Old Mutual in top-10 - May 11, 2021
Die 2021 Handelsmerk Finansiële Verslag het Old Mutual as die 10de sterkste versekeringsmaatskappy ter wêreld gelys. Alhoewel die maatskappy vanjaar vanaf die 4de tot die 9de plek gesak het, bly Old Mutual steeds die enigste versekeraar in Afrika op dié toplys. Kommunikasiebestuurder van Old Mutual Namibia, Mauriza Fredricks, het haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus […]
Ace moet binne 2 dae jammer sê - May 11, 2021
Ace Magashule is 48 uur gegee om die ANC-gemeenskap en die res van Suid-Afrika om verskoning te vra vir sy poging om Cyril Ramaphosa as ANC-leier te skors. Indien hy nie jammer sê nie, sal tugstappe volg, het die ANC se Waarnemende Sekretaris-Generaal, Jessie Duarte, aan Suid-Afrikaanse media gesê.
Kawana besoek Polisiehoof - May 11, 2021
Dr. Albert Kawana, die nuwe Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Veiligheid en Sekuriteit, het ‘n besoek aan die Namibiese Polisiehoof, Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga, afgelê. Kawana het aan Namibiese media gesê Nampol-beamptes staar vele uitdagings in die gesig soos gebrek aan toerusting, vervoer, akkommodasie, beperkte mannekrag en lae besoldiging. Hy beplan om ‘n landswye toer te […]
Nuwe Guinness Wêreldrekord! - May 11, 2021
Die Guinness Wêreldrekord vir die langste vertikale klim in 24 uur het ‘n nuwe baas! Dit, nadat twee Kapenaars gisteraand net voor middernag, die nuwe rekord in die Moederstad opgestel het. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt gesels met AJ Calitz.
Harvey Boulter borgtog geweier - May 11, 2021
Landdros Immanuel Udjombala het vanmiddag in die Outjo-landdroshof borgtog aan die Britse moordbeskuldigde, Harvey Boulter, geweier. Boulter bly in aanhouding tot 30 Junie wanneer hy weer in die hof moet verskyn.
Aanlyn filmfees vir Namibië - May 11, 2021
Tala Namibia het sy eerste aanlyn filmfees in die land, die Tala Namibië Filmfees, by die Nasionale Kunsteraad van Namibië aangekondig. Die Adjunkminister van Inligting en Kommunikasietegnolgie, Emma Theofelus, sê sy is opgewonde oor hierdie mylpaal. Sowat 200 Namibiese rolprente van verskeie genres sal vanaf 12 tot 19 Mei aanlyn by talanamibia.com gekyk kan word. […]
Rolbalkampioenskap ‘n sukses - May 11, 2021
Die President van die Namibië Rolbalvereniging, Michael Wells, het sy tevredenheid met die spelers se prestasie by die onlangse Namibë Nasionale Rolbalkampioenskap uitgespreek. Spelers van regoor Namibië, asook Suid-Afrika, het aan die onlangse kampioenskap by die Eros-rolbalklub in Windhoek deelgeneem. Die NBA berei voor om die Afrika Rolbaltoernooi in September 2021 te huisves, berig Namibiese […]
Joernaliste, aktiviste van Mianmar onwettig in Thailand - May 11, 2021
Drie joernaliste en 2 aktiviste wat uit Mianmar gevlug het, word in Thailand verhoor omdat hulle die land glo onwettig binnegekom het. As hulle skuldig bevind word, kan hulle na Mianmar gedeporteer word. Hulle sê hulle is onveilig in Mianmar, berig internasionale media.
SA bly op rooilys vir Brittanje - May 11, 2021
Suid-Afrika bly op Brittanje se rooilys van lande wat Covid-reisbeperkings betref. British Airways mis egter om teen Junie vlugte tussen die Brittanje en Suid-Afrika te hervat. Slegs burgers en mense met verblyfreg mag nou tussen dié lande reis. Volgens internasionale media geld kwarantyn.
Tasa skep mobiele toetsklinieke - May 11, 2021
Die private sektor het ‘n veldtog van stapel gestuur om toeriste vir Covid-19 by padblokkades te toets. Die eerste mobiele kliniek is amptelik deur die Namibiese Gesondheidsminister, Dr. Kalumbi Shangula, by die Okahandja-padblokkade op die A1-hoofpad geopen. Die inisiatief is ‘n gesamentelike onderneming deur die Toer- en Safarivereniging van Namibië en Covid Test Nam, met […]