Sportveiligheid vir kinders bevorder - May 18, 2021
Onderwysers en sportbeamptes uit die 14 streke in Namibië het ‘n werkswinkel by Heja Lodge bygewoon om veiligheid vir kinders in sport te bevorder. Die Integrated Physical Education and School Sports-projek sal by 2 000 primêre en sekondêre skole in al 14 streke toegepas word. GIZ se Sports 4 Development in Africa het ‘n werkswinkel […]
Proses aan die gang om tweeling in Namibië te kry - May 18, 2021
Uno Katjipuka-Sibolile, die Regsverteenwoordiger van die ouers van die tweeling Paula en Maya Delgado-Lühl, het bevestig die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het eenmalige noodreisdokumente aan die tweeling uitgereik om Namibië toe te kom. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy konsulteer nog met die ouers Guillermo en Phillip en […]
Bank of Namibië maan teen piramiede-skemas - May 18, 2021
Die Bank of Namibia is gekant teen onwettige piramiede-skemas wat die afgelope vyf jaar die hoogte ingeskiet het. Die bank het ‘n veldtog teen onwettige finansiële skemas wat vinnige opbrengste uit beleggings belowe, van stapel gestuur. Die bank waarsku telkemale die publiek om nie aan sulke skemas deel te neem nie. Die Goewerneur van die […]
ACC hou streeksvergaderings - May 18, 2021
Een van die mandate van die Teenkorrupsie-kommissie is om maatreëls te aanvaar om die voorkoming van korrupsie in openbare en private organisasies te voorkom. Openbare deelname is belangrik om verhoogde deursigtigheid en aanspreeklikheid te bevorder. Dit is waarom die ACC tans raadgewende streeksvergaderings hou. Josephina Nghituwamata, Die ACC se Kommunikasiebeampte sê aan Kosmos 94.1 Nuus […]
Cran vier 10de bestaansjaar - May 18, 2021
Die Kommunikasie Regulerings-owerheid van Namibië vier vandag sy 10 bestaansjaar. Cran is op 18 Mei 2011 as ‘n onafhanklike reguleerder gestig om die voorsiening van telekommunikasiedienste en netwerke, die uitsaaiwese, poswese en die gebruik en toeknning van die radiospektrum in Namibië te bevorder.
Tweeling kry noodreisdokumente na Namibië - May 18, 2021
Die tweeling kom huis toe! Die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het pas eenmalige noodreisdokumente aan Paula en Maya Delgado-Lühl uitgereik om Namibië toe te kom. Dit volg 2 maande ná hul geboorte van ‘n surrogaatmoeder in Suid-Afrika en ‘n fel regstryd deur hul ouers Guillermo en Phillip en regsverteenwoordiger, Uno […]
NNOK: Wêreld berei voor om sportstadions oop te maak - May 18, 2021
‘n Aanlyn-petisie met meer as 350 000 handtekeninge wat eis dat die Tokio 2020 Olimpiese Spele gekanselleer word, is aan organiseerders oorhandig. Die veldtog “Stop Tokyo Olympics”, sê broodnodige mediese dienste sal van die algemene publiek weggehou word. Die President van die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee, Abner Xoagub, sê dit is teenstrydig met die wêreld […]
Minister gryp in by SA Nasionale Vaardigheidsfonds - May 18, 2021
Die Suid-Afrikaanse Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het aan die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge gesê dat hy besig is om in te gryp by die Nasionale Vaardigheidsfonds. Dit volg nadat die komitee gehoor het dat die fonds meer as 2 miljard Namibiese dollar bestee het aan verkwistende en vrugtelose uitgawes. Nzimande sê […]
AB is klaar met Proteas - May 18, 2021
AB de Villiers gaan nie weer vir die Proteas uitdraf nie. Die groepe vir die toer na die Karibiese Eilande is bekend gemaak, terwyl Krieket Suid-Afrika ook bevestig het dat De Villiers nie sy uittrede uit internasionale krieket gaan opskort nie, berig Suid-Afrikaanse media.
Vragskeep vervoer miljoene kartonne vars produkte - May 18, 2021
Een van die wêreld se grootste gespesialiseerde vragskepe, wat meer as ‘n miljoen kartonne vars produkte op ‘n slag kan vervoer, het in Suid Afrika aangekom. Die boot het verlede week by die Durbanse hawe gearriveer en sal eers by die Oos-Kaap aandoen, voor dit ook by die Kaapstadse hawe sal vasmeer om miljoene kartonne […]