Ramaphosa: Lesse te leer uit pandemie - May 24, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa gesels oor hoe die Covid-19 pandemie lesse vir mense wêreldwyd geleer het. Ramaphosa het gesê die pandemie het die mensdom meer bewus van ons sterkpunte en ons weerloosheid gemaak.
Lyk in dinosourus-beeld gevind - May 24, 2021
Die lyk van ‘n 39-jarige man is in ‘n papier-maché-beeld van ‘n stegosourus-dinosourus in Barcelona in Spanje gevind. Volgens internasionale media het ‘n pa en sy seun letterlik snuf in die neus gekry en die lyk deur ‘n gleuf in die beeld gewaar. Volgens internasionale media blyk dit die man het daar vasgesit.
Namibië se damme 85% vol - May 24, 2021
Namibië se damvlakke staan tans op ‘n totaal van 85 persent. Volgens NamWater se dambulletin is die sentrale streek se damme 85,7 persent vol met die Swakoppoortdam op 94,9 persent en Von Bachdam op 73.2 persent. Die damme in die Suide is gesamentlik 90,3 persent vol met die Neckartaldam op 98,6 persent en die Nautedam […]
Bejaardes traag vir inentings - May 24, 2021
Die sakebelange-groep Business for South Africa sê dit is bekommerd oor die groot aantal Suid-Afrikaanse pensioenarisse wat nog steeds nie vir hul Covid-inenting geregistreer het nie. Die groep së dat, tot op hede, slegs ongeveer 1,6 miljoen van die land se 5,4 miljoen pensionarisse reeds op die land se EVDS-stelsel vir hul Covid-inspuiting geregistreer het. […]
Ekstremiste weer besig in Noord-Mosambiek - May 24, 2021
Ekstremiste wat bande met die Islamitiese Staat het, het die afgelope naweek probeer om die dorpie Lumbi n die Palma-distrik in Mosambiek oor te neem. Presdident Filipe Nyusi sê die soldate kon die aanval verhoed. Volgens internasionale media is vyf militante dood.
Ohlthaver & List stel aanlyn inkopie-platform bekend - May 24, 2021
Die Ohlthaver & List Groep het ‘n aanlyn inkopie-platform, DotDune, bekendgestel. Die portaal gee plaaslike besighede en klante die geleentheid om aanlyn inkopies by dotdune.na te doen. Plaaslike besighede en handelsmerke kry nou die geleentheid om hul produkte aanlyn te verkoop en produkte sal by gebruikers se voordeur afgelewer word. Roux-ché Locke O&L se korporatiewe […]
Job: Weg met private sekuriteitstenders - May 24, 2021
Volgens Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, bestee Stad Windhoek N$20 miljoen op private sekuriteitstenders per jaar. Hy meen dit moet deur alle plaaslike owerhede geskrap word om geld te bespaar. Amupanda meen om tenders aan private maatskappye te gee, word fondse van plaaslike owerhede vermors en dit bied geleenthede vir korrupsie. Salomo Hei, High […]
Aarde bewe by Kamanjab - May 24, 2021
‘n Aardbewing het vanoggend omstreeks half elf die aarde sowat 12 km wes van Kamanjab laat skud. Volgens die ministerie van myne en energie het die aardbewing 4,9 op die Richterskaal gemeet, maar was vlak teen slegs 15 km diep. Die aardbewing het by sewe seismiese stasies in Windhoek, Kamanjab, Opuwo, Rundu Katima Mulilo, Karibib […]
Skaars bottel wyn goud werd - May 24, 2021
‘n Verbysterende N$420 000 is op die Cape Fine and Rare Wine-veiling vir ‘n skaars bottel Grand Constance 1821 behaal. Dit is een van sowat 12 bottels wat nog wêreldwyd bestaan, berig Suid-Afrikaanse media.
Telkom-baas kry reuse-salaris - May 24, 2021
Sipho Maseko, hoof van Telkom in die buurland, se totale vergoeding vir die boekjaar tot einde Maart beloop N$35,4 miljoen. Dis ‘n basiese salaris van N$8,83 miljoen en ‘n prestasiebonus van N$10,2 miljoen. Hy het ook bykomende voordele van N$16,4 miljoen ontvang, berig Suid-Afrikaanse media