Windhoek Gim se radiostasie, omroepers reg vir uitsaai - May 15, 2025
Windhoek Gimnasium bereik môre ‘n mylpaal wanneer die skoolradiostasie, Red Aloe Radio, sy eerste uitsending gaan aanbied. Tien leerders wat as omroepers gaan diens doen is deur die Vereniging van Uitsaai Veterane opgelei, en het sertifikate ontvang na voltooiing van die kursus. Dit is die eerste groep aspirant-omroepers wat deur die vereniging touwys gemaak is. […]
Kabinet kritiseer vlugtelingstatus vir Afrikaners - May 15, 2025
Die kabinet kritiseer Amerika se besluit om vlugtelingstatus aan sommige Afrikaners toe te ken en noem bewerings van vervolging ongegrond en misleidend. Die kabinet is van mening hierdie besluit ondermyn Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie en is ‘n wanvoorstelling van die land se menseregterekord. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het op ‘n nuuskonferensie gesê […]
Australië boaan lys vir Britse uitgewekenes - May 15, 2025
Die hervestigingsfirma U.K.ABROAD in Brittanje, sê Australië is boaan die lys van lande waarheen Britse uitgewekenes vanjaar verhuis het. Kanada is tweede op die lys, gevolg deur Suid-Afrika. Nieu-Seeland en Amerika voltooi die top-vyf. Meer as 5,5-miljoen Britte leef buite die Verenigde Koninkryk.
Proteas wys aanvangskolwers aan vir Wêreldtoetskampioenskap-finaal - May 15, 2025
Krieket: Ryan Rickelton sal Aiden Markram se aanvangsvennoot wees in volgende maand se eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap tussen Suid-Afrika en Australië vanaf 11 Junie op Lord’s in Londen. Hoofafrigter Shukri Conrad sê die linkerhandse Rickelton se aanpasbaarheid teen naatboul-toestande gee die Proteas ’n groot voordeel op die Engelse kolfblaaie. Rickelton het sy plek verseker toe […]
Starlink-kwessie draai in Nasionale Raad - May 15, 2025
Gedurende die Nasionale Raad se sitting was begrotingsstem 29 op die agenda. Dit val onder inligting en tegnologie, en Starlink het ter sprake gekom. Tydens die debat oor die stem het die LPM se Willem Labuschagne die kwessie bespreek. Hy vra wetgewers om hom by te staan sodat Starlink in Namibië toegelaat word.
Regering moet keer dat SABC ineenstort: SKOOR - May 15, 2025
Die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge beklemtoon ‘n dringende behoefte aan regeringsingryping om die SABC se ineenstorting te verhoed. Die SABC benodig ongeveer 7,5-miljard-rand om sy onbefondsde openbare diens-mandaat te vervul. SKOOR se voorsitter, Songezo Zibi, het die uitsaaier se finansiële onbestendigheid uitgelig en waarsku sonder bykomende befondsing verkeer sy volhoubaarheid in gevaar:
Trump verbied glo agentskappe om na G20-beraad in SA te gaan - May 15, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Amerikaanse agentskappe glo verbied om aan die G20-beraad in Suid-Afrika deel te neem. Volgens Washington Post het die Withuis se Nasionale Veiligheidsraad die opskorting gelas, met verwysing na beweerde volksmoord en grondonteieningswette. Trump en sy minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het gedreig om die beraad te boikot en […]
SA Rugby bring hulde aan Cornal Hendricks - May 15, 2025
Rugby: SA Rugby se president, Mark Alexander, het hulde gebring aan Cornal Hendricks en hom beskryf as ‘n uitsonderlike atleet wie se bydrae tot die sport altyd onthou sal word. Die 37-jarige gewese Springbok-vleuel is gisteraand oorlede, vermoedelik na ‘n hartaanval. Hy het 12 toetse vir die Bokke gespeel en Boland, die Cheetahs en die […]
2025 Bank Windhoek Triennial-aansoeke open 20 Mei - May 15, 2025
Bank Windhoek, in samewerking met die Nasionale Kunsgallery het die sesde reeks van die Bank Windhoek Triennial van stapel gestuur. Die kunskompetisie is die grootste van sy soort in die land. Aansoekvorms is by Bank Windhoek se kantore beskikbaar, met die wenner wat 50 000 Namibiese dollar inpalm. Ndeenda Shivute-Nakapunda, die gallery se kurator, het […]
MTC Vlugbal Nasionale Liga die naweek in Katima Mulilo - May 15, 2025
Die Namibië Vlugbalfederasie se MTC Vlugbal Nasionale Liga keer Saterdag terug met aksie in Katima Mulilo. Vyf wedstryde in die tweede rondte van beide die mans- en vroue-afdelings sal by Unam se veeldoelige saal beslis word. Die Unam Hard Hitters speel die eerste manswedstryd om 9-uur teen Mighty Gunners, gevolg om 11-uur deur verdedigende kampioene […]