Noa sal op 28 Mei borg vra - May 17, 2021
Die 26-jarige Dennis Noa se sodomie-saak is weer uitgestel in die Katutura-landdroshof tot 22 Julie. Noa sal luidens ‘n ooreenkoms tussen die Staat en sy regsverteenwoordiger op 28 Mei ‘n formele borgaansoek bring. Die Staat het aan Landdros Namwenyo Shikalepo gesê verskeie verklarings van belangrike getuies, sowel as laboratorium uitslae is steeds uitstaande. Noa word […]
Onderwyseres se kwalifikasies wel vals - May 17, 2021
Die Onderwysdirekteur in die Ohangwena-streek Isak Hamatwi sê ‘n ondersoek het bevestig dat die 27-jarige Fransina Mwetufa se onderwys-kwalifikasies vervals is. Mwetufa het onlangs die nuus gehaal nadat sy na bewering gepoog het om ‘n Maart ‘n kollega te vermoor. Sy staan tereg op klagte van poging tot moord in die verband, sowel as verskeie […]
Ligte is al weer af in SA - May 17, 2021
Eskom het fase twee-beurtkrag ingestel as gevolg van 10 opwekkingseenhede by 7 kragstasies wat buite werking is. Die beurtkrag sal tot môreaand om 10-uur duur. Die kragvoorsiener se Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê 3 opwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie in Mpumalanga is buite werking as gevolg van onklaar lugkompressors. ‘n Eenheid by Majuba moes ook noodgedwonge afgeskakel […]
Eerste Minister sê oor volgende stappe in verband met NBC - May 17, 2021
Die NBC se staking duur onverpoosd voort. Die Namibiese Eerste Minister Dr. Saara Kuugongelwa Amadhila het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf oor wat die jongste is nadat die werkers ‘n petisie aan haar oorhandig het oor hulle eise. Volgens haar is die kwessie op die oomblik onder bespreking.
Israel skerp veroordeel oor aanvalle in Gaza - May 17, 2021
Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die huidige geweld in Gaza en Israel laat die siklus van dood, vernietiging en wanhoop voortduur en vertraag enige hoop op vreedsame bestaan. Meer as 40 Palestyne is gister tydens lugaanvalle in Gaza dood, in die dodelikste dag sedert die huidige gevegte met Israel begin het. […]
Hoësorg Covid-gevalle styg - May 17, 2021
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 105 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 33, Oshakati 15, Walvisbaai en Mariental onderskeidelik 8 elk en Aranos en Swakopmund 7 elk. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 242 aktiewe gevalle, 48 247 het reeds herstel uit […]
Interessante navorsing oor malaria - May 16, 2021
Navorsers het geïdentifiseer hoe natuurlike menslike teenliggampies malaria-parasiete kan keer om toegang tot rooibloedselle te verkry. Kosmos 94.1 Nuus het aan Dr. John Chimumba, Uitvoerende Direktor van SADC Malaria Elimination 8 gevra wat die bevindinge beteken.
Lekker tennis vanmiddag - May 16, 2021
Tennis: Rafael Nadal het sy plek in vandag se Italiaanse Ope-eindstryd verseker met ‘n 6-4, 6-4 oorwinning teen die Amerikaner, Reilly Opelka. Die 34-jarige Spanjaard sal teen die wêreld se nommer een Novak Djokovic te staan kom, nadat Djokovic die Italianer, Lorenzo Sonego met 6-3, 6-7, 6-2 geklop het. Dit is die 57ste keer wat […]
SA Joodse Raad vra onpartydigheid oor Israel-Palestynse konflik - May 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om onpartydig te wees rakende die situasie in Israel. Volgens die raad het die regering verkies om Israel uitsluitlik te veroordeel, en geensins te reageer op die honderde dodelike vuurpyle wat op Israeliese burgers geskiet is nie. Die nasionale direkteur, Wendy Kahn, […]
Twitter blok ondersoekende nuusdiens in Suid-Afrika - May 16, 2021
Die amaBhungane-ondersoekende nuusdiens in Suid-Afrika sê hy is ‘n slagoffer van sensuur nadat Twitter weens ‘n klagte die skakels na sy webwerf geblok het. Dit volg nadat die diens berig gelewer het oor kragskepe se energie-tender. KarpowershipSA het die status van voorkeurbieër verwerf vir die grootste deel van die regering se multimiljard-rand noodenergie-verkrygingsprogram. ‘n Besturende […]