LPM hou praatjie op Afrikadag - May 24, 2021

Die Landless People’s Movement sal Afrikadag môre herdenk met hul adjunk-leier, Henny Seibeb, wat ‘n opvoedkundige aanlyn praatjie met die titel “African Liberation Movements and Their Relevance Post-Colonialism: The Elite Entitlement Mentality”, sal aanbied. Die uitsending sal om tienuur die oggend op die LPM se Facebook-blad gesien kan word. Die LPM se waarnemende woordvoerder, Eneas […]

Read More

Toe grensposte knel logistieke bedryf - May 24, 2021

Die logistieke bedryf word finansieel erg geraak as grensposte sluit. Chaos het die naweek by die Nakop-grenspos van Suid-Afrika geheers met ‘n opeenhoping van vragmotors met lewendehawe en produkte. Stephan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vloei by Suid-Afrikaanse grensposte het weer na normaal teruggekeer.

Read More

Wes-Kaap het 35 nuwe inentingspersele - May 24, 2021

Die Wes-Kaap het vroeër vandag week twee van die tweede fase van sy inentingsprogram met meer as 35 nuwe inentingspersele afgeskop. In totaal sal die provinsie van vandag af 53 inentingspersele gebruik om inwoners in te ent. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.

Read More

Privaatskole gereed vir leerders - May 24, 2021

Colette Rieckert, die voorsitter van die plaaslike Privaatskole-vereniging, sê privaatskole in die land is gereed om Woensdag leerders terug op die skoolbanke te verwelkom. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê haar mening is as leerders na skole terugkeer, sal daar ‘n afname in Covid-19-getalle plaasvind.

Read More

Muisplae hier en Doer Onder ‘n uitdaging - May 24, 2021

James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, het bevestig dat produsente gebuk gaan onder uiters hoë getalle van muisplae. Nou wil dit voorkom asof Australië dieselfde uitdaging het. ‘n Muisplaag in Australië word as ‘n riller beskryf, met die knaagdiere wat mekaar begin vreet en die landboubedryf in chaos gedompel het. Miljoene muise het op […]

Read More

Covid-19: 26 leerders positief - May 24, 2021

Die Namibiese gesondheidministerie het vandag 261 nuwe Covid-19-gevalle van 12 streke uit 1 094 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 26 leerders, 5 onderwysers en 9 gesondheidswerkers. Daar is nou 3 062 aktiewe gevalle met 243 mense wat in hospitale is, waarvan 60 in hoësorg-eenhede. Nege mense het in onderskeidelik Windhoek, Rehoboth, Grootfontein en Tsandi […]

Read More

Kankervereniging hou jaarvergadering in Junie - May 24, 2021

Die Kankervereniging van Namibië gaan sy algemene jaarvergadering op 29 Junie om halfsewe die aand by hul hoofkantoor in die hoofstad hou. Rolf Hansen, die uitvoer hoof, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Nanso teleurgesteld in NSFAF - May 24, 2021

Dylan Mukoroli, die Namibiese Nasionale Studente Organisasie Nanso se woordvoerder is teleurgesteld in die finansiële bestuur van die Namibiese Studente Hulpfonds. Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het die fonds se sake van 2011 tot 2019 ge-oudit en sê daar is geen finansiële stelsels by die fonds nie. Oor die afgelope 6 jaar het betaling aan raadslede […]

Read More

Vulkaan in DRK eis 15 lewens - May 24, 2021

Minstens 15 mense is dood en meer as 500 huise vernietig toe die vulkaan Nyirangongo naby die stad Goma in die Demokratiese Republiek die Kongo uitgebars het. Meer as vyfduisend mense het gevlug. Volgens die Verenigde Nasies se Kindersfonds is 170 kinders steeds vermis.

Read More

ReconAfrica, Myneministerie ontken beweringe - May 24, 2021

Beide ReconAfrica en die Namibiese ministerie van myne en energie, ontken alle beweringe wat in die gesaghebbende omgewingstydskrif National Geographic gepubliseer is. Albei het in ‘n mediaverklaring beklemtoon dat die Kanadese olie- en gasmaatskappy alle wette gehoorsaam en die beste praktyke toepas in alle gebiede waar hulle werk. Die spruit uit ‘n hokaairoeper wat ‘n […]

Read More