SA Sewes-rugby wys hulle diepte - May 15, 2021

Rugby: Die diepte van die Suid-Afrikaanse Sewes-groep is vertoon op die Rugby Afrika-Solidariteits-seweskamp in Stellenbosch, waar albei spanne sterk vertonings gelewer het. Die SA 1-span het Uganda 36-5 en Kenia 38-7 verslaan, maar 21-12 teen die SA 2-span verloor. Afrigter Neil Powell sê die plaaslike spanne moes by die strukture gebly het toe hulle teen […]

Read More

Oud president Zuma Maandag weer in die hof - May 15, 2021

Oud president Jacob Zuma van Suid-Afrika en die Franse wapenmaatskappy Thales moet Maandag weer in die hof verskyn in die korrupsiesaak teen hulle.Volgens berigte uit die buurland sal die saak waarskynlik weer uitgestel word as Zuma sonder ‘n regspan by die hof opdaag. Sy regspan het reeds vroeër bekendgemaak dat hulle nie verder Zuma se […]

Read More

Skotse parlementslid lê ampseed in Shona af - May 15, 2021

‘n Skotse parlementslid wat in Zimbabwe gebore is en grootgeword het, het groot opwinding op sosiale media veroorsaak deur haar ampseed in Shona af te lê. Maggi Chapman sê volgens berigte sy wou ‘n bietjie van Afrika na die Skotse Parlement bring. Sy voeg by haar ma het in Zimbabwe die verrigtinge dopgehou in die […]

Read More

Helikopter stort neer in die Vaaldam in Suid-Afrika - May 15, 2021

Twee mense is vermoedelik dood toe ‘n helikopter in die Vaaldam in Suid-Afrika neergestort het. Shawn Herbst van Netcare 911 sê paramedici is na die Vaal Marina in Gauteng ontbied waar die Robinson R44-helikopter sowat 200-meter vanaf die oewer in die dam beland het. Polisieduikers het ‘n liggaam gevind en uitgehaal. Die tweede insittende is […]

Read More

Meer as ‘n kwart van volwassenes in EU huiwerig oor Covid-19 inentings - May 15, 2021

Meer as ‘n kwart van volwassenes in die Europese Unie sal hulle waarskynlik nie teen Covid-19 laat inent nie. ‘n Opname deur Eurofound het bevind 27 persent van volwassenes in die groepering sal baie waarskynlik of taamlik waarskynlik nie die inenting kry nie. Byna 47-duisend mense het tussen Februarie en Maart aan die EU-agentskap se […]

Read More

Die Namibiese regering verwelkom Europese regerings se besluit om in Afrika Ontwikkelingsfonds te belê - May 15, 2021

Die Namibiese regering het die beslissing dat regerings van Denemarke, Duitsland, Luxembourg en Swede onderneem het om kapitaal te belê in die Afrika Ontwikkelingsfonds, verwelkom. Die regerings poog volgens berigte om Afrika se status as beleggingsbestemming te behou, veral in die lig van die heersende pandemie. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die Ekonomiese Fakulteit van Unam […]

Read More

Nywerheidsontwikkeling in die streek onder die loep - May 15, 2021

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler sê dit is kommerwekkend dat Suid-Afrika ten minste 8 miljardêrs verloor het. Hy sê die feit dat hulle besluit het om hulle bedrywighede elders te neem, is ‘n ramp. Salomo Hei, die Hoof Navorser by High Economic Intelligence Investment meen daar is steeds geleenthede vir Namibië en die streek […]

Read More

China se verkenningstuig land op Mars - May 15, 2021

China se ruimteagentskap het bekendgemaak dat sy Zhurong-verkenningstuig op Mars geland het. Die tuig is deel van die Tianwen-1-sending en wentel sedert Februarie vanjaar om die rooi planeet.

Read More

Veiligheidsraad van die VN vergader môre oor geweldpleging tussen Israel en Palestyne - May 15, 2021

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gaan môre die toenemende geweldpleging tussen Israel en Palestynse militante in die openbaar bespreek. Diplomate het ‘n kompromie bereik oor Amerikaanse besware teen die tydsberekenening van die bespreking. Die vyandighede duur nou die sesde dag, met geen teken dat dit afneem nie. Reuters berig die raad se 15 lede het […]

Read More

Mafwe tradisionele owerheid vra meer duidelikheid oor grensooreenkoms met Botswana - May 15, 2021

Die Mafwe tradisionele owerheid in die Zambezi-streek het in ‘n verklaring ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om meer duidelikheid te verskaf oor die 2018 grens- ooreenkoms met Botswana in die lig van die aanvalle op burgers van die land deur die Botswana weermag. Hoofman George Simasiku Mamili vra dat die regering onder andere […]

Read More