korrupsieverhoor tot Julie uitgestel - May 26, 2021

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenhandelaar Thales se korrupsieverhoor is tot Julie uitgestel in die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal. Die staat het uitstel gevra om hom tyd te gee om op Zuma se aansoek vir die onttrekking van advokaat Billy Downer te antwoord. Zuma en Thales het onskuldig gepleit op aanklagte van […]

Read More

Vulkaniese uitbarsting by Alaska - May 26, 2021

Die Amerikaanse geologiese agentskap het ‘n rooi waarskuwing vir vliegtuie uitgereik nadat die vulkaan op Groot Sitkin-eiland uitgebars het. Groot Sitkin is een van die Aleoetiese eilande van die deelstaat Alaska.

Read More

Groot jurie vir Trump byeengeroep - May 26, 2021

Aanklaers in New York het ‘n groot jurie byeengeroep om te besluit of die voormalige Amerikaanse President Donald Trump aangekla moet word. Volgens internasionale media sal sy saketransaksies ondersoek word, asook beweringe dat vrou betaal is om te swyg oor hul verhoudings met hom.

Read More