Wêreldbeker Rugbytoernooi vir vroue uitgestel - May 12, 2021
Die Wêreldbeker Rugbytoernooi vir vroue wat aanvanklik van September tot Oktober vanjaar sou plaasvind, sal nou vanaf 8 Oktober tot 12 November volgende jaar in Nieu-Seeland gespeel word. Die toernooi is van 35 tot 43 dae verleng om ‘n minimum van vyf rusdae tussen wedstryde te verseker. Alan Gilpin van Wêreldrugby sê die uitstel laat […]
Historikus sê kunswerke is beter af in die buiteland - May 12, 2021
Reaksie is ontvang oor die drie skilderye van die Namibiese kunstenaar Adolph Jentsch wat in Mei tydens ‘n aanlynveiling deur die Suid-Afrikaanse veilingshuis Strauss & Company opgeveil gaan word. Daar word verwag dat van sy skilderye N$1 miljoen kan haal. Historiese kenner Dr. Andreas Vogt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê Namibiërs heg […]
Napwu sê Geingob moet by NBC ingryp - May 12, 2021
Die Namibia Media Professionale Unie het saam met ander vakbonde ‘n brief aan President Hage Geingob geskryf om ‘n kommissie van ondersoek oor die Nasionale Uitsaaier van stapel te stuur. Dit moet bepaal of NBC steeds in bedryf kan wees soos tans. Nampu se Sekretaris-Generaal, Sackeus Iileka, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die rede […]
Afrikaanssprekendes traag om ingeënt te word - May 12, 2021
Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners is huiwerig om die Covid-entstof te ontvang. Dit is volgens die nasionale studie oor inkomste-dinamika se mobiele koronavirus-opname wat onder alle groepe gedoen is. Daar is bevind dat meer as 70 persent van Suid-Afrikaanse volwassenes bereid is om ingeënt te word, maar 42 persent van die Afrikaanssprekendes is huiwerig daaroor in vergelyking met […]
VN vrees volskaalse oorlog tussen Israel en Palestina - May 12, 2021
Die Verenigde Nasies vrees dat ‘n volskaalse oorlog tussen Israel en die Palestyne kan uitbreek nadat gewelddadige botsings en vuurpyle reeds sowat 50 lewens geëis het. Die geweld het Maandag vlamgevat na weke van spanning as gevolg van skermutselings tussen Israelse polisie en Palestynse betogers. Dit is op ‘n spits gedryf by ‘n terrein in […]
Rooibos fokus op gesonde leefstyl - May 12, 2021
Bemarkingskenners sê die Covid-pandemie het nuwe fokus geplaas op ‘n gesonde leefstyl en gesonde eet- en drinkgewoontes. ‘n Direkteur van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Nicie Vorster, sê dit tel in die guns van rooibos se reeds gesonde profiel. Vorster glo die tee-wêreld word bevoordeel deur dié verskuiwing omdat mense nou dink wat hulle eet en drink.
Meer verpleegkundiges benodig - May 12, 2021
Die wêreld benodig meer professionele verpleegkundiges, nie net vir hul kwalifikasies nie, maar ook vir spesifieke vaardighede wat op internasionale gesondheidsorg gerig is. Dit is volgens ‘n verpleegdosent aan die Universiteit van die Vrystaat, Champion Nyoni. Hy sê verpleegkunde is ‘n beroep met wettige status in baie lande. Nyoni sê dit is veral so aangesien […]
Kernkrag-agenda in die kollig - May 12, 2021
Sekere lede van Eskom en die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie gebruik ‘n ministeriële ooreenkoms oor prestasie as regverdiging om voort te gaan met ‘n kernkrag-agenda. Dit is die mening van ‘n lid van die teenkernkrag organisasie Koeberg Alert Alliance, Peter Becker. Hy sê daar is ‘n verskil tussen ‘n ministeriële ooreenkoms oor prestasie […]
Adolph Jentsch se skilderye opgeveil - May 12, 2021
Drie skilderye van die Namibiese kunstenaar Adolph Jentsch gaan in Mei tydens ‘n aanlynveiling deur die Suid-Afrikaanse veilingshuis Strauss & Company opgeveil word. Daar word verwag dat van sy skilderye N$1 miljoen kan haal.
Ondersteuningsprogram vir Kaza vir Wildbestuur - May 12, 2021
Die Namibiese Minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, het die Ondersteuningsprogram vir die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied vir Volhoubare Wildbestuur van stapel gestuur. Kaza is die grootste oorgrensbewaringsgebied ter wêreld en beslaan 520 000 vierkante kilometer in. Kaza bestaan uit 20 nasionale parke, 85 woudreservate, 22 bewaringsgebiede 103 wildlewe-bestuursgebiede en 11 wildbestuursgebiede. Die Franse […]