TransNamib: omvang van skade onmoontlik om nou te bepaal - May 25, 2021

Die hoof uitvoerende beampte van TransNamib Johny Smith sê dit is op die oomblik moeilik om die omvang van die skade na ‘n tenkerwa vanoggend ontplof het by Döbra te bepaal. Die ongeluk vroeër vanoggend het groot aandag uitgelok met swart rookwolke wat Noord van die hoofstad gewaar is. Die oorsaak is nog nie bekend […]

Read More

Twee paspoorte – min plaaslike oortredings - May 25, 2021

Daar word nie dikwels gevalle van die diefstal van paspoorte of reisdokumente in Namibië aangemeld nie. Die adjunk-direkteur van die immigrasie-departement, Nehemia Nghishekwa, sê alhoewel die Namibiese ministerie van binnelandse sake mense waarsku om nie twee paspoorte te gebruik nie, is gevalle van sulke oortredings min. Nghishekwa verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Dudu skitter in haar afwesigheid by die Zondo-kommissie - May 25, 2021

Die voorsitter van die staatskapingskommissie Raymond Zondo sê die kommissie moet ‘n strafregtelike klag van minagting indien teen die gewese voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni. Dit volg nadat sy nie vanoggend opgedaag het om te getuig nie. Dit is die tweede keer wat so ‘n klag teen Myeni ingebring word. Zondo het opdrag […]

Read More

Chinese skaapwagter atlete se held - May 25, 2021

‘n Chinese skaapwagter word as ‘n held beskou nadat hy die naweek ses atlete gered het wat in uiterste koue op ‘n berg vasgekeer was. Een-en-twintig deelnemers is dood in die wedloop oor 100-kilometer in die Gansu-streek in die noordweste van China. Die skaapwagter, Zhu Keming, was in ‘n grot waar hy gewoonlik kos en […]

Read More

SAOG ramprisikobestuur onder die loep - May 25, 2021

Die komitee van die SAOG se Ramprisikobestuur ministers sal môre ontmoet op beleid en strategie in die verband te hersien. Die vergadering wat virtueel gehou sal word sal veral kyk na regulasies en lidlande se wetgewing oor ramprisikobestuur. Vordering in die implementering van SAOG riglyne oor rampbestuur sal ook oorweeg word. Klimaatsverandering word as die […]

Read More

Lae borg dryf wildmisdaad - May 25, 2021

Ná onlangse berigte van vermeende renosterstropers wat op borgtog van 5 000 Nambiese dollar vrygelaat is, is Namibiese boere warm m die kraag. Generaal-majoor Joseph Shikongo het onlangs vergaderings met boere in verskeie streke oor wildstropery en veediefstal gehad. Hy meen as borgtog so min is, motiveer dit stropers en veediewe om meer van hierdie […]

Read More

5 SA rugbyspelers in Japan se Topliga - May 25, 2021

Vyf Suid-Afrikaners is opgeneem in Japan se Topliga-span van die seisoen. Hulle is Willie le Roux, Malcolm Marx, Kwagga Smith, Lappies Labuschagne en Ruan Botha. Die liga het Sondag afgesluit toe die Wild Knights vir Sungoliath 31-26 geklop het in die eindstryd. Ander spelers in die seisoenspan sluit in die All Blacks Beauden Barrett, TJ […]

Read More

Mosambiek-olifante uit konflik verwyder - May 25, 2021

Die Aspinal-stigting en die Natuurlewe-noodfonds het met die Vredespark-stigting saamgespan vir die dringende hervestiging van 13 olifante uit die buffer-gebied van die Maputo-spesiale reservaat in Mosambiek. Die projek-koördineerder, Dereck Milburn, sê die diere moes verskuif word weens konflik met gemeenskappe in die gebied wat wou hê hulle moet geskiet word. Hy sê dit was een […]

Read More

Tenkerwa brand by Döbra - May 25, 2021

‘n Trein met ‘n tenkerwa het ontspoor by Döbra en aan die brand geslaan. Groot wolke swart rook kan in die gebied net noord van die hoofstad gesien word. Nooddienste is reeds ontbied. Sven Strohmenger, ‘n ooggetuie is op die toneel.

Read More

EU stel sanksies teen Belarus in - May 25, 2021

Leiers van die Europese Unie het ekonomiese sanksies teen Belarus ingestel. Hulle het ook hul lugrederye versoek om die Belo-Russiese lugruim te vermy, terwyl magtiging gegee word om die land se lugdienste in die Europese lugruim en lughawens te verbied. ‘n Ryanair-vlug van Athene na Vilnius moes noodgedwonge in Belarus land, waar die opposisie-blogger Roman […]

Read More