Een van langste stelle dinosourus-voetspore ooit in Brittanje ontdek - October 16, 2025

Een van die wêreld se langste stelle dinosourus-voetspore, sowat 220 meter lank, is in ‘n steengroef in Oxfordshire in die Verenigde Koninkryk ontdek. Paleontoloë het die voetspore gekoppel aan die Cetiosaurus-dinosourus wat tot 18 meter lank kon word. Dewars Farm-steengroef word al lank met dinosourusse verbind. Sommige spore is in die 1990s daar ontdek, en […]

Read More

Geen Rugbykampioenskap volgende jaar nie - October 16, 2025

Rugby: Die beheerliggaam SANZAAR het bevestig dat die Rugbykampioenskap nie volgende jaar gaan plaasvind nie. Die kompetisie, wat die Springbokke die afgelope twee seisoene gewen het, sal plek maak vir internasionale toere, met ‘n aankondiging oor ‘n beplande Nieu-Seelandse toer na Suid-Afrika wat binnekort verwag word. Die kampioenskap sal in 2027 hervat met ‘n vol […]

Read More

Husab wil Namibië tweede grootste uraanprodusent maak - October 16, 2025

Swakop Uranium beoog om Namibië teen 2028 as die wêreld se tweede grootste uraanprodusent te posisioneer, met die Husab-myn wat na verwagting meer as 1 miljard Amerikaanse dollar in jaarlikse inkomste sal genereer namate produksie uitbrei tot 6 000 ton uraanoksied per jaar. Namibia Mining and Energy berig dat uitvoerende visepresident Irvine Simataa sê die […]

Read More

VF+ jeug sê ANC, EFF vuur geweld op kampusse aan - October 16, 2025

Die Jeugafdeling van die Vryheidsfront Plus Jeug sê die ANC en EFF se rasgebaseerde retoriek veroorsaak onrus en geweld op universiteitskampusse. Dit volg na betogings by die Universiteit van die Vrystaat oor bewerings dat die nuwe finansiële beleid volgens ras diskrimineer. VF Plus-jeugleier Chriszaan du Plessis sê die beleid is redelik en raak nie studente […]

Read More

Lourenço is sat vir Switserland wat nie Angolese geld teruggee nie - October 16, 2025

Angolese president João Lourenço het ‘n beroep op Switserse owerhede gedoen om Angolese hofuitsprake na te kom en die groot bedrae geld wat hulle onverklaarbaar in hul banke hou en wat Angolese eiendom is terug te gee. Hy sê tot op hede is meer as 7 miljard Amerikaanse dollar vir die staat verhaal en beslagleggings […]

Read More

Koolstofdioksied bereik rekord hoogtepunt in 2024 - October 16, 2025

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê koolstofdioksied-vlakke in die atmosfeer het in 2024 rekordhoogtes bereik wat tot langtermyn-temperatuurstygings kan lei. Van 2023 tot 2024 het die wêreld se gemiddelde koolstofdioksied-konsentrasie met 3,5 dele per miljoen toegeneem. Dis die grootste styging sedert moderne meting in 1957 begin het. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Oksana Tarasova, sê fossielbrandstof […]

Read More

Natis se dienste ook aanlyn beskikbaar - October 16, 2025

Goeie nuus vir dié wat ook sat is vir Natis se lang rye. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het in die Nasionale Vergadering aangekondig dat Natis-dienste aanlyn aangebied sal word. Daar sal ook steeds inloop-dienste wees, om lede van die publiek te akkommodeer wat nie internet-verbindings het nie. Dienste soos die leerlinglisensietoets […]

Read More

Namibië een van 16 lande wat MIV-hulp by VSA CDC ontvang - October 16, 2025

Namibië is onder 16 lande wie se MIV- en Vigs-programme sal baat vind by befondsing van die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming. Dit is aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig deur Penda Ithindi, die uitvoerende direkteur by die ministerie van gesondheid. Suid-Afrikaanse amptenare het ook bevestig dat die land 2 miljard Suid-Afrikaanse rand van die […]

Read More

Jack Huang se saak afgehandel, skuld N$50m - October 16, 2025

Die saak waar regter Esi Schimming-Chase beveel het dat die omstrede Chinese sakeman Jack Huang se Jack’s Trading amper 50 miljoen dollar in heffings in verband met doeane en aksyns-wetgewing moet betaal, is weer in die hof voor regter Andrew Corbett. Huang het ‘n teeneis ingesit rakende die aanstelling van Jacqueline Gawanas as waarnemende kommissaris […]

Read More

Meer bouplanne vir hoofstad, laer waarde - October 16, 2025

Die Stad Windhoek het in September 207 bouplanne ter waarde van 180,1 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, 45 meer as in Augustus. IJG Securities sê in waardeterme het goedkeurings met 33,6 miljoen dollar gedaal, wat ‘n afname van 15,7 persent op ‘n maandgrondslag verteenwoordig en ‘n afname 52 persent op ‘n jaargrondslag weerspieël. Die jaar-tot-datum waarde […]

Read More