Waar is Spencer? - May 24, 2021
Inwoners in die Karas-streek eis antwoorde in die ondersoek na die verdwyning van die vier-jarige Spencer Nakale op 28 Desember verlede jaar in Lüderitz. ‘n Groep het ‘n petisie aan die streek se bevelvoerder, Kommissaris David Indongo oorhandig. Hulle vra dat die polisie terugvoering gee oor wat in die kameras na aan die hoofpad waar […]
Wol val terug met 4% - May 24, 2021
‘n Groot voorraad van meer as 13 000 bale wol is in Gqeberha te koop aangebied na ‘n reses. Cape Wools SA sê die mark het met vier persent teruggesak om op net meer as 157 Suid-Arikaanse rand per kilogram te sluit. Meer as 95 persent van die voorraad is verkoop. Die sterker rand het […]
Minister sê weermag het geld nodig, betaal R1 miljard aan Kubane - May 24, 2021
Suid-Afrikaanse media berig dat etlike dae die Minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula haar kommer uitgespreek het oor die onderbefondsing by die weermag en dat hy onder uiterse stres verkeer, het dit aan die lig gekom dat haar ministerie meer as ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand aan Kuba oor die afgelope ses jaar betaal het vir die […]
N$8m aan raadslede betaal by NSFAF - May 24, 2021
Die finansiële bestuur van die Namibiese Studente Hulpfonds is in die nuus. Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke het die fonds se sake van 2011 tot 2019 ge-oudit en sê daar is geen finansiële stelsels by die fonds nie. Oor die afgelope 6 jaar het betaling aan raadslede stelselmatig gegroei met net minder as 250 000 doller […]
Maties maak geskiedenis - May 24, 2021
Twee nagraadse studente van die Universiteit Stellenbosch het geskiedenis gemaak deur deel te wees van die heel eerste Suid-Afrikaanse span om die Franse interuniversitêre debat-stryd te wen wat deur die Agence Universitaire de la Francophone aangebied is. Die drie lede van die span het hulle teenstanders van die Universiteit van Paris II Pantheon-Assas in Mauritius […]
NWR wend hom aan sosiale media - May 24, 2021
Namibia Wildlife Resorts beplan om van Julie vanjaar af meer wydlopend van sosiale mediaplaforms gebruik te maak om hulle dienste te bemark. Die besluit volg op statistiek wat bewys het dat die land 782 000 Facebook gebruikers het wat meer as 28 persent van die totale bevolking uitmaak. Mufaro Nesongano Korporatiewe Kommunikasie Bestuurder by die […]
Hamilton se baas nie beïndruk nie - May 24, 2021
Die Hoof van die Mercedes-span, Toto Wolff, sê hy is teleurgesteld met span se vertoning in die Monaco Grand Prix. Lewis Hamilton het sewende geëindig terwyl sy spanmaat, Valtteri Bottas, hom halfpad deur die wedren daaraan moes onttrek toe die werktuigkundiges in die kuipe nie die regterwiel van sy motor kon loskry nie.
Laer huurkostes help nie veel nie – kos, brandstof te duur - May 24, 2021
Huishoudings in Namibië verkeer onder erge druk en ekonome meen daar sal nie binnekort verligting in die verband wees nie. Volgens Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad het die daling in die koste van huur nie veel verligting gebring met die skerp styging in voedselpryse en vervoerkostes nie.
Berggorillas in DRK veilig vir nou - May 24, 2021
Die skaars berggorillas in die Virunga Nasionale Park in die Demokratiese Republiek van die Kongo is veilig en word nie bedreig deur die uitbarsting van vulkaan Nyiragongo nie. Die Kongolese Instituut vir Wildbewaring hou toesig oor die natuurlewe-vesting. Die park, wat ‘n Unesco-wêreld-erfenisterrein is, beslaan 600 000 hektaar tropiese reënwoude wat die tuiste is van […]
21-jarige leerder in Angola doodgeskiet - May 24, 2021
Berigte lui dat ‘n 21-jarige Namibiese leerder doodgeskiet is in Angola na hy Covid-maatreëls verontagsaam het. Die leerder, wat skoolgaan by die Shaanika Nashilongo Sekondêre Skool, het volgens wat berig word by Oshinengula, teen die grens aan die Angolese kant, by ‘n kroeg gekuier toe die polisie opgedaag het en geëis het dat die eienaar […]