SA se rentekoers bly onveranderd - May 20, 2021
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het aangekondig dat daar besluit is om die repokoers onveranderd op 3,5 persent te hou. Die prima rentekoers bly ook dieselfde op 7 persent. Die impak van die korona-virus was geweldig op die ekonomie, het Palesa Mabasa, FNB se Verkoopshoof, in die buurland gesê.
Wetenskaplike feite nodig vir seisoenale griep - May 20, 2021
‘n Nuwe studie wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland gedoen is, toon hoe belangrik dit is om griep by pasiënte te bevestig al is hulle asimptomaties. Dit kan die las van die siekte wat in gemeenskappe en gesinne versprei word, verlig, want die oordrag kan beheer word. Die hoof van […]
Ryderbeker-span wil Tiger as assistent hê - May 20, 2021
Gholf: Die kaptein van Amerika se Ryderbeker-span, Steve Stricker, hoop dat Tiger Woods steeds deel van die span sal wees as sy assistent. Die vyftienmalige Major-wenner herstel steeds van frakture in sy regterbeen nadat hy in Februarie in ‘n enkelvoertuig-ongeluk betrokke was. Die kanse dat Woods in September gereed sal wees om in die Ryderbeker te speel, is skraal. Stricker sê dit sal wonderlik wees […]
Grondhervestiging onvolhoubaar in Namibië - May 20, 2021
Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Landbou, Water en Grondhervorming, Percy Misika, sê die Regering se hervestigingsformule is nie finansieel volhoubaar nie en dit bereik ook nie die gewenste doelwitte nie. Amptelike rekords van die Regering dui daarop dat 88 miljoen Namibiese dollar bestee is om 10 plase aan te koop met slegs […]
Zuma vra aanklaer moet aan saak onttrek - May 20, 2021
Suid-Afrikaanse Oudpresident Jacob Zuma het amptelik gevra dat senior aanklaer Billy Downer hom onttrek aan sy saak in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales sal teregstaan op korrupsie-aanklagte wat verband hou met die omstrede wapenooreenkoms in die 1990’s. Downer was ook die aanklaer toe Zuma se gewese finansiële raadgewer, Schabir Shaik, […]
Zimbabwe het Indiese variant - May 20, 2021
Zimbabwe het sy eerste Covid-19-geval van die hoogs aansteeklike Indiese variant aangeteken, het Adjunkpresident Constantino Chiwenga aan internasionale media gesê. Die geval in Kwekwe kom ná ‘n student onlangs uit Indië teruggekeer het.
SA: Kleinhandelverkoopsyfers onderpresteer - May 20, 2021
‘n Senior ekonoom by First National Bank in die buurland het kleinhandelverkoopsyfers wat aansienlik onderpresteer, toegeskryf aan paniek-aankope verlede jaar. Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat inkopie-bedrywighede in Maart met 2,5 persent afgeneem het na ‘n verrassende toename van 2,2 persent verlede jaar. Die ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê die syfers is aangedryf deur sport en […]
IPPR hou gesprek oor fopnuus oor inentings - May 20, 2021
In Namibië word sosiale media in die meeste gevalle misbruik. Mense gebruik nie noodwendig sosiale media vir die regte doel nie. Die mees onlangs vals nuus word op sosiale media, veral WhatsApp, oor mites van Covid-19-inentings versprei. Almal op sosiale media het ‘n opinie oor die inentings. Die Instituut vir Beleidsnavorsing se Navorser, Frederico Links, […]
Oorstromings in Kaapstad - May 20, 2021
Kaapstad se rampbestuursentrum sê oorstromings het in Gugulethu, Macassar Village en Phillipi-Oos voorgekom nadat ‘n swaar storm die Skiereiland geteister het. ‘n Woordvoerder, Charlotte Powell, sê verdere beramings sal gedoen word en SASSA sal versoek word om indien nodig aan inwoners hulp te verleen in die vorm van kos en komberse. Kragonderbrekings het weens die […]
Skietstilstand tussen Israel en Hamas dalk binnekort beklink - May 20, 2021
‘n Ooreenkoms rakende ’n skietstilstand tussen die Israelse weermag en Hamas kan so gou as Vrydag beklink word, het senior amptenare aangedui. Oor die laaste 11 dae is 8 Israeli’s dood en meer as 230 Palestynse burgerlikes en militante, berig internasionale media.