Fauci sê Covid lê rassisme bloot - May 17, 2021
Die voorste kenner van oordraagbare siektes in Amerika, Anthony Fauci, sê die Covid-19-pandemie het onteenseglike gevolge van rassisme blootgelê wat aanleiding gegee het tot onaanvaarbare gesondheids-ongelykhede. Fauci sê veral Amerikaners met ‘n Afrika-herkoms, Spaanssprekende Amerikaners en Amerikaanse inboorlinge het daaronder gely. Hy het op ‘n gradeplegtigheid van die Emory-universiteit gesê wanneer die gemeenskap weer na […]
Britse en Ierse Leeus sal ook in die Kaap speel - May 17, 2021
Kaapstad se burgemeester, Dan Plato, het die amptelike bevestiging verwelkom dat die Moederstad een van die drie stede is wat die komende toer van die Britse en Ierse Leeus sal aanbied. Drie van die wedstryde sal in die Kaapstad-stadion gespeel word – die opwarmingswedstryde teen die Stormers en die Suid-Afrikaanse A-span asook die eerste toets […]
Daar behoort ‘n plan te wees by grensposte - May 17, 2021
Die Vioolsdrift-grenspos is gesluit tot môre oggend om 6-uur. ‘n Covid-geval het Suid-Afrikaanse owerhede genoodsaak om die grenspos toe te maak. Stefan Terblanche, die Hoof Uitvoerende Beampte van FP du Toit Vervoer het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit het ‘n wesenlike impak op hulle bedrywighede.
Ondersoek in Kunene sluit vandag af - May 17, 2021
Die taakspan wat die Kunene-streek besoek om die omvang van die droogte te bepaal, het bevind dat die reënval wat wel ontvang is, geen noemenswaardige impak op die streek gehad het nie. Die span het volgens berigte gereeld op karkasse afgekom en daar is kommer omdat daar geen verandering in die toestand sal wees in […]
Afrika-beraad om tekorte aan te spreek - May 17, 2021
Die Franse President Emmanuel Macron sal môre ‘n virtuele Internasionale Spitsberaad van Europese en Afrika-leiers aanbied oor die stimulering van Afrika se ekonomieë. Die doel is om finansiële bronne beskikbaar te stel wat die ekonomie van die vasteland kan laat herleef, waar slegs 130 000 mense, volgens amptelike syfers, weens Covid-19 omgekom het. Die spitsberaad […]
Powell is teverde met Blitsbokke - May 17, 2021
Die Blitsbokke se Hoofafrigter, Neil Powell, het die vertoning van sy spelers geloof na die afhandeling van Rugby Afrika se Solidariteit-Seweskamp in Stellenbosch in die Boland. Die Springbok Sewes het met hul twee spanne, SA 1 en SA 2, teen Kenia, Uganda, Zimbabwe en die SAS Sewes Akademie meegeding, met laasgenoemde wat heel bo geëndig […]
40% van meisies beleef geweld - May 17, 2021
‘n Ondersoek toon dat in 2019, het 39,6 persent van meisies en 4,5 persent van seuns in Namibië een of ander vorm van geweld beleef. Die Direkteur van Kinderwelsyn in die Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderbeskerming Helena Andjamba sê die navorsing toon dat die meerderheid kinders onderworpe is aan emosionele geweld met amper 40 persent […]
Ngavirue wil nie sê oor volksmoord ooreenkoms nie - May 17, 2021
Die Hoof van Onderhandelings in die Namibiese regering se taakspan oor die 1904 – 1908 volksmoord, Dr. Zed Ngavirue het bevestig dat onderhandelings met Duitse owerhede vlot verloop maar wou nie uitbrei oor berigte dat daar ‘n ooreenkoms is in verband met ‘n bedrag nie. Die regering eis ‘n kontant betaling vir reparasies en het […]
Ongeveer 50 000 Namibiërs reeds geënt - May 17, 2021
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr. Kalumbi Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat die prosedure is as mens jou teen Covid-19 wil laat inent. Volgens hom word verskillende entstowwe in die land gebruik, en meer as 50 000 mense is reeds ingeënt.
Nog net twee dae om Namibiese films te geniet - May 17, 2021
Daar was die afgelope paar jaar uitstekende Namibiese films wat uitgereik is en Tala Namibia, ‘n aanlyn stromingsdiens, bied tot 19 Mei aan lede van die publiek die geleentheid om meer as 200 films te geniet. Die organiseerder Caillin Basson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ook genoem dat die Adjunkminister van Inligting, Emma […]