Bokser kry borgtog - May 26, 2021
Landdros Conchita Olivier het vanoggend borgtog van N$5 000 aan die Namibiese Olimpiese bokser, Jonas Junias Jonas, in die Swakopmund-landdroshof toegestaan. Hy word van poging tot moord, aanranding en dwarsboming van die gereg aangekla. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy ‘n polisiebeampte aangerand het.
Helfte van volwasse Amerikaners ingeënt - May 26, 2021
Meer as die helfte van Amerika se volwasse bevolking is nou ten volle teen Covid-19 ingeënt, het die Withuis aan internasionale nuusagentskappe gesê. Die getal nuwe infeksies in die land toon steeds ‘n voortdurende afname.
Pastoor Vilho Shiyandja (93) sterf - May 26, 2021
Die 93-jarige pastoor Vilho Shiyandja van die Evangeliese Lutherse Kerk het in die Paramount-gesondheidsentrum in Windhoek gesterf. ‘n Familielid het bevestig dat Shiyandja vanoggend vroeg gesterf het. Hy was ‘n geliefde spirituele leier tydens die apartheidsjare en het ná onafhanlikheid sy pastrole pligte voortgesit.
Eskom maan teen beurtkrag - May 26, 2021
As Eskom nog enige opwekkingsvermoë deur die loop van die dag verloor, sal die Suid-Afrikaanse kragvoorsienier noodgedwonge beurtkrag van fase een – of selfs fase twee – moet toepas. Eskom vra dat almal so min as moontlik krag gebruik om beurtkrag te vermy.
SAOG: Ramprisiko-bestuur vergader vandag - May 26, 2021
Die komitee van die SAOG se Ramprisiko-bestuur ministers ontmoet vandag om beleid en strategie in die verband te hersien. Die vergadering wat virtueel gehou sal word sal veral kyk na regulasies en lidlande se wetgewing oor ramprisiko-bestuur. Vordering in die implementering van SAOG riglyne oor rampbestuur sal ook oorweeg word. Klimaatsverandering word as die grootste […]
Lewis Stores skenk aan kankerlyertjies - May 26, 2021
Lewis Stores Namibia het N$100 000 geskenk ter ondersteuning van Nambiese kinders wat teen kanker stry. Hulle het onlangs die skenking aan Chica ofte wel Children Fighting Cancer Namibia se program van die Kankervereniging van Namibië oorhandig. Die fondse sal vir die Chica-huis aangewend word waar kinders tydelik gehuisves word wat kankerbehandeling in Windhoek kry. […]
Windhoek-stadspolisie wil ook hommeltuig inspan - May 26, 2021
‘n Suid-Afrikaanse sekuriteitsfirma, Fidelity, gebruik nou hommeltuie om veiligheidslandgoedere in Johannesburg te beveilig. Hommeltuie help om misdadigers vinniger op te spoor. In Namibië het die Windhoekse Stadspolisie ook ‘n hommeltuig gekry om tydens hul operasies te gebruik. Die hoof van die stadspolisie, Abraham Kanime, het aan Kosmos 94.1 gesê die papierwerk moet nog afgehandel word, […]
Insekdoders bedreig biodiversiteit - May 26, 2021
Wetenskaplikes is van mening dat die gebruik van insekdoders vir die bestuur van peste en plae in Afrika verminder moet word. Weens die sprinkaanplae wat in dele van die vasteland, asook in Namibië voorkom, het die gebruik van sintetiese plaagdoders gestyg. Dit kan egter die omgewing besoedel en biodiversiteit bedreig. Voedselsekuriteit moet verseker word, maar […]
EU wil 70% inwoners einde Julie inent - May 26, 2021
Die Europese Unie sê hy is op koers vir die lewering van genoeg dosisse om 70 persent van die volwassenes in Europa teen einde Julie te kan inent. Meer as 300 miljoen dosisse Covid-19-entstof sal teen die einde van die week aan lidstate verskaf word. Teen die einde van aanstaande maand word nog 400 miljoen […]
Namibiese eiendomsmark nog flou - May 26, 2021
Die eiendomsmark in Namibië sukkel nog om tydens die Covid-19-pandemie op te tel. Anne Thandeka Gebhardt, eienaar van National Estates en ‘n raadslid van die Namibië Eiendomsagente-raad, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verkopers sukkel om hul eiendomme te verkoop. Eiendomme word laag deur banke geëvalueer uit vrees dat hulle nie kopers sal kry nie. […]