Kuberkrakers teiken Iere se gesondheidsdiens - May 14, 2021
Ierland se gesondheidsdiens het al sy rekenaarstelsels vandag van lyn af geneem toe kuberkrakers dit aangeval het, berig internasionale media. Soortgelyk aan die Colonial Pipeline-kuberaanval, eis die krakers ‘n losprys. Die Covid-program word nie geraak nie.
Miljoene glo uit Staatsveiligheidsagentskap onttrek - May 14, 2021
Die Staatkapingskommissie het gehoor hoe ‘n ongeïdentifiseerde vrou by drie geleenthede opdrag gekry het om 4,5 miljoen Namibiese doller uit die Staatsveiligheidsagentskap se rekening te onttrek om aan die gewese minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, te oorhandig. Die vrou wat slegs as Dorothy bekend is, sê die opdrag het gekom van ‘n meer senior lid […]
Knyp die beursie toe; produkpryse gaan nie daal - May 14, 2021
Trek maar die gordels nog stywer vas, want pryse van produkte gaan nie daal nie. Inflasiesyfers toon dat verbruikersprys-inflasie op hierdie stadium laer is as produsente inflasie. Volgens Dr. Frikkie Maré, ‘n Landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, is produsenteprys-inflasie ‘n goeie aanwyser van wat met die verbruiker kan gebeur. En dit is nie […]
Nadal neem wraak - May 14, 2021
Die negemalige kampioen Rafael Nadal van Spanje se wraak was soet toe hy ná verlede week se nederlaag teen Alexander Zverev in Madrid, die Duitser in die Italiaanse Ope in skoon stelle afgeransel het. Die telling was 6-3 en 6-4. Die Amerikaner Reilly Opelka het vroeër met Federico Delbonis van Argentinië afgereken. Die oorblywende kwarteindwedstryde […]
Okahandja-sokkerliga hou jeug besig - May 14, 2021
Die nuutgestigde Okahandja-sokkerliga gaan die naweek voort met sewe wedstryde wat in die Nau-Aib-woonbuurt gespeel gaan word. Die liga het op 10 April afgeskop. Die voorsitter van die liga, Lee Hangula, het aan Namibiese media gesê hulle wil hul eie sokkersterre bevorder en terselfdertyd die jeug besig hou. Die liga bestaan uit 14 spanne uit […]
EIF beloon presteerders van volhoubare ontwikkeling - May 14, 2021
Die Environmental Investment Fund of Namibia gaan op 21 Mei sy derde Volhoubare Ontwikkeling-toekennings aanbied. Die Korporatiewe Kommunikasiebeampte van die EIF Nicole van Wyk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is 9 kategorieë vir organisasies en individue wat aansienlik tot volhoubare ontwikkeling bygedra het. Sy sê die toekennings is verskeie kere uitgestel weens die […]
Namibiër midde konflik in Israel - May 14, 2021
Die ergste geweld in Gaza en Israel in meer as 7 jaar woed voort en minstens 127 mense is sedert Maandag dood. Die Israeliese weermag se lug- en grondmagte het nog nie Gaza binnegeval nie, maar verskeie aanvalle is sedert vanoggend uitgevoer. Intussen gaan Palestynse militante voort om Israel met vuurpyle te bestook. Herman Oosthuizen […]
Namibiër in Taiwan vertel oor droogte - May 14, 2021
Die eiland van Taiwan wat dikwels deur tifone geteister word, ervaar ‘n ongekende droogte en selfs beurtwater is ingestel. In sommige stede het inwoners vir twee dae ‘n week nie water nie. Die prys van rys het ook weens die droogte die hoogte ingeskiet. Namibiër Marisa Bodenstein wat al 19 jaar in Taiwan woon, vertel […]
Portugal se grense weer oop vir Britte - May 14, 2021
Portugal het bekend gemaak dat sy grense vanaf Maandag weer oop is vir Britse vakansiegangers. Voornemende reisigers moet ‘n negatiewe Covid-toetsuitslag hê wat nie ouer as 72 uur is nie. Internasionale media berig die besluit is aangekondig na vroeëre onsekerheid oor die verklaring van ‘n ramptoestand in Portugal. Daar is gevolglik duidelik gemaak dat die […]
Mosiehof: 73 aansoeke om verstekvonnise - May 14, 2021
Daar was vanoggend 73 aansoeke om verstekvonnisse voor die Mosiehof in die hoofstad. Die sitting is deur Regters Thomas Masuku en Nate Ndauendapo hanteer. Kommersiële banke het 39 van die aansoeke gebring. Banke het 5 onbetaalde voertuie opgeëis en ‘n totaal van 10 lenings ter waarde van 2,74 miljoen Namibiese doller. Vier-en-twintig eiendoms met uitstaande […]