Shark Island hoef nie kwessie te wees: Lüderitz-burgemeester - May 15, 2025
Namibië vier die eerste volksmoord herdenkingsdag op 28 Mei, hoewel die Nama- en Herero-gemeenskappe nie saamstem met die datum wat deur die regering vasgestel is nie. Nog ‘n twispunt is die beplande uitbreiding van die Lüderitz-hawe wat Shark Island sal dek, wat ‘n konsentrasiekamp vir Nama- en Herero-gevangenes was gedurende die 1904 tot 1908 volksmoord. […]
Sleutelprojekte loop oop, maar wat van streke sonder beleggings? - May 15, 2025
Tydens die bekendstelling van Namibië se eerste buitelandse direkte beleggingsinisiatief het die uitvoerende hoof van die Namibiese Belegging Bevorderings- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uaandja, sleutelprojekte aangekondig wat finale beleggingsbesluite behaal het. Erongo lei met agt projekte ter waarde van 12,9 miljard Namibiese dollar wat 10 600 werksgeleenthede skep. Sy sê streke wat nie beleggings ontvang nie […]
Net 42 van 173 openbare entiteite se verkrygingsplanne ingedien - May 15, 2025
‘n Maand na die nuwe finansiële jaar op 1 April begin het, het die meeste openbare ondernemings nog nie hul verkrygingsplanne vir die 2025/26 finansiële jaar ingedien nie. Dit is ondanks die wet op openbare verkryging wat vereis dat openbare entiteite hul verkrygingsplanne ten minste drie maande voor die aanvang van die nuwe finansiële jaar […]
Swavet-stalletjie bedrywig by Nampo Oesdag - May 15, 2025
Die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville in Suid-Afrika stel nooit teleur nie, en vanjaar is geen uitsondering nie. Pieter Moller, wat vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees is, het gesels met Fritz Rexrodt, die uitvoerende bestuurshoof van Swavet (Swawet), wat se stalletjie besonder bedrywig is.
Grootfontein-omgewing juig oor laat reën - May 15, 2025
Die noorde van Namibië, spesifiek die Grootfontein omgewing, kry lekker en goeie winterreën. Sosiale media loop oor van plasings oor die reën wat uitgesak het. Kosmos 94.1 Nuus het met Andries Van Der Merwe van die Agra in Grootfontein gepraat wat meer vertel.
WHS-regsgeding oor skoolhoof nie rasgedrewe: skoolraad - May 15, 2025
Die skoolraad van Windhoek Hoërskool ontken ten sterkste dat hul regsgeding teen die aanstelling van ‘n nuwe skoolhoof rasgemotiveerd is, en sê dit gaan uitsluitlik oor prosedurele onreëlmatighede. Die Afrikaanse dagblad Die Republikein berig dat die raad in ‘n brief aan ouers en voogde sê die regstappe is om nakoming van die Wet op Basiese Onderwys […]
Kleinsake-ondernemings in krisis, sê BOSA - May 15, 2025
Build One South Africa sê sy jongste opname onder 40 kleinsake-eienaars toon ‘n krisis in die kleinsakesektor. KMMO-respondente het verwys na burokratiese rompslomp, ‘n gebrek aan befondsing, en geen regeringsondersteuning. Al die deelnemers het toegang tot finansiering as “nul” beoordeel. BOSA waarsku dat baie klein ondernemings sonder dringende hervormings op ineenstorting afstuur. Roger Solomons van […]
Rassie nooi 54 spelers na tweede Bok-belyningskamp - May 15, 2025
Rugby: Vier-en-vyftig spelers is genooi na volgende week se tweede Springbok-belyningskamp van die jaar in Kaapstad. Dit sluit in die speler van die jaar in die Varsitybeker-kompetisie, Ntokozo Makhaza van Ikeys, die voormalige Junior Springbok Juarno Augustus en die Haaie se Kongolees-gebore losvoorspeler, Vincent Tshituka. Hoofafrigter Rassie Erasmus sê 36 plaaslik-gebaseerde spelers sal Kaapstad toe […]
Veiligheid in aflandige olie-sektor onder die loep - May 15, 2025
Die eerste Erongo Aflandige-veiligheidskonferensie is in Swakopmund gehou. Volgens Africa.com het afgevaardigdes ’n resolusie aanvaar om ’n onafhanklike aflandige veiligheidsreguleerder te stig wat gebaseer is op Brasilië se beproefde drie-party model, in lyn met wêreldwye veiligheidstandaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met die strateeg van die byeenkoms, Knowledge Ipinge gesels.
DA soek beter beleide om dagga-bedryf aan te help - May 15, 2025
Die DA doen ‘n beroep op die regering om regulatoriese hindernisse te verwyder wat die groei van die dagga-nywerheid vertraag. Die party sê die Wes-Kaap ondersteun reeds die sektor deur opleiding, navorsing en beleggingsvennootskappe, maar vordering word teruggehou deur onduidelike nasionale beleide. Noko Masipa van die DA sê onlangse verwarring, soos die tydelike verbod op […]