Sikloon Tauktae: 47 bemanningslede van vragskuit vermis - May 20, 2021
Sewe-en-veertig bemanningslede van ‘n vragskuit wat deur die Indiese olie- en aardgas onderneming bedryf word, is steeds vermis na wydverspreide vernietiging as gevolg van die sikloon Tauktae. Dit is die sterkste storm ooit aangeteken aan die weskus van Indië, en die dodetal staan tans op minstens 40. Die vloot het 188 bemanningslede uit die vragskuit […]
SA vakbonde wys Eskom se verhoging van die hand - May 20, 2021
Die Suid-Afrikaanse vakbonde NUM en Numsa het Donderdag Eskom se aanbod van ‘n verhoging van 1,5 persent van die hand gewys. Eskom sê hy is te arm daarvoor, berig Suid-Afrikaanse media. Die vakbonde beskuldig Eskom se direksie daarvan dat hy leuens versprei.
DA meen SA moet op 27 Oktober stem - May 20, 2021
Die DA beskou die Onafhanklike Verkiesingskommissie se plan om die verkiesingsdatum te hersien as onnodig. Die party is van mening dat die land op die aangewese datum van 27 Oktober gereed sal wees om na die stembus te gaan. Die partyleier John Steenhuisen sê die OVK is in staat om ‘n verkiesing te hou wat […]
Vlieëniers kry medaljes vir reddingspoging - May 20, 2021
‘n Leerlinghelikopterloods, ene Damaseb, van die Namibiese Lugmag en sy vlieginstrukteur van die Indiese Lugmag, Kuldeep Dhyani, het medaljes ontvang vir hul reddingspoging tydens die helikopterongeluk van Jaco van Dyk en sy drie kinders. Die ongeluk het op 16 Julie verlede jaar plaasgevind toe Van Dyk en sy drie kinders vanaf Grootfontein gevlieg en in […]
Regter van Singapoer eis regstelling op sosiale media - May 20, 2021
‘n Regter in Singapoer het die stadstaat se wet op verspreiding van waninligting gebuik om Facebook en Twitter te beveel om ‘n regstelling te plaas na bewerings versprei is oor ‘n nuwe Singapoer-variant, berig internasionale media.
Vyf vas oor mediese korrupsieskema - May 20, 2021
Die Namibiese Polisie het 5 mense in die Kavango-Wes-streek in verband met ‘n korrupsieskema van mediese ongeskiktheidstoelae in hegtenis geneem. Van hulle is personeel van die Gesondheidsministerie. Die beskuldigdes, Gedrud Shivambo, ‘n skoonmaker by die Nankudu-distrikshospitaal, Hilisi Siteketa en Boniface Haingura het vandag borgtog van 3 000 Namibiese dollar elk in Kahenge Rondgaande Hof gekry.
Tweeling kom môre huis toe - May 20, 2021
Namibiërs gaan môre die tweeling Paula en Maya Delgado Lühl in Namibië terug verwelkom waar hulle met hul ouers Guillermo en Phillip gaan herenig. Menseregte-aktivis Omar van Reenen van Namibia Equal Rights Movement gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Kanovaart-kampioenskap in Kaapstad - May 20, 2021
Die Suid-Afrikaanse marathon-kampioenskap begin môre by die Peninsula Kanoklub in Zandvlei, Kaapstad. Die organiseerders sê die land se beste marathon-roeiers sal om nasionale titels meeding sowel as ‘n plek in die nasionale groep wat later vanjaar aan die marathon-wêreldkampioenskap in Roemenië deelneem. Die junior en onder-23 K1-resies word môre voltooi, die senior K1-resies is Saterdag […]
Aroab hou sporttoernooi - May 20, 2021
Aroab in die verre Suide hou die naweek die Keetmanshoop Landelike Kiesafdeling-sporttoernooi met 27 sokkerspanne en 9 netbalspanne wat sal deelneem. Spanne van Keetmanshoop, Bethanie, Berseba, Karasburg, Ariamsvlei, Noordoewer, Aroab, Koës en Gochas sal deelneem.
Rodney Doeseb stig Karibib-sokkerklub - May 20, 2021
Die voormalige Brave Warriors-verdediger, Rodney Doeseb, sal nie toelaat dat sy ervaring vermors word nie. Doeseb bly in die klein dorpie Karibib in die Erongo-streek waar hy en twee vriende ‘n sokkerklub, die Karibib-sokkerklub, gestig het. Die doel van die klub is om jong seuns van die strate af en met iets produktiefs besig te […]