Harvard se Magna Carta al die tyd toe oorspronklik - May 16, 2025
‘n Manuskrip wat eens as ‘n nie-amptelike kopie van die Magna Carta beskou is, word nou volgens Britse akademici beskou as ‘n egte weergawe en een van die wêreld se waardevolste dokumente. Harvard se Skool van Regte het in 1946 27 Amerikaanse dollar en 50 sent daarvoor betaal. Twee kenners het nou bevind dat dit […]
NaTIS stuur net elektronies hernuwingsbriewe - May 16, 2025
Die Padowerheid het aangekondig dat elektroniese kennisgewings vir alle lisensieskyf- en bestuurslisensiehernuwings ingestel is. Hernuwingskennisgewings sal dus nie meer deur NamPost gestuur word nie. Motoriste sal in stede daarvan die kennisgewings via digitale platforms ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer inligting gee.
Bestuurskenner gesels oor Swapo-manifes se bedoelings, befondsing - May 16, 2025
Die Swapo Manifes-Uitvoeringsplan met sy groot planne is in die nuus. Beleidmaking in Namibië word dikwels gekritiseer vir ‘n gebrek aan voorbereiding en beplanning, wat dikwels lei tot vertraagde of nie-geïmplementeerde beleide. Die uitvoeringsplan erken dié tekortkoming en beklemtoon die belangrikheid van kosteberekening. Die plan se 18 prioriteitsprojekte en sewe subprojekte beloop na raming 85,7 […]
Chinese beleggings daal met N$5,9 miljard, maar steeds bo - May 16, 2025
Chinese beleggings in Namibië het afgeneem met 5,9 miljard Namibiese dollar. Plaaslike berigte lui dit staan tans op 4,1 miljard dollar, af van 10 miljard wat voor 2024 aangeteken is. Volgens die jongste beleggingsverslag van die sentrale bank, is die hoof rede hiervoor ‘n daling in lenings deur Chinese mynmaatskappye van hulle moedermaatskappye in China. […]
GRN kan dividende gebruik om tersiêre onderwys te befonds - May 16, 2025
Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het Swapo-LP Gerhard Shiimi voorgestel dat dividende van instansies soos NamRA, Epangelo Mining en De Beers gebruik word om gratis tersiêre onderwys te befonds. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se aankondiging dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer. Dit sal na raming 5 […]
Gen Z, millenniërs het voorkeur vir rooibos, bo amper alles - May 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê rooibostee is vinnig besig om die voorkeurdrankie onder Gen Z en millenniërs te word. Die kafeïenvrye, gesonde aanloklikheid maak dit ’n gunsteling onder jonger verbruikers wat gesondheid en gerief soek. Gen Z verkies kruie- en soettreksels, terwyl millenniërs meer hou van gereed-om-te-drink-keuses vir hul besige lewens. Baie verkies nou rooibos bo […]
Pohamba sê Nust se Eenhana-kampus moet bespoedig word - May 16, 2025
Die beskermheer van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, voormalige president Hifikepunye Pohamba, het ‘n beroep op die regering gedoen om die konstruksie van die universiteit se kampus in Eenhana te bespoedig. Pohamba het tydens die gradeplegtigheid vir die Nust-klas van 2025 in Eenhana gepraat. Hy sê dit is teleurstellend dat so ‘n belangrike […]
Kabinet keur gefaseerde onttrekking van SANDF uit DRK goed - May 16, 2025
Die kabinet het ‘n gefaseerde onttrekking van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede uit die Demokratiese Republiek van die Kongo bevestig. Dit volg op die beëindiging van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-sending se mandaat. Die ontplooiing was deel van pogings om die oostelike deel van die DRK bestendig te maak, waar gewapende konflik duisende mense ontwortel het. Die minister in […]
Trump sê VSA is na aan ooreenkoms met Iran - May 16, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het tydens ‘n rondetafelbespreking in Doha, Katar, gesê die VSA is baie naby aan ‘n kernooreenkoms met Iran, en Teheran het soort van ingestem tot die voorwaardes. Dit kom ná samesprekings tussen Iranse en Amerikaanse onderhandelaars om geskille oor Teheran se kernprogram op te los, wat Sondag in Oman geëindig het. […]
Chris Brown gearresteer in Manchester vir aanranding in 2023 - May 16, 2025
Die Amerikaanse sanger Chris Brown is in die vroeë oggendure van Donderdag in ‘n hotel in Manchester in die Verenigde Koninkryk gearresteer. Hy het na bewering in 2023 die musiekprodusent Abe Diaw in die Tape nagklub in Londen aangeval. Die Sun poniekoerant sê dit het uitgevind dat Brown in die land was en het die […]