Biden verwelkom skietstilstand - May 21, 2021
‘n Skietstilstand het 2-uur vanoggend in Israel en Palestina in werking getree. Die ooreenkoms wat as wedersyds en onvoorwaardelik beskryf word, is deur Egipte bemiddel. Die ooreenkoms bring 11 dae se konflik tot ‘n einde en talle Palestyne het fees gevier in die strate van Gaza. Meer as 230 mense is in Gaza dood met […]
Nuwe riglyne vir die identifikasie van beeste - May 21, 2021
Die Vleisraad van Namibië het ‘n riglyndokument vir beeste-identifisering in samewerking met die Direktoraat van Veeartsenydienste ontwerp. Die doelwit van die dokument is om ‘n visuele riglyn vir die identifisering van beeste volgens die Dieregesondheidswet te voorsien. Dit sluit identifiserings-vereistes vir die bemarking van beeste in. Dr. Anja Boshoff-de Witt, die Vleisraad van Namibië se […]
Ysberg in Antarktika breek los - May 21, 2021
Twee satelliete wat om die pole wentel het bevestig dat die grootste ysberg in die wêreld losgebreek het van ‘n gletser in Antarktika. Volgens die Europese Ruimte-agentskap is die ysberg 175 kilometer lank en 25 kilometer breed. Dit is vir die eerste keer deur die Britse Antarktiese Opname, oftewel die BAS in die Weddell-see opgemerk […]
Amper 1 000 verloor hulle werk in 3 maande - May 21, 2021
Die Namibiese Arbeidsministerie het in ‘n verslag aangedui altesaam 11 210 afleggings het tussen April 2020 en Maart 2021 plaasgevind. Dit word aan die Covid-19-pandemie toegeskryf. In die kwartaallikse verslag van Januarie tot Maart 2021 is 955 mense afgelê.
Biden sê China sal nie groen resies wen - May 20, 2021
Toe die Amerikaanse President Joe Biden oor mededinging met China gepraat het, het hy gesê China gaan nie hierdie resies wen nie. Biden het by die Ford Rouge Elektriese Voertuigsentrum in Dearborn, Michigan, gesê dié resies is die kompetisie om groen energie tegnologie te produseer.
Uitspraak vir sokkersaak eers 30 Junie - May 20, 2021
Die Namibiese Arbitrasiehof vir Sport se Afdeling vir Appèl-arbitrasie het die uitspraak van die Namibiese Premierliga en die Namibië Sokkervereniging tot 30 Junie uitgestel. Die hofgeding spruit uit die NPL wat as ‘n lid van die NFA geskors is ná ‘n langdurige vete tussen die twee sportliggame. NFA se Sekretaris-Generaal, Franco Cosmos, het aan Kosmos […]
Paneel sal vasstel of SA verkiesings kan voortduur - May 20, 2021
Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Verkiesingskommissie sê dit is steeds bereid en gereed om met die land se plaaslike regering-verkiesings in die land Oktober voort te gaan. Die Kommissie het vroeër vandag aangekondig dat dit nou ‘n spesiale paneel aangestel het om te besluit of die land wel sy verkiesings tydens die Covid-19 pandemie kan hou. Ons […]
Gigaba sê glo Guptas is sy raadgewers - May 20, 2021
Malusi Gigaba het twee voor die tyd geweet hy gaan as die Suid-Afrikaanse Minister van Openbare Ondernemings aangestel word. Sy vrou, Norma Mngoma, het dié getuienis voor die Zondo-kommissie gelewer. Gigaba het glo ook aan haar gesê die Guptas is sy spesiale raadgewers.
Byna 300 nuwe Covid-19-gevalle vandag - May 20, 2021
Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 295 nuwe Covid-19-gevalle in 12 streke uit 1 417 toetsresultate aangekondig. In die groep is 27 leerlinge, 17 gesondheidswerkers en 10 onderwysers. Altesaam 244 mense het herstel en daar is 2 587 aktiewe gevalle met 230 pasiënte wat gehospitaliseerd is, waarvan 50 in hoësorg-eenhede is. Tien mense het onderskeidelik in […]
SA Polisiehoof begroot ruim vir ondersoek van geslagsgeweldsake - May 20, 2021
Die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie, Bheki Cele, het ‘n toekenning van meer as 1,2 miljard Namibiese dollar bekend gemaak vir die stryd teen geslagsgeweld in die land. Cele het tydens sy begrotingsrede beklemtoon dat fondse sal help om die polisie se pro-aktiewe en reaktiewe reaksiemetodes te versterk. Cele sê meer hulpbronne sal beskikbaar gestel word […]