Afstands-werksvisum moet ingestel word meen Kaapse owerhede - May 20, 2021
Die Wes-Kaapse regering sê die nasionale regering moet dringend ‘n afstands-werksvisum instel. Kaapstad is opgeneem op Big 7 Travel se jongste lys vir die 50 beste stede vir afstand-werk. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die provinsie beskik oor alles wat nodig is om die beste afstand-werksligging in die wêreld te […]
Nakathila berei goed voor - May 20, 2021
Namibië se Wêreldboks-organisasie se super veergewigkampioen, Jeremiah ‘Lowkey’ Nakathila, het die kans van ‘n leeftyd gekry om vir die gesogte WBO-titel teen die Amerikaanse kampioen te veg. Nakathila sal op 12 Junie in Las Vegas in Nevada saam met die 22-jarige Shakur Stevenson in die kryt klim. Dit sal die hoofgeveg van die aand wees […]
Londense hof sê vandag oor uitlewering van Eskom-beskuldigde - May 20, 2021
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê die Westminster-landdroshof in Londen sal vandag uitspraak lewer oor die uitlewering van die gewese Eskom-kontrakteur Michael Lomas aan Suid-Afrika. Lomas is verlede maand in hegtenis geneem. Hy word betrek by ‘n tender tussen Eskom en Tubular Construction Projects. Die kragvoorsiener het 745 miljoen Namibiese doller aan die maatskappy […]
Ons moet huise lewer – Uutoni - May 20, 2021
Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni sê die lewering van huise aan landsburgers kan nie verder vertraag word nie. Uutoni het verwysing gemaak oor die teikens van die tweede Harambee welvaartsplan. Hy sê daar is talle gemeenskappe regoor die land wat sake in eie hande geneem het en hulle huise bou. Volgens hom […]
VN ondersoek Belarus - May 20, 2021
Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, het drie hoëvlak-kenners aangestel vir die VN-menseregte-kantoor se feitesending oor Belarus. Hulle sal behulpsaam wees met ‘n omvattende ondersoek oor beweerde mensregteskendings in Belarus sedert Mei verlede jaar. Dit sluit in moontlike geslagsverwante oortredings. Bachelet sê die feitesending se werk sal ‘n deurslaggewende rol speel […]
Kaapstad sê hy is slaggereed vir Sewes - May 20, 2021
Die Burgemeester van die Stad Kaapstad, Dan Plato, sê hulle is opgewonde oor die geleentheid om volgende jaar die Sewes-wêreldbeker aan te bied. Die lande wat reeds vir die manstoernooi gekwalifiseer het sluit in die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, asook Engeland, Suid-Afrika se Blitsbokke, Fijdi, Argentinië, Amerika, Frankryk en Skotland. Plato se Woordvoerder, Lyndon Khan, sê […]
Jy kan EU besoek as jy ten volle ingeënt is - May 20, 2021
Die Europese Unie se raad het ingestem om hul benadering tot reisigers van buite die unie aan te pas. Verteenwoordigers van die 27 lidlande het voorlopig ingestem tot ‘n beleid waarvolgens enigeen van ‘n land buite die EU na die unielande kan reis indien hulle kan bewys dat hulle ten volle teen Covid-19 ingeënt is. […]
NBC: saak word op 26 Mei aangehoor - May 20, 2021
Regter Collins Parker sal op 26 Mei die aansoek van die openbare werkers vakbond, Napwu, teen die NBC, die Namibiese regering en die Minister van Finansies aanhoor as dringend. Parker het Woensdag in die hof die aansoek as dringend aanvaar. Die vakbond sê die uitsaaier het die bepalings van die September 2011 ooreenkoms wat hy […]
Arandis se sake is chaos – Kandjeke - May 20, 2021
Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê die Arandis Dorpsraad kan nie bewyse lewer oor die besteding van 50 miljoen Namibiese doller nie. Die ouditverslag, vir die 2017-2018 finansiële jaar, het ‘n nadelige ouditmening ontvang. Kandjeke sê die dorpsraad kan nie verduidelik hoe hy 39,4 miljoen doller bereken het vir slegte skuld nie en die raad se […]
Sonder bye is die wêreld sy kos kwyt - May 20, 2021
Vandag is Wêrelddag vir Bye. Die dag word gehou om bewustheid te kweek oor die noodsaaklike rol van bye en ander bestuiwers om mense en die planeet gesond te hou, asook die talle uitdagings wat ‘n invloed uitoefen. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het Wêrelddag vir Bye in 2018 ingestel. Bestuiwers soos bye, voëls […]