Koning Elizabeth word weer oumagrootjie - May 19, 2021
Prinses Beatrice is swanger met haar en haar man Edoardo Mapelli Mozzi se eersteling. Buckingham-paleis het aangekondig dat Koningin Elizabeth weer oumagrootjie in die Britse herfs gaan word. Beatrice is die oudste dogter van Prins Andrew en Sarah Ferguson.
Sprinkaanswerms ook in Noord-Kaap, Vrystaat - May 19, 2021
Landbou-organisasies in die Noord-Kaap en Vrystaat versoek mense om enige sprinkaanswerms by hul plaaslike sprinkaanbeampte van die landboudepartement aan te meld. Winde het swerms die naweek van die Noord-Kaap na die Wes-Vrystaat aangewaai. Die suide van Namibië word ook deur sprinkane geteister
Bank Windhoek kry nuwe toep - May 19, 2021
Bank Windhoek het ‘n mylpaal bereik deur ‘n nuwe mobiele banktoepassing op beide Apple App and Google Play Stores bekend te stel. Die Hoof van Bemarking en Korporatiewe Kommunikasiedienste van die bank, Jacquiline Pack, het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel hul strategie is volgens hul klante te behoeftes.
Stormers se sleutelspelers terug - May 19, 2021
Die Stormers se span is versterk met die terugkeer van verskeie sleutelspelers vir Saterdag se Reënboogbeker-wedstryd teen die Haaie in Durban. Die slotte JD Schickerling en Marvin Orie, die flank Pieter-Steph du Toit en die senter Ruhan Nel is almal terug in die span vir die kragmeting op Kingspark. Orie moes verlede week uitsit weens […]
Federer uit Geneefse Ope geboender - May 19, 2021
Die twintigmalige Grand Slam-kampioen, Roger Federer, het ‘n nederlaag gely met sy terugkeer na die baan vir die eerste keer sedert Maart. Die Spanjaard, Pablo Andujar, wat met twee potte teen vier in die beslissende stel agter was, het Federer met 6-4, 4-6 en 6-4 geklop om die kwarteindronde van die Geneefse Ope te haal. […]
Omgewingsministerie kan voertuie by Staatsgarage huur - May 19, 2021
Reaksie is ontvang oor die Namibiese Omgewingsministerie in April nie brandstof gehad het om op voorvalle van mens-dier-konflik te reageer nie. Selma Angolo van die ministerie het die aanmerking in die Kavango-Wes-streek tydens ‘n vergadering met lede van die publiek gemaak. Angolo sê daar is ook ‘n tekort aan voertuie en talle moet herstel word. […]
WGO skenk suurstofkonsentreerders - May 19, 2021
Die Namibiese Gesondheidsministerie het 20 suurtofkonsentreerders ter waarde van byna 178 000 Namibiese dollar van die Wêreld Gesondheidsorganisasie ontvang. Die Uitvoerende Direkteur, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die skenking sal help om die Covid-pandemie te beveg. Hy sê dit is nie eerste skenking van die WGO nie en dit word hoogs waardeer.
Kruger-wildtuin se werknemers moet dopgehou word - May 19, 2021
Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep op die bestuur van die Kruger-wildtuin gedoen om ‘n maandelikse oudit te doen van alle werknemers wat vermoedelik by stropery betrokke is. ‘n Woordvoerder sê geskorste natuurbewaarders of diegene wat gevang word vir pogings tot stropery, word eenvoudig net weer in hulle poste aangestel nadat dissiplinêre prosesse afgehandel […]
SA kommersiële boere soek ook ondersteuning - May 19, 2021
Suid-Afrikaanse kommersiële boere het versoek dat dieselfde ondersteuningsmaatreëls wat aan nuwe boere gebied word, ook aan hulle verskaf word. Hulle doen ook ‘n beroep dat groei in die kommersiële landbousektor nie as vanselfsprekend aanvaar word nie. Die boere het gereageer op stappe wat Landbouminister Thoko Didiza aangekondig het om ontluikende boere te help. ‘n Groot […]
Regter moedig inentings vir bejaardes aan - May 19, 2021
Veteraan-regter Hans Fabricius van die Pretoria-hooggeregshof het sy Covid-19-entstof ontvang. Hy deel sy ervaring en raai mense ouer as 60 aan om ingeënt te word.