Shikongo vandag ter ruste gelê - May 25, 2021

Die ontslape voormalige burgemeester van Windhoek Mathew Shikongo sal vandag by die Pionierspark-begraafplaas ter ruste gelê word. Shikongo is op 13 Mei in Ongwediva oorlede aan Covid-verwante oorsake. President Hage Geingob het ‘n staatsbegrafnis aan hom toegeken. Die besluit het kritiek uitgelok met menings dat die tipe persone wat staatsbegrafnisse toegeken word genoeg geld het […]

Read More

Mees kwesbare ly ergste onder pandemie - May 25, 2021

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die mees kwesbare mense ly onder die Covid-19-pandemie en hy vrees dit is nog lank nie verby nie. Meer as 3,4 miljoen mense is wêreldwyd aan die siekte dood en nagenoeg 500 miljoen werkverliese het voorgekom nadat die virus einde 2019 die eerste keer in China […]

Read More

Wildmisdaad – ietermagô loop weer deur - May 25, 2021

Die Namibiese ministerie van die omgewing het die jongste wild misdaadverslag bekend gemaak. Tussen 17 en 23 Mei is vier nuwe sake geregistreer met ses verdagtes, waarvan een ‘n Zambiër is, wat in hegtenis geneem is. Een saak hou verband met renosterstropery terwyl twee ietermagô-velle, ‘n zebra-karkas en ‘n gemsbok-karkas gekonfiskeer is. In Okahao is […]

Read More

Staatskaping kos SA N$49 miljard - May 25, 2021

Die buurland se Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het sy skok uitgespreek dat Suid-Afrika 49 miljard Namibiese dollar weens staatskaping en korrupsie-verwante aktiwiteite verloor het. ‘n Navorser van Shadow World Investigation in Londen, Paul Holden, het voor die staatskapingskommissie verskyn. Hy het getuig dat die fondse deur staatsdepartemente en staatsondernemings aan private maatskappye, ouditeursfirmas en Gupta-gekoppelde […]

Read More

Grace word beveel om Mugabe weer te begrawe - May 25, 2021

‘n Tradisionele hof in Zimbabwe het beslis dat Robert Mugabe herbegrawe moet word by die Helde-akker in Harare. Sy weduwee Grace, is beveel om dit te doen en ook om ‘n boete van twee bokke en vyf beeste te betaal omdat sy nie haar man ‘korrek’ begrawe het nie. Hoofman Zvimba het volgens berigte die […]

Read More

Popcru ontken salarisooreenkoms met ANC-regering - May 25, 2021

Die Suid-Afrikaanse polisie- en gevangenes-vakbond Popcru sê hy het geen nuwe salarisaanbod met die regering onderteken nie. Dít volg te midde van die hervatting van die salarisonderhandelings in dié staatsdienssektor. ‘n Aantal vakbonde het die regering se aanbod van ‘n verhoging van 1,5 persent verwerp. Die aanbod maak ook voorsiening vir ‘n nie-pensioengewende kontant-toelae vir […]

Read More

Afrikadag: kreatiewe bedryf word gevier - May 25, 2021

Die kreatiewe bedryf sal ook vanjaar se 58ste bestaansjaar van die Afrika-unie wat vandag op Afrikadag herdenk word, vier. Volgens Netumbo Nandi-Ndaitwah, die Namibiese minister van internasionale betrekkinge is vanjaar se tema ‘Arts, Culture and Heritage: Levers for Building the Africa we Want’. Weens die Covid-pandemie is die kunste en vermaakbedryf erg geraak. Penda Naanda, […]

Read More

Opname: meer as 75% van Afrikane verloor inkomste tydens pandemie - May 25, 2021

Die wêreld-leier in marknavorsing, Ipsos, sê volgens mense regoor Afrika het die korona-virus pandemie die laaste jaar ‘n beduidende uitwerking op hul lewenswyse gehad. Ipsos-kantore regoor die vasteland het na elke vlaag data versamel. Die jongste inligting dui daarop dat meer as ‘n driekwart van alle respondente ‘n gedeelte of hul hele inkomste verloor het […]

Read More

Eenhana se drinkwater sal op raak… N$100m nodig - May 25, 2021

Die dorpsraad van Eenhana in die Ohangwena-streek het 100 miljoen Namibiese dollar nodig vir ‘n water versuiweringsaanleg of, die dorp se drinkwater sal binne twee jaar op raak. Volgens die raad se bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling, Ndawedwa Mwandingi het die dorp se bevolking baie vinnig gegroei en plaas tans druk op die beskikbare infrastruktuur. Watervoorsiening […]

Read More

SA stig Infrastruktuur Teenkorrupsieforum - May 24, 2021

Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland, Andy Mothibi, en die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia De Lille, het die Infrastruktuur Teenkorrupsieforum bekendgestel. Die forum bestaan uit dele van die openbare en die private sektor. Die doel is om infrastruktuurprojekte meer doeltreffend te monitor en om stelsels in plek te sit […]

Read More