IMF wil help met die gevolge van Covid-19 - May 22, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat die amptelike wêreldwye COVID-19 sterftes drie keer hoër kan wees as wat tans aangedui word. Tot dusver is ongeveer drie-punt-nege miljoen COVID-19 sterftes wêreldwys aangemeld. Die WGO sê na raming moet die amptelike sterftes op sowat ses tot agt miljoen staan. Intussen het die Internasionale Monetêre Fonds ʼn 50 miljard […]
Microsoft raak van Internet Explorer ontslae - May 22, 2021
Microsoft raak ná 25 jaar van sy Internet Explorer ontslae. Microsoft sê sy nuwe, moderne Microsoft Edge is nie net vinniger nie, maar ook veiliger. Professor Basie von Solms van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kubersekuriteit gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.
Covid-19 pandemie plaas druk op werksgeleenthede - May 22, 2021
Die Namibiese Arbeidsministerie het in ‘n verslag aangedui altesaam 955 mense hulle werk verloor het tussen Januarie en Maart vanjaar. Die ekonomie is onder druk en dit word toegeskryf aan die pandemie. Kosmos 94.1 Nuus het met Daan Strauss, die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Werkgewers Federasie gepraat oor die stand van sake.
Namibiese Rugby-unie gee meer inligting oor die afgelope proewe - May 22, 2021
Die Namibiese Rugby-unie het verlede naweek proewe gehou en ‘n groep van 40 spelers vir die Nasionale Rugbyspan gekies. Die Waarnemende Uitvoerende Hoof van die NRU, Theo Grunewald, het gesê die groep se vernuf sal in die internasionale vriendskaplike wedstryde teen Zimbabwe getoets word. Dit is ter voorbereiding vir die Groep A Rugby Afrika-toernooi vanaf […]
Ramaphosa gee vandag titelaktes aan opkomende boere - May 22, 2021
President Cyril Ramaphosa gaan vandag titelaktes en grond aan boere by Tafelkop in die Groblersdal-distrik in Limpopo in die buurland oorhandig. Die seremonie is die hoogtepunt van ‘n grondhervormingsproses. Dertig swart boere gaan hulle titelaktes ontvang ná hulle 25 jaar lank die grond suksesvol bewerk het. Hulle verskaf vars produkte aan plaaslike winkels en skoolvoedingskemas, […]
SAL bly in die nuus - May 22, 2021
Die Organisasie Teen Belastinguitbuiting in Suid-Afrika het ‘n voorlegging aan die buurland se Parlement gemaak om te verseker dat die goedgekeurde sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse lugdiens geïmplimenteer word volgens die voorwaardes wat deur die sukkelende lugredery se krediteure goedgekeur is. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê belastingbetalers moet opdok vir staatsinstansies en sy organisasie […]
Lekker rugby vandag - May 22, 2021
Die naweek se Reënboogbeker Suid-Afrika-wedstryde word in Durban en Johannesburg gespeel. Vanmiddag om eenuur verwelkom die Sharks die Stormers op Kingspark terwyl die Lions en Bulls se kragmeting om half-vier op Ellispark afskop. Die Bulls is na drie oorwinnings eerste op die punteleer. Die Sharks is tweede nadat hulle verlede naweek teen die Bulls verloor […]
Labat Africa kry 75% aandeel in dagga-kweek en verbouingsfasiliteit in Noord Kaap - May 22, 2021
‘n Onderneming wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is, Labat Africa, het ‘n 75-persent aandeel in ‘n dagga-kweek- en verbouingsfasiliteit in die Noord-Kaap, Leaf Botanicals, verkry. Die fasiliteit het onlangs ‘n verbouings- en uitvoerlisensie bekom en dit word as ‘n hupstoot vir die wêreld se florerende dagga-ekonomie beskou. Volgens Money Web het Labat Africa ook […]
Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - May 22, 2021
Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, met 33 leerlinge,18 gesondheidswerkers 8 studente en 4 onderwysers wat positief getoets het. 60 809 mense is reeds teen Covid-19 ingeënt.
WGO glo meer mense is reeds aan Covid-19 dood - May 22, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat amptelike opnames wat die aantal sterftes toon wat direk of indirek aan die COVID-19-pandemie toegeskryf word, waarskynlik ‘n beduidende ondertelling is. Die WGO voorspel dat COVID-19 reeds die lewens van tussen ses en agt miljoen mense wêreldwyd geëis het. Die WHO het sy jaarlikse World Health Statistics-verslag aangebied en beraam […]