Weggooidoeke wat self verteer, kan jy nou meer? - May 15, 2025

Binnekort sal elke mamma wat omgewingsbewus is, maar niks van ‘n lapdoek wil weet nie, geholpe wees. Onlangse ontdekkings in die mikrobiese vertering van plastiek het uiteindelik die laboratorium verlaat en die werklike wêreld betree in die vorm van HIRO-doeke, die wêreld se eerste doek wat vervaardig is om deur swamme verteer te word. Weggooidoeke […]

Read More

Mutota gee jongste oor Okh-moordondersoeke - May 15, 2025

Adjunk-inspekteur-generaal Elias Mutota, die onderhoof van die polisie, sê die mag wag nog op die uitslae van vier DNS-toetse in verband met die gru-moorde in Maart op Okahandja. Hy het met New Era gepraat en sê in totaal is 11 persone van belang ondervra en DNS-monsters is geneem. Sewe uitslae is bekend maar, kan nie […]

Read More

SASSA weerlê waninligting oor betalings - May 15, 2025

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap het kommer uitgespreek oor die daaglikse verspreiding van fopnuus wat op sy dienste gemik is. SASSA se woordvoerder, Andile Tshona, benadruk daar is geen dubbele toelaebetalings vir Junie geskeduleer nie en ontken ook die bewerings oor nuwe pensioenreëls vanaf 10 Junie. Hy vra begunstigdes om slegs op amptelike kanale staat te […]

Read More

Katar sê oor straler… dis ‘n uitruiling - May 15, 2025

Die regering van Katar het die omstredenheid verwerp oor die plan van Amerika se president, Donald Trump, om ‘n luukse reusestraler as geskenk te aanvaar en as presidensiële vliegtuig te gebruik. Die Amerikaanse grondwet het ‘n beperkingsbepaling wat bepaal wat ‘n president as geskenk van buitelandse regerings mag aanvaar. ‘n Woordvoerder van Katar se ministerie […]

Read More

Tom Cruise staande toegejuig by Cannes - May 15, 2025

Tom Cruise is vyf minute lank staande toegejuig na die eerste vertoning van Mission: Impossible – The Final Reckoning by die Cannes-filmfees in Frankryk. Die regisseur was Christopher McQuarrie, en die rolverdeling sluit konsessie-bekendes in soos Simon Pegg, Ving Rhames en Hayley Atwell, asook Vanessa Kirby en Angela Bassett. Die 62-jarige Cruise, wat sy eie […]

Read More

Amper 300 voertuie in ’24 gesteel, minder as vorige jaar - May 15, 2025

Die Namibiese-polisie sê daar was ‘n effe afname in voertuigdiefstal tussen Januarie 2024 en Januarie 2025 met 298 voertuie wat gesteel is teenoor 379 in dieselfde tydperk in 2023. Plaaslike media sê NamPol-woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê meeste gevalle word nooit gerapporteer nie omdat voertuie wat gesteel word dikwels gestroop gevind met geen bruikbare onderdele […]

Read More

Onbestendige koalisies belemmer munisipale dienslewering - May 15, 2025

Die DA sê vyf munisipaliteite in die Wes-Kaap, wat almal regeer word deur onbestendige koalisies, sukkel met onbetaalde Eskom-skuld ter waarde van altesaam 93 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Vier van hierdie munisipaliteite sal hul skuld afgeskryf kry as deel van die munisipale skuldverligtingsprogram, maar Theewaterskloof kwalifiseer nie. Dave Bryant van die DA dring aan op beter […]

Read More

Marokko steier onder 25 000 maselsgevalle - May 15, 2025

Marokko sukkel met sy ergste maselsuitbreking in jare, met duisende gevalle wat regoor die land aangemeld is. Sedert laat 2023 is meer as 25 000 maselsgevalle en ten minste 184 sterftes aangeteken. Kinders onder 18 is verantwoordelik vir byna 70 persent van die aangemelde gevalle, met baie infeksies wat gekoppel is aan lae inentingsdekking. ‘n Landwye […]

Read More

Trump maak melding van Gaza in Midde-Ooste - May 15, 2025

‘n Intense vlaag van Israeliese bomaanvalle het Woensdag soveel as 80 mense in Gaza doodgemaak. Mediese amptenare sê dat minstens 50 mense, waaronder 22 kinders, in aanvalle op die Jabaliya-woonbuurt in die noorde van Gaza alleen dood is. Die nuwe aanvalle kom te midde van Amerikaanse president Donald Trump se besoek aan die Midde -Ooste. […]

Read More

Stroonmlyn alles vir meer beleggings - May 15, 2025

Tydens die bekendstelling van Namibië se eerste buitelandse beleggingsplatform het Jenelly Matundu, adjunkminister van internasionale betrekkinge en handel, gesê beleggings moet fokus op sektore soos toerisme, landbouverwerking en die digitale ekonomie. Dit sal werksgeleenthede en plaaslike waardetoevoeging ondersteun. Sy beklemtoon die noodsaaklikheid van doeltreffende beleid, vinniger permitprosesse en vaardigheidsontwikkeling om Namibië mededingend te hou.

Read More