NNN en Boko smee sterker bande - May 16, 2025
Namibië sal gasheer wees vir die tweede Bi-nasionale Kommissie-vergadering tussen Namibië en Botswana, wat onder voorsitterskap van die twee staatshoofde sal wees. Die datum van die vergadering moet nog bepaal word. President Netumbo Nandi-Ndaitwah en Botswana se president Duma Boko het gesprekke gevoer in Gaborone, waar Nandi-Ndaitwah op ‘n amptelike besoek was. Boko sê dat […]
Dis goed dat varsities sê oor buitelandse personeel - May 16, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die onlangse opdrag dat universiteite en kolleges hul inligting oor buitelandse personeel bywerk, is ʼn betekenisvolle stap. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê onlangse onthullings toon ʼn kommerwekkende patroon waar sommige tersiêre instellings voorkeur gee aan die aanstelling van buitelanders, ongeag die beskikbaarheid van gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse burgers. Hy sê […]
FIFA oortree sy menseregtebeleid – klag - May 16, 2025
’n Groep internasionale regslui het ’n klag teen die wêreldbeheerliggaam FIFA ingedien en beweer dat hy versuim het om sy menseregtebeleid na te kom toe die 2034 Wêreldbeker aan Saoedi-Arabië toegeken is. Die klag is ingedien via FIFA se aanlyn klagtepoort. Hy beklemtoon kommer oor FIFA se gebrek aan behoorlike omsigtigheid en konsultasie met belanghebbendes […]
Voltooide bouwerk vertoon goed, maar nie versprei nie - May 16, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die totale waarde van geboue wat in Namibië voltooi is, het in Maart 2025 tot 86.8 miljoen Namibiese dollar gestyg met Swakopmund wat die grootste aandeel, op 51 persent, uitgemaak het. Volgens The Brief toon die jongste data dat Windhoek 25,9 persent van die totale waarde bygedra het met Walvisbaai op […]
Moordenaar vrygelaat, pleeg weer misdaad - May 16, 2025
Action Society het hul woede uitgespreek nadat dit bekend geword het dat veroordeelde moordenaar Xolani du Preez, wat in 2022 die Kaapse grimeringskunstenaar Suritha Alting vermoor het, na bewering onwettig uit aanhouding vrygelaat is en sedertdien weer misdaad gepleeg het. Du Preez, wat ’n vonnis by Pollsmoor-gevangenis tot Oktober moes uitdien, het onlangs ’n rooftog […]
Britte soek terugkeersentrums vir migrante - May 16, 2025
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, sê hulle voer samesprekings met ander lande om terugkeersentrums op te rig vir asielsoekers wie se aansoeke afgekeur is. Die voorstelle is slegs van toepassing op mense wie se aansoeke afgekeur is en wat nie verder in die Verenigde Koninkryk kan appelleer nie. Sedert Januarie het 12 […]
Gaza: Dodetal steek 53 000 verby, aanvalle duur voort - May 16, 2025
Die Israelse weermag het sy operasies in Gaza verskerp en meer as 100 mense gedood. Talle van die slagoffers was in Jabalya in die noorde van Gaza en Khan Younis in die suide. Israelse amptenare sê baie van die onlangse aanvalle het senior Hamas bevelvoerders geteiken en die militante groep beskuldig dat hy burgerlikes as […]
Landbou beklemtoon weer billike verdeling van gedeelde waterbronne - May 16, 2025
Landbouminister Inge Zaamwani het by die Zambezi Waterweëkommissie se tegniese komitee-vergadering die belangrikheid van ‘n kultuur van wedersydse respek en billike voordeelverdeling beklemtoon. Dit is nie die eerste keer wat Namibië kla dat hy nie gelyke voordeel uit gedeelde waterbronne trek nie. Zaamwani sê lidstate moet met stroomaf-lande konsulteer voordat waterontwikkelingsprojekte aangepak word.
Mashatile sê boere by Nampo wil nie SA verlaat nie - May 16, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is daartoe verbind om saam met boere te werk om hul probleme aan te spreek. Hy het ʼn draai gemaak by die Nampo Oesdag in die Vrystaat wat een van die grootste landbou-tentoonstellings is. President Cyril Ramaphosa het dit ook vroeër die week besoek waar hy gesê het Afrikaners […]
Putin is nie ernstig nie – Zelensky - May 16, 2025
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky sê Rusland is nie ernstig oor vredesamesprekings nie, nadat sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, weggebly het van ‘n gesprek in Turkye. Kiëf en Moskou het sedert kort na Rusland se volskaalse inval in Februarie 2022 nog geen regstreekse gesprekke gevoer nie. Zelensky het beklemtoon sy land is nie die aggressor […]