Nie Trump of Putin vandag in Istanboel nie - May 15, 2025
Die Russiese president, Vladimir Putin, sal nie vandag in Istanboel, Turkye, vredesonderhandelings met sy Oekraïnse eweknie, Volodymyr Zelensky, bywoon nie. Die Kremlin sê sy afvaardiging word gelei deur die presidensiële assistent Vladimir Medinsky, wat in 2022 die enigste regstreekse onderhandelings tussen Rusland en Oekraïne gelei het. President Donald Trump van Amerika sal ook nie teenwoordig […]
Agri-PV-projek van Unam vorder goed - May 15, 2025
Die GIZ-ondersteunde Agri-PV-projek het onlangs ’n werkswinkel by Unam se Ogongo-kampus aangebied om die dubbele gebruik van grond vir boerdery en sonenergie-opwekking te bevorder. Die projek poog om klimaatsweerbaarheid te versterk met stelsels wat hitte verminder, water bespaar en oeste verbeter. Boere het gevra vir opleiding in die droë seisoen, en meer gewasopsies. Kosmos 94.1 […]
Verbruiker betaal ook NamPower se ander 3,8% - May 15, 2025
Reaksie word ontvang op NamPower wat ‘n tariefverhoging van 3,8 persent toegestaan is. Die Elektrisiteitsbeheerraad het egter gesê die regering moet ook 3,8 persent bydra, wat neerkom op 283 miljoen Namibiese dollar. Die energiekenner Harald Schütt sê die belastingbetaler betaal steeds die totale verhoging van 7,6 persent.
Ngonga-leeus is terug, MEFT monitor, sal weer verskuif - May 15, 2025
Die omgewingsministerie sê hy monitor die situasie met ‘n trop leeus in die Ngonga-gebied in Kongola-kiesafdeling teen die Kwando-rivier in Zambezi. Ses leeus, twee wyfies en vier welpies is op 9 Mei suksesvol verwyder en die ministerie het ook sogenaamde roofdier-bestande krale geskep met skadunet om en een van die wyfies het ‘n nekband gekry. Die […]
BoN sê oor beleggings sedert 2021 - May 15, 2025
Volgens die sentrale bank het Namibië homself geleidelik geposisioneer as ‘n veerkragtige en aantreklike bestemming vir direkte buitelandse belegging. Hy sê die land het sedert 1990 beleggersvriendelike beleide geïmplementeer soos die Wet op Buitelandse Beleggings en die uitvoerverwerkingsone-regime, wat konsekwente buitelandse beleggingsinvloei gelok het. Tydens die bekendstelling van die direkte buitelandse belegging-verslag deur die bank […]
NNN vetrek vanoggend na Botswana, Zambië - May 15, 2025
President Netumbo Nandi-Ndwaitwah vertrek vanoggend vir ‘n staatsbesoek aan beide Botswana en Zambië. Die Presidensie se verklaring maak geen melding oor die rede vir, of besonderhede van, die besoeke nie, maar dit kom kort op die hakke van haar twee-dag besoek verlede week Vrydag en Saterdag aan Angola. Daardie besoek was om samewerking in die […]
San gaan somtyds maande sonder enige voedselhulp-aflewerings - May 15, 2025
Die Nasionale Raad sit tans om die begroting te bespreek. Elke begrotingstem van elke ministerie moet goedgekeur word voordat dit as wet aangeneem word. Raadslid Andreas Amundjindi van Swapo het droogtehulp aangeroer tydens begrotingstem 2, vir die kantoor van die eerste minister. Hy sê die San gemeenskap gaan dikwels maande lank sonder enige droogtehulp-aflewerings.
Ramaphosa ontmoet Trump volgende week - May 15, 2025
President Cyril Ramaphosa bring volgende week van Maandag tot Donderdag ʼn besoek aan Amerika. Die presidensie sê Ramaphosa sal sy eweknie, president Donald Trump, Woensdag in die Withuis in Washington besoek om bilaterale, streeks- en wêreldsake van belang te bespreek. Hy sê Ramaphosa se besoek bied ʼn platform om die strategiese verhouding tussen die twee […]
Trump gesels oor normalisering van verhouding met Sirië - May 15, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het die president van Sirië, Ahmed al-Sharaa, in Saoedi-Arabië ontmoet en aan die voormalige jihadis gesê hy het ‘n buitengewone geleentheid. Trump het gesê Washington ondersoek normalisering van bande met Damaskus, ‘n dag nadat hy aangekondig het dat al die Amerikaanse sanksies teen Sirië opgehef sal word. Sharaa is ‘n voormalige […]
Jannik Sinner kuier by pous Leo - May 15, 2025
Die Italiaanse tennisster Jannik Sinner het gestraal toe hy die nuutverkose pous Leo in die Vatikaan ontmoet het. Die wêreld nommer een het die pous, self ‘n ywerige tennisspeler, ‘n tennisraket gegee nadat hy saam met sy ouers en ‘n afvaardiging van die Italiaanse tennisfederasie na die Vatikaan genooi is. Die pous het egter ‘n […]