Wildstropery, veediefstal gedy - May 18, 2021

Wildstropery en veediefstal in Namibië ruk hand uit, sê Rickus Spangenberg van die K9-teenstropingseenheid in die Erongo-streek. Hy sê laervlak-polisiebeamptes soos konstabels moet meer betrokke by die stryd teen stropery raak en hulle moet voertuie tot hul beskikking hê. Hy sê teenstropingseenhede en die polisie kan nie voorbly met die bekamping van wildstropery en veediefstal […]

Read More

Enigste Covid-laboratorium in Palestina beskadig - May 18, 2021

Die enigste laboratorium wat Covid-19-toets in Palestina kan doen, is ná ‘n lugaanval op die Al-Ramal-kliniek in die Gaza-strook beskadig is. Volgens internasionale media is die rooi Sekel-organisasie – soortgelyk aan die Rooi Kruis – ook getref.

Read More

Ergste tropiese sikloon tref Indiese weskus - May 18, 2021

Die tropiese sikloon Tauktae het die Indiese weskus getref en word beskryf as die sterkste storm wat die gebied nóg getref het. Minstens 26 mense is dood en meer as 200 000 is ontruim terwyl die kategorie 3-orkaan wydverspreide verwoesting veroorsaak. Duisende dorpies in die kusstate Gujarat, Kerala, Karnataka, Goa en Maharashtra is sonder elektrisiteit […]

Read More

Vorderingsverslag van Nasionale Vervolgingsgesag gesoek - May 18, 2021

Die DA het ‘n vorderingsverslag van die Nasionale Vervolgingsgesag aangevra oor sy ondersoeke na aanleiding van die Zondo-kommissie. Die Suid-Afrikaanse opposisieparty wil inligting hê oor die vervolging van die individue wat by staatskaping betrek word. President Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale direktoraat aangestel om bewyse wat by die Staatskapingskommissie aan die lig kom, te ondersoek. […]

Read More

Omgekeerde korrelasie tussen inflasie en inentings - May 18, 2021

Daar is volgens sommige ekonome ‘n omgekeerde korrelasie tussen inflasie en inentings regoor die wêreld. Volgens Salomo Hei, die Hoofnavorser van High Economic Intelligence Investment, is die verhouding nog oppervlakkig maar dit sal duideliker raak namate die inentingsveldtogte regoor die wêreld toeneem. Hy verduidelik…

Read More

Shangula sê gerugte oor Covid-19 is belaglik - May 18, 2021

Mense skep allerhande gerugte oor die Covid-19-virus. Die virus word selfs as fopnuus afgemaak met beweringe dat regerings geld van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang. Daar is selfs stemgrepe wat op sosiale media en plaaslike radiostasies versprei word wat beweer dat inentings newe-effekte veroorsaak. Sommige mans beweer dat hul manlikheid ná inenting beïnvloed word. Die Namibiese Gesondheidsminister, […]

Read More

Suikerrietbedryf toon skerp afname - May 18, 2021

Ook in die buurland sê die portefeuljekomitee vir Handel en Nywerheid in die Parlement die suikerrietbedryf het deur die jare ‘n skerp afname in inkomste en produksie getoon. Tydens ‘n vergadering met belanghebbendes het dit aan die lig gekom dat die daling moontlik toegeskryf kan word aan die goedkoop invoer van suiker wat die plaaslike […]

Read More

Ramaphosa verskyn weer voor Staatskapingskommissie - May 18, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal volgens berigte op 31 Mei en 1 Junie weer voor die Staatskapingskommissie verskyn. Hy sal hierdie keer as Staatshoof getuig nadat hy verlede maand as President van die ANC getuig het. Suid-Afrikaanse media berig dat Ramaphosa waarskynlik lig sal werp op die grootskaalse korrupsie tussen 2014 en 2018 toe hy […]

Read More

Oupa help ‘n hele dorp - May 18, 2021

‘n Klein knoffelmaatskappy in Murraysburg is besig om broodnodige werksgeleenthede in die Sentrale Karoo te skep danksy befondsing van die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Die maatskappy is deur Oscar Smut, oupa van die broers Craig en Ryan Newborn, gestig. Daniel Johnson van die departement sê die befondsing het gehelp om die dorp se waterstelsel te […]

Read More

Daar sal nie rekord mahangu-oeste wees nie - May 18, 2021

Mahangu-boere in die noorde van Namibië is tans besig om vir oestyd voor te berei. Volgens die Goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, gaan die meeste boere weens verskeie redes en uitdagings soos droogtes, nie rekord-oeste hê nie. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More